Beoogde Projek: Sportopgradering van 2025
Sien die planne van die Sportspaviljoen hier onder: [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/02/JvR_Sportspaviljoen-Projek-2025.pdf" title="JvR_Sportspaviljoen - Projek...
Hokkie-uitlsae: 11 April 2025
Hier volg die week se hokkie uitslae:
Netbaluitslae: 12 April 2025
Hier volg die week se netbaluitslae:
Die Waterbuffel-Burgerfees: Terugvoer
Die Waterbuffel-Burgerfees, wat op 14 Maart by ons skool, Laerskool Jan van Riebeeck, plaasgevind het, was ’n groot sukses! Ons is deur Babylonstoren uitgedaag om ’n hele waterbuffel – in die vorm van ’n burger-marathon oor twee dae – aan te pak. Met die beste bestanddele, ruimlik deur hulle geskenk, is ons taak aansienlik vergemaklik. Hier volg ’n paar statistieke: Ongeveer 1 800 patties is ontvang. Oor twee dae het ons altesaam 1 500 frikkadelbroodjies gaar gemaak – waarvan ons onder andere die magies van ons buurskool, Prestwich Primary, gevul het, en 1 000 in ons gemeenskap verkoop het. Helpende hande het ingesluit: 80 ouers wat brood gesny en gesmeer het 40 kinders wat die frikkadelbroodjies gebou het 25 braaiers Die gemeenskap van LJvR het heerlik gesmul, en die oorblywende 300 patties is vinnig opgeraap. Die bolletjies wat nie gebruik is nie, is aan Kaapstad Kinderhuis geskenk. Die samesyn was wonderlik, en die vure het reeds van 16:00 af hoog gebrand. Met lekker musiek in die agtergrond is die feesmaal in volle gees geniet. Nie net was dit ’n heerlike middag nie – ons het ook R34 860 se profyt vir die skool gemaak! OOV-groete, Susan [pdf-embedder...
Christiaan Cronje presteer in stoei
Ons is ongelooflik trots op Christiaan Cronje (Freestyle, FS-O/10) wat ’n goue medalje gewen het! Nie net het hy homself met groot waardigheid op die mat gedra nie, maar die afrigters en spanbestuurders het hom ook aangewys as Parow se Junior Stoeier van die Toernooi. Welgedaan, Christiaan – jy is ’n...
Jannies Talent Inskrywings
Het jy ’n talent wat jy graag met ons wil deel? Skryf in vir Jannies Talent! Oudisies vind ná skool plaas van 28 tot 31 Julie. Gedurende hierdie tyd sal die finaliste gekies word wat dan op 25 September tydens die Jannies Talentkonsert sal optree. Onpartydige beoordelaars sal tydens die Jannies Talentkonsert aanwesig wees om die top drie finaliste te kies en pryse te oorhandig. Dit beloof om ’n asemrowende aand en ’n spoggeleentheid te wees — ons kan nie wag om ons talentvolle Jannies se harde werk en toewyding op hiérdie manier te vier nie! Skryf gerus in deur die volgende skakel te volg: https://forms.office.com/r/JYp5GEvefs?origin=lprLink Inskrywings sluit op die laaste dag van Kwartaal 2, 27 Junie. Kontak gerus vir Juf. Rolene vir meer inligting: ????...
Doughnuts met ‘n doel!
Help ons Graad 7-leerders om fondse in te samel deur ’n heerlike doughnut op Karri te bestel! Dis ’n lekker bederf vir ’n goeie doel – moenie uitmis nie!
Eksamenrooster: Junie 2025
Sien asseblief die eksamenrooster vir die Junie-eksamen hier onder:
Ons verwelkom ‘n nuwe Jannie
Dit is vir ons ’n voorreg om ’n nuwe personeellid, Me. Sue-Ann Bouw, aan u voor te stel en by ons skool te verwelkom. Sue-Ann het op 7 April by ons aangesluit in die rol van Skoolondersteuningsassistent, waar sy hoofsaaklik in Jan Kas werksaam is. Sy is oorspronklik van Knysna en het in 2021 Kaap toe getrek. Sedertdien het sy by Takealot in verskeie poste gewerk – van aanlynmode tot in die kliëntediensafdeling. Sue-Ann bring sterk administratiewe en organisatoriese vaardighede na ons skool se administratiewe span. Ouers/voogde en leerders sal haar vriendelike gesig in Jan Kas en in die administrasieblok sien. Baie welkom, Sue-Ann! Ons vertrou dat jy baie gelukkig by ons gaan...
Zen Den-gesels: Leesmodel 3: “Simple View of Reading”
Leesmodel: “Simple View of Reading” Die “Simple View of Reading” teorie is ontwikkel deur Philip B. Gough en William E. Tunmer om vaardighede te identifiseer wat ‘n rol speel in die vroeë ontwikkeling van leesbegrip. Volgens die oorspronklike teorie is daar twee leesvaardighede nodig om leesbegrip te bevorder, naamlik: dekodering en taalbegrip. Dekodering verwys na die vermoë om geskrewe woorde akkuraat te herken en uit te spreek en taalbegrip is die vermoë om woorde in sinne te verstaan. Hierdie teorie beweer dat bogenoemde twee vaardighede die grootste bepalende faktore in leesbegrip is. Die model stel leesbegrip voor deur die volgende formule: Dekodering x Taalbegrip = Leesbegrip Bogenoemde formule impliseer dat beide dekodering en taalbegrip noodsaaklik is vir effektiewe leesbegrip. Indien een van die komponente 0 is, sal leesbegrip ook 0 wees. Alhoewel die model goed deur navorsing ondersteun word, moet ons dit as ‘n kognitiewe teorie sien en nie ‘n allesomvattende model nie. Die model word die beste toegepas in moedertaalonderrig. Ouers speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van bogenoemde vaardighede om leesbegrip by kinders te bevorder en kan die vaardighede op die volgende praktiese maniere toepas. Dekodering Gebruik flitskaarte met letters en woorde. Vra jou kind om die klank te noem wat by elke letter pas. Saamlees Lees elke dag saam met jou kind ‘n paragraaf uit ‘n leesboek. Die saamlees werk soos volg: As ouer lees jy eers die sin terwyl jou kind met sy vinger elke woord volg. Daarna lees jou kind elke woord in die sin. Nadat julle die paragraaf gelees het, kan jy sekere woorde uitwys en vir jou kind die betekenis van...
Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2
Die Musiekdepartment wil graag ‘n geleentheid skep vir ouers/voogde om hul kind(ers) se musiekonderwyser/s te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om te gesels oor jou kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, eisteddfods, lestye, oefenroetines, en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag wil bespreek. Ons nooi daarom alle musiekouers uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende Kwartaal 2 by te woon. Kontak asseblief die betrokke musiekonderwyser om die spesifieke lestyd en -datum, wat jóu die beste pas, te bevestig sodat die nodige voorbereiding vir die ontmoeting getref kan word. Die tydsgleuf vir ‘n musiekles is 30 minute, alhoewel ‘n afspraak nie noodwendig die volle tydsduur hoef te beloop nie. Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van Kwartaal 2 hier te sien. Ek lys die musiekonderwysers se kontakbesonderhede: Rolene van Zyl rolene@jvrprim.co.za Ben Reynecke ben@jvrprim.co.za Larah Eksteen info@larah.co.za Shannon Cook shannonsjb@gmail.com Paul Richard paulrichard07041986@gmail.com Brent January brentjanuary1305@gmail.com Estelle Slabber eeslabber@gmail.com Helecia Groenewald helecia@gmail.com Pieter Bezuidenhout bezuidenhoutpl@gmail.com Lily van der Merwe...
Jannies neem deel – Interprovinsiale Toernooi vir Aksienetbal
Anouk en Stella het tydens die vakansie lekker deelgeneem aan die 2025 Interprovinsiale Toernooi vir aksienetbal. Daar was 12 spanne. Anouk het vir die o.12B-span gespeel, wat 4de geëindig het, en Stella vir die o.13A-span, wat 9de geëindig het. Die toernooi het oor vyf dae gestrek, en die meisies het die Western Cape Coastal-distrik verteenwoordig. Daar was ook ’n paar oud-Jannies in die o.14A-span: Emma Snijders en Karu Rademeyer, wat 1ste geëindig het, en Jana Oosthuizen en Hila Herzog in die o.14B-span, wat 3de geëindig...
Netbaluitslae: 9 April 2025
Sien die week se netbaluitslae hier onder:
Wêreldboekedagkompetisie – Woensdag, 23 April 2025
Beste Ouers, Ons is opgewonde om Wêreldboekedag op Woensdag, 23 April 2025 te vier! Ter viering gaan ons ’n prettige kompetisie hou waar leerders uitgenooi word om skool toe te kom in die uitrusting van hul gunstelingboekkarakter. Daar sal ’n prys in elke graad wees vir die leerder met die mees kreatiewe uitrusting, so ons moedig almal aan om hul verbeelding te gebruik en pret te hê! Ons sien uit daarna om al die wonderlike karakters op die dag te sien. Vriendelike groete, Juf Marecia...
Ouer-Kind Oranjerivier Extravaganza – 2026
Die jaarlikse Ouer-Kind Oranjerivier Extravaganza was weereens 'n reuse sukses. 'n Groep van 80 sterk JVR-Jannies en ouers het die vierdag-toer met groot entoesiasme aangedurf. As julle hou van kamp en saam met jou kind ’n onvergeetlike avontuur wil aanpak, dan daag ek die Graad 6-ouers van 2024 uit om die datum vir volgende jaar reeds in die dagboek te plaas: 26 – 31 Maart 2026. Let wel dat hierdie jaarlikse toer direk met Felix Unite in Namibië deur die Jannie-ouers gereël word. Ek stel voor dat iemand wat reeds roomys langs die rivier geëet het in vorige jare, die huidige Graad 6-span verteenwoordig vir ’n paar reëlings. Ons deel graag ons ondervinding van hierdie en vorige jare, en ek sal sekerlik weer rasieleier wees vir die 2030-Graad 7’s! As jy jou hand wil opsteek vir volgende jaar se reëlings, kontak my gerus. Rudi Barnard (rudi.barnard@gmail.com / +27 72 555...
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027