Het jy ’n talent wat jy graag met ons wil deel? Skryf in vir Jannies Talent!
Oudisies vind ná skool plaas van 28 tot 31 Julie. Gedurende hierdie tyd sal die finaliste gekies word wat dan op 25 September tydens die Jannies Talentkonsert sal optree.
Onpartydige beoordelaars sal tydens die Jannies Talentkonsert aanwesig wees om die top drie finaliste te kies en pryse te oorhandig.
Dit beloof om ’n asemrowende aand en ’n spoggeleentheid te wees — ons kan nie wag om ons talentvolle Jannies se harde werk en toewyding op hiérdie manier te vier nie!
Skryf gerus in deur die volgende skakel te volg:
https://forms.office.com/r/JYp5GEvefs?origin=lprLink
Inskrywings sluit op die laaste dag van Kwartaal 2, 27 Junie.
Kontak gerus vir Juf. Rolene vir meer inligting:
📧 rolene@jvrprim.co.za