Geagte Ouers / Voogde – 18 Oktober 2024
Week drie van die laaste kwartaal skop met ‘n opwindende kultuurweek af wat vir ons leerders en ouers/voogde aangebied word. Hierdie inisiatief is deel van die skoolbestuur en Beheerraad se visie om die kwaliteit van die kultuuraanbieding by die skool te bevorder en te promoveer. Ek is seker dat julle sal saamstem dat kultuur ‘n opvoedkundige bondgenoot is en dat dit gelykwaardige ruimte, tyd en erkenning soos akademie en sport binne ons skoolopset moet geniet. Dus wil ons skool ‘n wye verskeidenheid van kultuuraktiwiteite aanbied waarin leerders hulself kan uitleef en hul talente ontwikkel. Die kultuurweek het die volgende aktiwiteite ingesluit: Dag 1: Ons was baie bevoorreg om op Maandag, 14 Oktober, die Kaapse Filharmoniese orkes te ontvang en hulle het hul puik produksie Pieter en die Wolf vir ons leerders in die saal aangebied. Dit was voorwaar ‘n verrykende belewenis vir die leerders en personeel. Dag 2: Op Dinsdag, 15 Oktober, is die kultuurweek verder gevier met ‘n kunsuitstalling van ons leerders se kunswerke in die personeelkamer en skoolgange. Ons het ook ‘n stylvolle Dankie-sê-funksie die aand aan al ons donateurs en borge wat oor die afgelope paar jaar ruim donasies asook kosbare tyd aan die skool en Huppelland geskenk het om skoolinfrastrukture, tegnologie, kurrikulum- en dienslewering vir ons leerders op te gradeer en te verbeter. Agtergrondmusiek is die aand deur mnr. Ben en sy orkes verskaf. Die hoogtepunt van die glansfunksie was vir seker die puik kultuuroptredes tydens die aand: Junior koor onder leiding van mnr. Ben. Ruben de Ridder met ‘n klavieritem. Adigail Theron met ‘n kitaaritem asook ‘n duet saam met mnr. Brent. Strykensemble-optrede bestaande...
Hou die spasie dop: Loots Maandag, 21 Oktober 2024
Ons het iets opwindends op pad wat ons skool se nuus en stories op 'n heel nuwe manier sal bring. Hou jou oë oop, jy wil dit nie mis nie!
Tennis: 16 Oktober 2024
Die o.13's het hierdie week teen drie verskillende skole gespeel. Hier is die uitslae: Tennis
Krieketuitslae: 17 Oktober 2024
Ons het hierdie week teen Laerskool Kampsbaai gespeel. Hier volg die uitlsae:
Swemgala: 11 Oktober 2024
Die eerste swemgala van die seisoen het op 11 Oktober 2024 by ons skool plaasgevind. Die gees was hoog en die Jannie-swemmers het ongelooflike resultate gelewer. Hier onder volg die resultate van die dag. Ons is opgewonde om te sien wat die res van die seisoen inhou. ...
Redenaars is hier!
Dit is weer tyd vir redenaars! ATKV het 2025 se temas bekend gemaak. Indien jou kind (Gr. 1 - 7) aan die redenaarsprogram van 2025 wil deelneem, maak asseblief seker jy is deel van die WhatsApp-groep in die Laerskool Jan van Riebeeck Community teen Maandag, 21 Oktober. Alle belangrike kommunikasie en reëlings gaan daar plaasvind. Sluit hier aan: REDENAARS (LS...
Sportuitslae van die week
Boeliegedrag (Deel 1)
Program: Kultuurweek 14-18 Oktober 2024
Ons sien uit na ‘n opwindende week van musiek, teater, en kuns by Laerskool Jan van Riebeeck. Nie net het ons ten doel om die kinders aan meer kuns en kultuur bloot te stel nie, maar is ons visie ook om die leerders te inspireer en ‘n waardering vir die kunste reeds op ‘n jong ouderdom te begin kweek. Die kultuurprogram sluit onder andere teaterproduksies en ‘n konsert deur die Kaapse Philharmoniese Orkes in – sonder twyfel ‘n verreikende belewenis wat vir ons leerders wag! Die kultuurweek bied ook die ideale geleentheid vir ons leerders om hul éie talente ten toon te stel by ons Laerskool Jan van Riebeeck Kunsuitstalling en Kultuurkonserte. Sien asseblief die program hieronder vir meer inligting. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2024/10/Kultuurweek-Program-1.pdf" title="Kultuurweek...
Unisa klaviereksamens: Uitslae
Ons leerders het puik presteer in die Unisa klaviereksamens wat in September plaasgevind het. Ons wens hul baie geluk met hul toegewyde werk en besonderse deursettingsvermoë. Ella van der Walt / Voorgraad 1 / 91% Eliana Greef / Voorgraad 1 / 70% Ella Grey / Gr.1 / 80% Lukas Venter / Gr.1 / 90% Antjie Samuel / Gr.1 / 92% Olivia Blackmore / Gr.1 / 88% Frank van der Walt / Gr.2 / 57% Neill Ferreira / Gr.2 / 76% Daniella Boshoff / G.2 / 74% Karu Rademeyer / Gr 2 / 87% Stella Zulch / Gr.3 /...
