Op 13 en 15 Mei 2024 hou ons graad 6 en 7-musiekleerders ‘n musiekkonsert. Dit is ‘n wonderlike geleentheid waar hulle die afgelope twee kwartale se harde werk met vriende en familie kan deel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik.

Die konserte sal in graadverband plaasvind. Sien asseblief die spesifieke datums en tye hier onder.

Ons nooi alle ouers, familie en klasmaats uit om te kom luister en die middag saam met ons te geniet.

Graad 6: Maandag, 13 Mei @ 14:15 – 15:00
Graad 7: Woensdag, 15 Mei @ 14:15 – 15:00

Indien daar graad 6 of 7-leerders is wat buite die skool musieklesse neem en graag aan die musiekkonsert wil deelneem, stuur asseblief ‘n e-pos aan juf. Rolene: rolene@jvrprim.co.za