Ons doen ‘n beroep op al ons ouers om asb. in hul karre gedurende die aflaai en oplaai van leerders te bly. Hierdie reëling geld ook vir die oplaai van nasorgleerders.

Sodra die Departement van Onderwys vir ons laat weet dat besoekers sonder afspraak op die perseel mag kom, sal ons almal in kennis stel. Baie dankie vir jul samewerking in die verband. Dit is inderdaad ‘n hele gemeenskapspoging om gedurende hierdie vreemde tyd ons leerders veilig te hou.