Ons Gesin

Elke gesin is uniek. Tog is daar vier “pilare” wat ‘n gemene deler is en wat ouers in gedagte kan hou om ‘n gemaklike, gebalanseerde en gelukkige gesin te skep. Hierdie week fokus ons op empatie. 1.EMPATIE Hoe leer ek my kind om empatie te hê binne ‘n “als-gaan-oor-myself-wêreld”? Ons digitaal-gedrewe generasie kinders leer ongelukkig nie emosies aan deur ‘n “emoji” te kies nie! Ons taak as ouer is veel groter as dit. So getrou soos ‘n ouer vir sy/haar kind kleure of syfers van vroegs af al aanleer, so natuurlik moet dit vir jou kind word om sy/haar eie warboel van emosies te erken en ‘n naam daarvoor te gee. Jou kind kan nie ‘n ander gesinslid se emosies raaksien en leer om in ‘n boetie of sussie se “skoene” te klim voor hy/sy nie sy/haar EIE emosies ken en leer om dit te hanteer nie. 1. Gebruik emosionele taal as jy met jou kind praat: Indien jou kind met iets besig is wat vir hom/haar belangrik is wat jy moet onderbreek, kan jy sê: “Ek kan sien jy is gefrustreerd en kwaad om nóú alles weg te pak, maar as ons nie almal klaarmaak nie, gaan ons laat wees vir ete by Ouma.” Jy gee nie toe nie, jy wys net jy verstaan hoe jou kind voel. ‘n Kind se brein moet ook letterlik “ingeoefen” word om emosies op ander kinders se gesigte te kan herken: ”Sien jy daardie dogtertjie, lyk sy nie ook vir jou hartseer nie?” of “ Hoe dink jy het Mia gevoel toe jy haar speelgoed gevat het sonder om te vra?” 2....

Geagte Ouers / Voogde – 29 November 2024

November-maand het nog net een dag oor en dan breek die laaste maand van die jaar aan. Met ‘n groot skok besef ek dat 2024 amper iets van die verlede is. Weereens ‘n bewys dat Vader Tyd vir niemand stil staan nie. Op ‘n positiewe noot, die langverwagte somervakansie waarna almal uitsien, kom vinnig nader. Op Woensdag, 27 November, het die finale eksamens vir die Gr. 4 – 7-leerders uiteindelik tot ‘n einde gekom en ek glo ons huisgesinne het ‘n groot sug van verligting gegee, want nou kan huishoudings weer ‘normaal’ en stresvry funksioneer. Alhoewel die rapporte nog nie gefinaliseer is nie, wil ek vir julle graag die versekering gee dat ons leerders puik tydens hul finale eksamens gevaar het. Die afgelope week is ek aktief by die modereringsproses betrokke om vir die jaarlikse promosie en progressie voor te berei wat vir die Grondslagfase op Woensdagmiddag, 27 November, plaasgevind het en vir die Intersenfase (Gr. 4 – 7) op Maandagmiddag, 02 Desember, sal plaasvind. Graag wil ek die onderwysers hartlik bedank vir hulle deeglike nasienwerk van die antwoordstelle om seker te maak die leerders ontvang hul regmatige punte. Laat my ook toe om die modereringspan hartlik te bedank vir die belangrike rol wat hulle speel om seker te maak dat die eksamenpunte volledig en akkuraat is, wat ook benodig word vir die prysuitdelings vir Gr. 5 wat op Dinsdag, 03 Desember, en vir Gr. 6 en 7 op Donderdag, 05 Desember, plaasvind. Soos julle bewus is, sal daar vanaf vanjaar nie meer Top 10 akademiese prestasies in Graad 4 aangewys word nie. Dit sal slegs vanaf Graad 5...

