Neem asseblief kennis van die onderstaande dae waarop die skool gedurende hierdie kwartaal weens sportverpligtinge vroeër sal verdaag. Daar sal steeds toesig beskikbaar wees vir leerders wat nie vroeër huis toe kan gaan nie. Nasorg sal gewone tyd plaasvind.
 
Vrydag, 14 Augustus, verdaag om 12:15 (o.7-o.9) en 13:00 (o.10-o.13) – hokkie vs Dirkie Uys
Dinsdag, 18 Augustus, verdaag om 13:00 (o.7-o.9) en 13:30 (o.10-o.13) – Hokkie te Durbanville Curro (hokkie wat vanaf kw. 2 uitgestel is)
Vrydag, 28 Augustus, verdaag 12:00 (Interskole vs LS Welgemoed)
 
Baie dankie vir die samewerking en ondersteuning in die verband.