Tennisnuus
Op Saterdag, 5 Oktober, het ons O.13A-tennisdogters deelgeneem aan 'n tennistoernooi wat deur Laerskool Brackenfell aangebied is. Agt skole het in die toernooi deelgeneem, met Laerskool Brackenfell, Welgemoed en Stellenbosch in ons groep. Ons dogters het teen Laerskool Brackenfell en Welgemoed gewen en teen Laerskool Stellenbosch verloor. Die top twee skole van elke groep het na die semi-finaal deurgedring. Ons span het daarna teen Laerskool Durbanville 11-6 gewen, en in die finaal teen Laerskool Paarl Meisies 12-4 oorwin. Ons dogters het met 'n eerste plek getriomfeer....
Geagte Ouers / Voogde – 11 Oktober 2024
Moeder Natuur het heel moontlik van die jaarlikse lenteweer vergeet en met die aanbreek van Oktober-maand vir ons die langverwagte warmer dae sommer in ‘n japtrap gebring. Ek is seker ons almal geniet die pragtige sonskyndae wat na die lang wintersdae sommer ons gemoedstoestand ophelder en energievlakke laat styg. Op Vrydag, 04 Oktober, het ons die gewilde ‘Oupa- en Oumadag’ in die saal vanaf 09:30 aangebied. Die inspirerende motiveringspraatjie van ons gasspreker, naamlik die bekende aktrise Lindie Strydom, het die dag verder gekomplimenteer. Haar treffende boodskap versoek ons as volwassenes om die lewe meer eenvoudig te maak, want ons is so geneig dat alles mos gekompliseerd moet wees. Ek dink die mensdom is al so gekondisioneer dat al is iets eenvoudig en maklik oplosbaar, kan ons dit nie meer raaksien of aanvaar nie en dan voeg ons mos allerhande ‘goed’ by, want dikwels in ons gedagtes moet die lewe mos moeilik wees. Ek wil dus by haar aansluit om ‘dinge’ meer in eenvoud te sien, ons hoef dit nie so moeilik vir onsself en almal om ons te maak nie. Sit jou dankbaarheidsbril op en ervaar ‘n nuwe wêreld van waardering! Ek is so dankbaar vir ons leerders se grootouers wat van heinde en verre gereis het om die spesiale dag met hul kleinkinders te deel. Ek het ook tydens my bedankingsgesprek genoem dat hulle nooit die belangrike rol wat hulle in hul kleinkinders se lewe speel, moet vergeet of onderskat nie. Oumas en Oupas is die spreekwoordelike gom wat families oor die jare bymekaar hou. Hulle deel hul kosbare lewenservaring en wysheid met hul kinders en kleinkinders –...
Pleziermarkt: Junior en Senior kore
Ons kore tree eerskomende Saterdag by die Pleziermarkt te Hoërskool Jan van Riebeeck op. Kore arriveer: 10h45 Optrede begin: 11h30 - 12h15 (ongeveer) by die amfiteater Oefenlokaal: Koorlede sal na die oefenlokaal geneem word sodra hulle arriveer. Kleredrag: Soos vir Weskus Koorfees Kaartjies: Koorlede gaan verniet in sonder ’n kaartjie. | Elke koorlid ontvang EEN gratis kaartjies vir ’n ouer/voog om hom/haar na die optrede te vergesel. Hierdie kaartjies word vir die leerders op Vrydag, 11 Oktober, uitgedeel. Kontak gerus vir juf. Rolene indien daar enige vrae of onsekerheid...
Kultuurweek: Junior – en Senior Kooroptredes
Die Junior - en Senior kore tree die komende week by twee geleenthede tydens die Kultuurweek op. Sien asseblief verdere detail rakende hierdie konserte: 15 Oktober | JvR Bedankingsfunksie (Ongelukkig word geen ouers toegelaat om hierdie optrede by die woon nie) Ons wil graag spog met ons kore! JUNIOR KOOR Aanmeld: 18h30 | Optel: 19h30 Lokaal: Sal bevestig waar leerders moet aanmeld Kleredrag: Soos vir Weskus Koorfees SENIOR KOOR Aanmeld: 18h15 | Optel: 19h45 Oefenlokaal: Nasorg Kleredrag: Soos vir Weskus Koorfees * Maak asseblief gebruik van die agterste hek en parkering wanneer leerders afgelaai en opgetel word. Die voorste parkeerarea word vir gaste gebruik. 17 Oktober | ISF Kultuurkonsert (18h00-19h15) SENIOR KOOR Aanmeld: 17h15 Lokaal: Nasorg Kleredrag: Soos vir Weskus Koorfees Ons nooi ouers, familie en vriende uit om hierdie konsert saam met ons te kom geniet! 18 Oktober | GF Kultuurkonsert (08h00-09h00) JUNIOR KOOR Aanmeld: 07h45 Lokaal: Nasorg Kleredrag: Soos vir Weskus Koorfees Ons nooi ouers, familie en vriende uit om hierdie konsert saam met ons te kom geniet! Kontak gerus vir juf. Rolene indien daar enige vrae...
Groote Kerk Kermis: 26 Oktober 2024
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027