Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck

Die gevoel van ’n plattelandse skool in die middel van ’n bedrywige wêreldstad – aan die voet van die ikoniese Tafelberg. Dis Laerskool Jan van Riebeeck – al vir 100 jaar die plek waar Afrikaanse kinders hulself kan uitleef. Hier word diversiteit gevier en elkeen se uniekheid en kindwees omarm.

Ons onderwysers, ouers en leerders – oftewel Jannies – is trots op ons gemeenskap. Ons skool en land se mense lê ons na aan die hart. Ons mik om elke dag ons waardes in ons gemeenskap uit te leef: Respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en omgee.

Ons leuse, wees jouself, is ons padwyser – ook vir die volgende 100 jaar. Só kan ons Jannies, Kapenaars en Suid-Afrikaners wees wat ’n positiewe bydrae in die land en ons wêreld bly maak.

Ons Waardes

Respek

Eerlikheid

Omgee

Verantwoordelikheid

  • Nuus
  • Algemeen
  • Akademie
  • Kuns en Kultuur
  • Sport

Geagte Ouers / Voogde – 3 Mei 2024

Die afgelope week was daar twee openbare vakansiedae. Vorige jare het dit altyd met ‘n lekker langnaweek gepaard gegaan, maar ongelukkig mis ons vanjaar op die meevallertjie uit. Ek dink dit is ook belangrik dat ons nie sommer net die betekenis van die twee openbare vakansiedae miskyk nie. Daar word elke jaar op die 27 ste April Vryheidsdag in Suid-Afrika gevier. Vryheidsdag is ‘n belangrike dag in die Suid-Afrikaanse geskiedenis daarom is dit belangrik om ons kinders daaroor te leer asook om die waarde daarvan te verduidelik. Vryheidsdag is juis ingestel om die eerste postapartheid verkiesings te vier. Dit is daarom ‘n viering van vryheid vir alle Suid-Afrikaners. Laat ons nooit vergeet dat die eerste nasionale verkiesing op 27 April 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het waar elke persoon bo die ouderdom van 18 kon stem, maak nie saak watter ras hulle was nie. Verder is daar op Woensdag, 01 Mei, ook Werkersdag in Suid-Afrika gevier om die werkers van ons land te huldig vir die harde werk wat hulle verrig asook die soeke na regverdige indiensneming, die vestiging van menseregte en werkerregte in die werkplek. Werkersdag het sy oorsprong in die internasionale stryd van werkers en hul vakbonde vir solidariteit tussen werkers asook die regverdige behandeling van werkers. Hiermee wil ons, ons personeel en almal in ons skoolgemeenskap salueer wat hard werk om nie net ‘n verskil in ons...

Musiekkonsert vir graad 6 en 7-musiekleerders

Op 13 en 15 Mei 2024 hou ons graad 6 en 7-musiekleerders ‘n musiekkonsert. Dit is ‘n wonderlike geleentheid waar hulle die afgelope twee kwartale se harde werk met vriende en familie kan deel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Die konserte sal in graadverband plaasvind. Sien asseblief die spesifieke datums en tye hier onder. Ons nooi alle ouers, familie en klasmaats uit om te kom luister en die middag saam met ons te geniet. Graad 6: Maandag, 13 Mei @ 14:15 – 15:00 Graad 7: Woensdag, 15 Mei @ 14:15 – 15:00 Indien daar graad 6 of 7-leerders is wat buite die skool musieklesse neem en graag aan die musiekkonsert wil deelneem, stuur asseblief ‘n e-pos aan juf. Rolene:...

Eerste Hokkie-ligawedstryde teen Milnerton

Op ‘n baie winderige en koue Donderdagmiddag het al ons hokkiespanne teen Milnerton te staan gekom. Die seuns het weg gespeel en die dogters tuis. Die uitslae is as volg: Seuns o.9 Span 1 wen 1 – 0 o.9 Span 2 speel gelykop 0 – 0 0.10A-Seuns wen 4 – 1 0.11A-seuns verloor 1 – 3 0.13-seuns wen 8 – 0 Dogters o.9 Span 1 speel gelykop 1 – 1 o.9 Span 2 speel gelykop 1 – 1 o.10A wen 7 – 0 o.11A wen 8 – 0 o.13A wen 3 – 2 o.13B wen 4 – 0 Dit is ongelooflike uitslae en ons is trots op elke span wat net hul beste gegee...

  Nuusbrief Argief

Dagboek

JvR

Filter

Kortpad