Jan Kas: Belangrike Datums

Hier volg 'n paar datums om van kennis te neem: 2024 Donderdag, 28 November - Winkel sluit (reeds toe) Vrydag, 29 November - Aanlynwinkel sluit 2025 Vrydag, 10 Januarie - Aanlynwinkel maak oop (07:00) Maandag, 13 Januarie - Winkel oop (08:00 - 10:00) Dinsdag, 14 Januarie - Winkel oop (08:00 - 10:00 & 16:00 - 17:30) Die gewone tye sal vanaf Woensdag, 15 Januarie gevolg word: Maandag & Woensdag: 07:00 - 08:00 Dinsdag & Donderdag: 13:30 - 14:30 Vir enige navrae, kontak asseblief vir Megan per epos: megan@jvrprim OF Whatsapp (slegs boodskappe) 067 448...

Geagte Ouers / Voogde  – 22 November 2024 

Op Maandag, 18 November, het die eksamen vir die Gr. 4–6-leerders suksesvol afgeskop, en die res van die week se eksamensessies het klopdisselboom verloop. Ek het vroeg Maandagoggend by al die verskillende klasse ingeloer om hulle sterkte vir die eksamen toe te wens, asook om die leerders rustig te maak sodat die eksamen nie bloot ‘n negatiewe ervaring hoef te wees nie. Ons het ook vanaf Maandag, 18 November, met die interne sport- en kultuurprogram, wat in skooltyd plaasvind, begin. Tydens die sportsessies gaan ons voort met die somersportprogram vir Gr. 1–3-leerders, terwyl die Gr. 4–7-leerders slegs op atletiek fokus as gevolg van die kleure-atletiek wat op Woensdag, 4 Desember (velditems), en Vrydag, 6 Desember (baanitems), by die hoërskool se velde plaasvind. Ons leerders geniet dit terdeë om net na afloop van ‘n eksamen- of assesseringsessie die klas te kan verlaat om aan ‘n sportaktiwiteit deel te neem. Dit laat hulle sommer vinnig van die eksamenstres vergeet, help beslis om beter te fokus, maar seker die belangrikste is dat hulle hul eksamenervaring meer positief ervaar deur lekker vars lug buite te skep, aktief te wees en van al die negatiewe energie ontslae te raak. Ek is nie seker of almal bewus is nie, maar juf. Marianne (Gr. 4C) bied naaldwerk as ‘n buitemuurse aktiwiteit by ons skool aan. Tydens die sessies word ons leerders juis tou wys gemaak van hoe om ‘n naald te ryg, ‘n soom te stik, patrone uit te knip, ensovoorts. Naaldwerk help beslis om verdere hand- en oogkoördinasie te bevorder, en wiskundige vaardighede word ook ontwikkel, want jy moet kan meet en pas. Juf. Marianne...

Junior- en Seniorkoor: November Datums

Sien asseblief die reëlings vir beide ons kore se optredes by die Tamboerskloof Gemeente Kerssangdiens en LJvR Kerskonsert. Vrydag, 22 November: Repetisie by Tamboerskloof Gemeente Die Senior Koor gaan 12h gereed maak om na Tamboerskloof Gemeente te stap. Ons sal genoeg personeel hê om die kinders te vergesel. Daar sal bussies wees wat die Junior Koor na die kerk sal neem, sodat hulle nie hoef te stap nie. LET WEL die oefening maak reeds 13h45 klaar. Julle kan die kinders by Tamboerskloof Gemeente optel. Sondag, 24 November: Tamboerskloof Gemeente Kersdiens Alle koorlede arriveer stiptelik om 18h30 by Tamboerskloof Gemeente. Kleredrag: Dogters: Wit rok / rompie / broek / hemp OF lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjiese sandale. Dogters kan hul hare los dra. Seuns: Lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjiese sandale. Donderdag, 28 November: LJvR Kerskonsert Plek: LJvR Skoolsaal Tyd: Senior Koor meld stiptelik om 18h15 in die Nasorg aan. Junior Koor meld stiptelik om 18h30 in Juf Helene se klas aan. Die konsert begin 19h00 Kleredrag: Dogters: wit rok / romp / broek / hemp OF lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjiese sandale. Dogters kan hul hare los dra. Seuns: Lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjies sandale. Ons wil graag die kinders aanmoedig om EEN van die volgende bykomstighede vir hierdie geleentheid te dra. Hoe blinker, hoe beter! Kersfees alicebands (sien Koor whatsapp-groep vir voorbeelde). Hou dit asb klein, sodat dit nie te hoog op jou kind se kop staan nie - ons wil graag die gesiggies agter ook kan sien. Kersvader...

