Delmar Benecke presteer in Swem

Delmar Benecke presteer in Swem

Delmar het Saterdag, 25 Mei, aan Cape Town Aquatics se eerste gala van die nuwe swemseisoen deelgeneem. Hy het baie goed presteer met persoonlike beste tye in beide sy items waaraan hy deelgeneem het. 200m individuele wisselslag: 1ste plek 100m rugslag: 1ste plek ‘n Baie goeie begin van ‘n nuwe seisoen. Baie geluk,...

Geagte Ouers / Voogde – 24 Mei 2024

Die wintersportprogram vir kwartaal 2 het die afgelope week tot ‘n einde gekom met ‘n besige, maar opwindende sportprogram agter die rug.   Ek glo dat elke gesin nou na afloop van al die baie wedstryde, sportdae en toernooie ‘n bietjie kan begin asem skep en ook in die proses vir die gr. 4 – 7 Mei/Junie-eksamen wat die afgelope week afgeskop het, voorberei. Wintersportoefeninge het op Dinsdag, 21 Mei, vir die kwartaal geëindig, maar sportoefeninge gaan voort gedurende skooltyd en dit skop vanaf 27 Mei tot 05 Junie af. Hierdie wintersportoefeninge (o.7 - o.13) gedurende die eksamen is vrywillig. My ondervinding is dat die leerders dit geniet om sport net na afloop van ‘n eksamen- of assesseringsessie te kan beoefen. Dit help beslis om die angstigheid van eksamen te verminder asook om net ‘n bietjie asem te skep na ‘n lang skryfsessie. Studies toon dat leerders en studente wat gereeld oefen beter tydens kognitiewe toetse presteer, beter geheue het en meer waaksaam is tydens eksamens. Om voor te brei en gedurende die eksamen te studeer, kan geestelik en fisies uitputtend wees wat baie leerders moeg en afgemat laat voel. Wanneer jy oefen, stel jou liggaan hormone soos adrenalien en kortisol vry, wat weer help om die energievlakke hoog te hou. Ek is vas oortuig dat om sportoefeninge vir leerders tydens die eksamen in te sluit, hulle beslis sal help om beter in eksamens te presteer en hul algemene gesondheid en welstand ook in die proses te verbeter. Die eksamen vir die gr.7’s het op Dinsdag, 21 Mei, met Wiskunde vraestel 1 begin en alles het klopdisselboom verloop. Na afloop...

Strategiese Vraelys 2024

Strategiese Vraelys 2024

Die skoolbestuur en Beheerraad wil graag weer soos in 2021 ons ouergemeenskap se mening oor allerlei sake inwin. Dus wil ek julle vriendelike versoek om aan ons meningspeiling deel te neem. Dit is maklik en gou om in te vul. Die sperdatum is Vrydag, 7 Junie 2024, en die vorm is anoniem. Dankie! Naas...

Verlore Goedere-uitstalling: 31 Mei 2024

Verlore Goedere-uitstalling: 31 Mei 2024

Hierdie is jou laaste kans vir die kwartaal om kinders se verlore goedere tot op hede te kom haal. Wanneer: 31 Mei 2024 Tyd: 07:15 - 13:30 Waar: Parkeerarea (agter) langs koffietjiestalletjie Neem asb. kennis dat alle items wat nie opgeëis word nie, nie meer na die uitstalling by die verlore goedere-tafel beskikbaar sal wees...

Netbaluitslae: 16 – 18 Mei 2024

Ons het van 16 tot 18 Mei aan die Fair Cape-toernooi deelgeneem. Hier volg die uitslae: 0.9A vs. Gene Louw verloor 1-10 Panorama wen 5-3 Bastion verloor 2-10 0.9B vs. Bastion verloor 0-8 Durbanville verloor 0-10 0.8A vs. Bastion verloor 0-8 Eversdal verloor 0-8 Panorama verloor 2-3 0.8B vs. Eversdal verloor 0-5 Aristea verloor 1-7 Gene Louw verloor 0-6 0.7A vs. Panorama verloor 0-3 0.7B vs. Eversdale verloor 0-6 verloor...

Skool- en Jan Kas tye & Sport tydens die eksamen

Neem asb. kennis dat buitemuurse aktiwiteite (sport & kultuur) vanaf 27 Mei tot 5 Junie tydens skooltyd sal plaasvind. Skool- en Jan Kas tye tydens die eksamen: Graad 7's verdaag vanaf Maandag, 20 Mei, om 13:00. Graad 1-3 verdaag vanaf Donderdag, 23 Mei, om 13:00. Graad 4-7 verdaag vanaf Donderdag, 23 Mei, om 13:15. Hierdie tye geld tot Donderdag, 13 Junie. Vrydag, 24 Mei, sluit die skool reeds om 12:00 (gr. 1-3) en 12:15 (gr. 4-7) a.g.v. Eisteddfod wat by ons skool aangebied word. Jan Kas tye tot die einde van die kwartaal: Maandae en Woensdae: 07:00 - 08:30 Dinsdae en Donderdae: 12:30 -...

Geagte Ouers / Voogde – 17 Mei 2024

Ek hoop julle het die naweek se sport tuis teen Laerskool Mikro net soos ek en die personeel geniet. Vrydagoggend en -middag het Moeder Natuur haar beste probeer om ‘n demper op die hokkiewedstryde te plaas, maar sy kon egter nie die geesdrif en opwinding stuit nie. Ons spanne het puik gevaar en die sportnaweek teen Laerskool Mikro gaan ‘n jaarlikse instelling word van een jaar tuis en die volgende weg. As skool verwelkom ons dat ouers/voogde hul kind/ers by sportklubs inskryf om hul kind/ers meer blootstelling aan ‘n spesifieke sportsoort te gee. Al voorwaarde verbonde is dat die skoolsport altyd voorkeur moet geniet. Ek glo dat julle sal verstaan dat ons nie kan toelaat dat ‘n ouer/voog of leerder eerder verkies om ‘n klub tydens ‘n wedstryd te verteenwoordig as om vir die skool tydens ‘n wedstryd, sportdag of toernooie te speel nie. Ons skool het juis nie die getalle nie en daarom versoek ek julle as ouers/voogde om asseblief die reëling te eerbiedig. Volgende week op Dinsdag, 21 Mei, begin die Junie-eksamen vir die gr. 7’s en die gr. 4 – 6'e begin op Vrydag, 24 Mei 2024. Die assesserings vir die Grondslagfase het reeds verlede week begin en alles verloop klopdisselboom. My beste wense vergesel ons leerders en onderwysers tydens die eksamen, of soos die leerders na die ‘e-woord’ verwys - ‘n woord wat ons nie durf waag om enigsins sommer te besig nie. Hou ingedagte dat leerders assesseringstyd verskillend ervaar. Ons weet dat assessering ongelukkig stresvlakke by meeste leerders verhoog en dit filter ook soms deur na die gesinne. Graag versoek ek julle om ons...

Kennisgewing: isiXhosa en ander vakke

Liewe Ouers/Voogde, Neem asseblief kennis dat ons ongelukkig op Vrydag, 2 Augustus, afskeid van juf. Izél Storm neem. Sy het besluit om Suid-Afrika vir Budapest (Hongarye) te verruil om leerders se lewens daar ook aan te raak. Hierdie verlies het ons genoodsaak na besluite wat ons leerders se behoeftes eerste stel. Graag deel ons vir deursigtigheid die volgende met julle: isiXhosa: Na vele gesprekke, het die Beheerraad en die EXCO besluit om isiXhosa-klasse wat leerders (gr. 1-6) elke tweede week by juf. Sharon Mabena ontvang, te staak. Hierdie instelling is reeds 'n paar keer hersien om die vak so goed moontlik aan leerders te bied. Ons ondervind dat die taal ('n derde taal) nie met slegs een periode elke tweede week regtig optimaal aangeleer kan word nie. Ons benodig dus meer tyd, maar met ons kurukulum-aanbieiding is daar nie tyd op die rooster om meer isiXhosa- klasse aan te bied nie. Ons is wel van plan om isiXhosa as 'n buitemuurse aktiwiteit aan te bied, indien daar belangstelling is. Hierdie besluit tree dadelik in werking en die aanbieding sal aan die einde van hierdie kwartaal reeds tot 'n einde kom. Digitale geletterdheid/biblioteek: Hierdie vak/leerarea word elke tweede week afwisselend met isiXhosa aangebied wat direk deur die besluit geraak word. Ons gaan nou weekliks van die begin van kwartaal 3 hierdie baie belangrike vak aan ons leerders bied wat verseker dat die volle koderingskurrikulum ook aangespreek sal word. Digitale geletterdheid is 'n baie belangrike komponent van kodering en robotika. Tydens die onderrig van digitale geletterdheid fokus ons onder andere op digitale voetspoor en -veiligheid, navorsingsvaardighede en met die addisionele tyd...

Rugby-uitslae: 2de kwartaal van 2024

Die rugby is nou in volle swang met proewe en wedstryde wat week na week plaasvind. Ons het vir die eerste keer 10 spelers gehad wat aan die finale Suid-streeksproewe deelgeneem het. Baie geluk aan Carter Schoeman en Frank van der Walt wat aan die finale WP-proewe deelgeneem het. Uitslae tydens die kwartaal was baie goed en ons is bevoorreg met goeie deelname wat kompeterende spankeuses en diepte beïnvloed. Uitslae vir die kwartaal: o. 7 Rugby A: Wen 3 - 1 vs Curro Durbanville Verloor 1-5 vs Mikro Wen 1-0 vs Durbanville C B: Wen 5-4 vs Curro Durbanville Wen 5-1 vs Mikro Wen 3-0 vs Durbanville D o.8 Rugby A: Verloor 2-5 vs Curro Durbanville Verloor 1-3 vs Mikro Wen 5-2 Durbanville C B: Wen 8 - 0 vs Curro Durbanville Wen 5-0 vs Mikro Wen 6-4 vs Durbanville F o.9 Rugby A: Verloor 1-3 vs Curro Durbanville Wen 5-2 vs Edgemead Verloor 1-2 vs Mikro Gelykop 2-2 vs Durbanville C B: Verloor 0-6 vs Curro Durbanville Verloor 2-4 vs Mikro Verloor 1-6 vs Durbanville D o.11 Rugby A: Verloor 12-17 vs Curro Durbanville Wen 7-0 vs Edgemead Wen 17-5 vs Mikro B: Verloor 0 - 45 vs Curro Durbanville Verloor 0-55 vs Mikro o.10A o.13 Rugby A: Verloor 7 - 48 vs Curro Durbanville Wen 38-17 vs Edgemead Wen 21-6 vs Mikro Ons afrigters hoop dat hierdie goeie uitslae en uitstekende deelname vir die nabye toekoms behoue kan...

Hokkie-uitslae: 9, 10 & 16 Mei 2024

Ons het verlede week, 9 Mei 2024, teen Elkanah House en Rallim hokkie-ligawedstryde gespeel. Hier volg die uitslae: Dogters: (almal vs Rallim) o.9 0-1 v o.10 1-1 o.11 0-5 v o.13 2-0 w Seuns: o.9B 4-0 w (vs Rallim) o.10 A 2-2 (vs Elkanah) o.10 B 4-0 w (vs Rallim) o.10 C 0-2 v (vs Elkanah) o.11 4-0 w (vs Rallim) o.11 0-0 (vs Elkanah) o.13A 6-0 w (vs Rallim) Ons het Vrydag, 10 Mei 2024, ‘n heerlike sportdag teen Laerskool Mikro gehad. Baie dankie aan al die ouers wat ons ondersteun het. Dit was goed om onsself aan ‘n goeie sportskool te meet. Ons is trots op hoe elke Jannie hul span se uitslae hanteer het! Omgee en respek was die waarde wat elkeen uitgeleef het! Meisies: o.7 verloor o.8 0-2 v o.9 0-4 v o.10 A 0-5 v o.10 B 1-8 v o.11 0-3 v o. 13 1-1 Seuns: o.7 A 4-0 w o.7 B 2-0 w o.8 A 2-0 w o.8 B 0-2 v o.9 A 2-3 v o.9 B 2-2 o.9 C 2-2 o.10 A 1-2 v o.10 B 2-3 v o.11 0-1 v o.13 B 1-1 o.13 A 0-0 Ons hokkie-ligawedstryde het op 16 Mei vir die kwartaal tot ‘n einde gekom. Ons speel teen Curro Century City en Blouberg Ridge. Seuns: o.9A wen 1-0 o.11A wen 6-0 o.13A wen 3-0 Dogters: o.8A wen 3-0 o.10A wen 7-2 o.11A wen 4-0 o.13B wen 8-0 o.13A wen 5-0 Baie dankie aan al ons leerders vir hul toewyding, ons ouers se ondersteuning en ons afrigters vir ‘n wonderlike kwartaal van...

Skaakuitslae: 14 Mei 2024

Die skaakleerders het Dinsdag, 14 Mei, hul tweede wedstryd van die seisoen gespeel en het uitstekend gevaar. Ons het teen Herzlia gespeel en het 6-0 gewen. Ons is baie trots veral op hoe ons leerders die JvR-waardes uitleef. Welgedaan!

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor