Skoolfooie 2021
Kliek HIER vir die Skoolfooie vir 2021, goedgekeur en aanvaar deur die ouers tydens die Begrotingsvergadering gehou op 4 November 2020.
Entrepreneursdag
Kunsveiling
Kliek op die foto vir meer inligting en HIER vir die aanlynveiling.
Kunsveiling
Kliek HIER om te registreer.
Klerebank
Finaliseer asseblief alle somerklerebestellings en bestel asseblief onder jou kind se besonderhede om aflewering te vergemaklik. Indien jy nog skoolhemde wou bestel (met wapens reeds aangewerk), plaas asseblief jou bestelling teen Maandag, 26 Oktober, op die laatste. Daarna gaan slegs aangekoop kan word wat reeds in die klerebank is. https://www.treadleclothing.co.za/product/school-shirt/ Die skool is 100 jaar oud in 2021. Om hierdie te vier, is ‘n beperkte hoeveelheid gedrukte swemhanddoeke. Hierdie is gemaak van ‘microfibre’ met ‘n anti-bateriese behandeling. Dit is lig, kompak, hoogs absorberend en word vinnig droog. https://www.treadleclothing.co.za/product/towel/ Graad 7’s 2021: Die graad 7-oortrui gaan ‘n borduursel bykry. Indien ‘n oortrui oorgeneem word van ‘n huidige graad 7-leerder, gaan dit ingegee moet word teen die einde van die jaar om die borduursel by te voeg. Verdere reëlings hieroor sal direk aan die graad 6-ouers gestuur word. Baie...
Spelfees-wenners
Baie geluk aan die volgende leerders wat in die top 3 van elke graad in die Spelfees gekom het!
Die Suidooster: Die Oosie-uitgawe
Loer gerus na hierdie kwartaal se elektroniese Suidooster, Die Oosie-uitgawe. Blaai gerus na bladsy 6 en kliek op die foto vir 'n video waar mnr. Oosthuizen vir oulaas deur die skool se gange loop.
Die Suidooster 2020, Die Oosie uitgawe
Leerders presteer in tweekamp by Kronendal Landgoed
Op Saterdag, 10 Oktober, het Stella en Rafa Lamprecht aan die Kronenburg Virtuele "Duathlon" in die Paarl deelgeneem. 125 deelnemers het vir die byeenkoms op Kronenburg Landgoed ingeskryf. Stella en Rafa het beide 1.5 km gehardloop, oorgeslaan na 3 km se fietsry en toe weer 1.5 km gehardloop. In totaal het hulle die dag 6km afgelê. Stella het 2de vir dogters O/10 geëindig met 'n tyd van 32 min 18 sekondes. Rafa het 6de vir seuns O/7 geëindig met 'n tyd van 34 min 5 sekondes. Die sportman in Rafa het vir homself 'n doelwit gestel om sy tyd te verbeter en hy is op Saterdag, 17 Oktober, terug om weer deel te neem. Na harde werk en vasberandenheid gedurende die week het hy sy tyd verbeter en het hy 2de geëindig met 'n tyd van 29 min 51 sekondes! Hy het sy tyd met 4 min 54 sekondes verbeter en so seuns van Paarl Gimnasium en ander plaaslike skole in die stof gelaat. Stella en Rafa ontvang Sondag, 25 Oktober, hul pryse by Kronendal Landgoed. Baie geluk julle! Dis wonderlik om te sien dat ons leerders tydens hierdie onbekende tye steeds alle verwagtinge oortref en die skool se naam hoog...
JvR-kunsveiling: Kunswerke beskikbaar
JvR-kunsveiling: Inligting
Aangepaste Buitemuurse Program 9 November – 3 Desember
Gr.1 – 3 Buitemuurse program – Kwartaal 4 aanpassing
Baie dankie aan almal wat in kwartaal 3 geregistreer het. Na verskeie versoeke, het ons besluit om die swem gedurende kwartaal 4 vir graad 1-3 te begin. Dit beteken egter dat kinders nou hul inskrywings moontlik wil verander. Daarom begin ons met nuwe registrasies (vir graad 1- 3) vir kwartaal 4. Die graad 4-7 inskrywings bly dieselfde soos in kwartaal 3. Hierdie spesiale buitemuurse program sal vir die grondslag- en intersenfase vanaf Maandag, 9 November, aangebied word. Vir die intersenfase sal dit op Donderdag, 19 November, eindig en vir die grondslagfase op Donderdag, 3 Desember. Jou kind kan aan enige aktiwiteit van hul keuse deelneem. Die volgende reëlings geld STEEDS: • Maskers moet gedra word. (Terwyl 'n opdrag aan hulle verduidelik word en hulle as groep nader aan mekaar is, moet dit gedra word. As hulle die instruksie uitvoer en daar is sosiale afstand, mag hulle die maskers vir daardie oomblik afhaal.) • Maskers moet BUITE die swembad gedra word. In die swembad mag hulle dit verwyder terwyl hulle sosiale afstand toepas. • Getalle word beperk na aanleiding van die beskikbare spasie en afrigters. o SWEM: slegs 16 per sessies o TENNIS: slegs 24 per sessies o MULTI-VAARDIGHEID: slegs 28 per sessie • Vir die graad 1-3 multi-vaardigheid gaan ons op vaardigheidsontwikkeling fokus m.b.t. groot-en-kleinmotoriese vaardighede. Die vaardighede kan op verskeie sportkodes toegepas word. • Leerders trek hul JvR-sportklere vir die aktiwiteite aan. Indien hulle nie die dag LO het nie, moet hulle die klere saambring skool toe en hier verklee. • Onderwysers gaan streng wees op bywoning volgens leerders wat geregistreer het. • Vir tennis moet leerders hul...
Fotobestellings
Daar kan nog geen foto's bestel word nie. Die skool ontvang eers die voorbeeldfoto's vanaf die fotograaf. Daarna word dit huis toe gestuur. Ouer(s)/voog(de) is ook welkom om op die fotograaf se webtuiste te gaan loer wanneer foto's gereed is. Hou die nuusbriewe gedurende kwartaal 4 dop vir verdere...
Opvolg-ouerbesoeke
Ons gaan vroeg in volgende kwartaal (4 & 5 November) weer 'n geleentheid vir ouerbesoeke bied. Maak slegs 'n afspraak indien jy voel dat 'n opvolgvergadering nodig is of indien jy nie met hierdie kwartaal se ouerbesoeke 'n afspraak gekry het nie, maar graag jou kind se onderwyser wil sien. Gr.1-3 afsprake: Kliek HIER en vul die vorm in. Gr.4-7 afsprake: Kliek HIER en vul die vorm...
Belangrike Datums
augustus 2026