Geagte Ouers / Voogde – 15 November 2024

Kan julle dit glo, oor minder as ‘n maand sluit die skole vir die leerders. Ek glo dat die leerders en julle as ouers/voogde nie meer kan wag om die welverdiende rustyd te geniet nie. 2024 was ‘n besige jaar met propvol opwindende skoolaktiwiteite waarvan die skoolkonsert seker die kollig gesteel het. Een aspek wat vir my die jaar soos die spreekwoordelike paal bo water uitstaan, is die feit dat ons leerders elke skoolaktiwiteit terdeë geniet het. Dit is vir my wonderlike om te sien hoeveel vreugde dit vir hulle bring. Wanneer leerders skoolgaan en in dieselfde proses ook pret het, leer hulle soveel makliker en beter. Dus fokus ons om gelukkige leerders te huisves wat ons in staat stel om hulle holisties te ontwikkel om hul volle potensiaal te kan bereik. Die Graad 7’s se finale laerskooleksamen het die week op Woensdag, 13 November, met Wiskundevraestel 1 afgeskop. Die assesserings vir die grondslagfase eindig vandag en ek glo die grondslagfase leerders gee saam met hul ouers/voogde ‘n sug van verligting en kan nou net die res van die kwartaal geniet met verskeie pretaktiwiteite wat vir hulle voorlê. Op Maandag, 18 November, begin die Gr. 4 – 6 finale eksamen en wil ek vir hulle ook spesiale sterkte toewens. Die eksamen vir die intersenfase (Gr. 4 – 7) eindig op 27 November 2024. Die eksamenproses behels nie net die skryf van vraestelle nie, maar sluit ook ‘n deeglike moderasie van die antwoordstelle en kontrolering van punte in voordat die finale rapporte uitgedruk word. Die somersportoefeninge vir kwartaal 4 het op Donderdag, 14 November, tot ‘n einde gekom, maar so...

Barbara Schreuder Dansskool: November 2024

Ons dansers het behoorlik geskitter tydens die American Academy of Ballet "Performance Awards" by JvR Sondag, 10 Nov 2024.  Bedankings; Aan mnr Beets vir gebruik van JvR saal en juf Sharon vir gebruik van haar klaskamer; Ons oulike dansers vir hul liefde en passie vir dans en hul deursettingsvermoë; Anene vir gebruik van haar Ballet matte en Philip en Matthew vir die musiek en sekuriteit; Karlien en Kerala vir kaartjieverkope en Belinda en Icelene ons "Runners"; Mammas vir mooi hare versorging en grimering en Pappas vir ondersteuning en " lifts" na ekstraklasse.    AAB GRADERING: Bronze: Bronze with distinction | Bronze with double distinction Silver: Silver with distinction | Silver with double distinction Gold: Gold with distinction   AAB UITSLAE: Gr1 Mila Maree                        Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Emily Theron                     Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Emma Wilke                      Silver with Double Distinction  en n Ster hangertjie Livia-Mae Liebenberg        Silver with Double Distinction  en n Ster hangertjie Amatullah Barsadien         Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Heike Janse v Rensburg   Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Vasti Swart                        Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Cornelia Opperman           Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Gr 2 Iris Caldeira                       Silver with Double Distinction       ...

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor