Huppelland Aansoeke
Daar is nog tyd om aansoek te doen vir plek by Huppelland. Ons nooi julle uit om deel van hierdie pragtige skool te word. Vir aansoeke, kontak gerus vir Mariette Herholdt by Huppelland by 021 424 6056 of stuur 'n e-pos na huppelland@jvrprim.co.za.
COVID-19 en veiligheid
Ons doen 'n beroep op al ons ouers om asb. in hul karre gedurende die aflaai en oplaai van leerders te bly. Hierdie reëling geld ook vir die oplaai van nasorgleerders. Sodra die Departement van Onderwys vir ons laat weet dat besoekers sonder afspraak op die perseel mag kom, sal ons almal in kennis stel. Baie dankie vir jul samewerking in die verband. Dit is inderdaad 'n hele gemeenskapspoging om gedurende hierdie vreemde tyd ons leerders veilig te...
isiXhosa 2020 – week 10
Aug 28, 2020 | isiXhosa
isiXhosa 2020 – week 10
Aug 28, 2020 | isiXhosa
isiXhosa 2020 – week 9
Aug 28, 2020 | isiXhosa
isiXhosa 2020 – week 9
Aug 28, 2020 | isiXhosa
isiXhosa 2020 – week 8
Aug 28, 2020 | isiXhosa
isiXhosa 2020 – week 8
Aug 28, 2020 | isiXhosa
isiXhosa 2020 – week 7
Aug 28, 2020 | isiXhosa
isiXhosa 2020 – week 7
Aug 28, 2020 | isiXhosa
isiXhosa 2020 – week 6
Aug 28, 2020 | isiXhosa
isiXhosa 2020 – week 6
Aug 28, 2020 | isiXhosa
Uitreik van die maand
Ons vier vanjaar Boomplantdag en Lentedag saam op 2 September:
Uitreike en Welwillendheidsprojekte
Ons fokus vir die jaar se uitreike is om ons eie gemeenskap te ondersteun en te dien. Ons grootste en steeds deurlopende projek is die kospakkie-projek aan die gesinne in ons eie gemeenskap. Ons het gedurende die Grendeltyd begin om kospakkies twee weekliks aan 15 gesinne te gee. Die projek is nog volstoom aan die gang. Vandat die skole weer heropen het, verskaf ons daagliks aan 27 leerders broodjies en vrugte. Hierdie projek is moontlik gemaak en word deur die OOV en die betrokke ouers van die skool bestuur. Baie dankie dat ons altyd op ons OOV en ouers kan staatmaak. Die dankbaarheid op die gesigte van die leerders wat die kos ontvang, is onbeskryflik. Die volgende projekte is tydens MANDELA-DAG aangebied: • Klippe is geverf om die tuin van Monte Rosa aftreeoord te versier. • Nie-bederfbare produkte is deur die leerders skool toe gebring en kospakkies is opgemaak en oorhandig aan gesinne wat dit benodig. Huppelland se Gr.0'e en 00'e het ook hierby bygedra. • Graad R’e het vir ons skryfbehoeftes ingesamel vir Prestwich Street Laerskool. • Ons graad 7’s het aan die begin van die jaar boeke ingesamel wat ons op Mandela-dag aan Laerskool Ellerton se biblioteek geskenk het. Bemarking van bogenoemde projekte is op die skool se WEBTUISTE beskikbaar. Baie dankie vir al julle ondersteuning en vrywilligheid om te help. Dit word baie...
OOV-Voorsitter 2021
Ons is opsoek na 'n OOV-voorsitter vir 2021. Stuur gerus nominasies direk aan Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za). Ons beplan om oor 'n paar weke 'n aanlyn OOV-verkiesing te hou waartydens die voorsitter verkies sal word. Ons nooi almal hartlik uit om hieraan deel te neem. Hou die nuusbrief dop vir die datum waarop die verkiesing sal...
Belangrike Datums
augustus 2026
04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)
september 2026
05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT
Besonderhede
SING. MOVE. PLAY. CONNECT with Orff and Kodály Methods – International Music Education Workshops. By Laerskool Jan van Riebeeck, 09h00 – 13h00
Besonderhede
SING. MOVE. PLAY. CONNECT with Orff and Kodály Methods – International Music Education Workshops. By Laerskool Jan van Riebeeck, 09h00 – 13h00
08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor
12sep09:0014:00Werkswinkels en Musiekkonsert saam met Somerset House
oktober 2026
november 2026
desember 2026
januarie 2027
februarie 2027
maart 2027
april 2027
mei 2027
junie 2027
julie 2027