Baie dankie aan almal wat in kwartaal 3 geregistreer het. Na verskeie versoeke, het ons besluit om die swem gedurende kwartaal 4 vir graad 1-3 te begin. Dit beteken egter dat kinders nou hul inskrywings moontlik wil verander. Daarom begin ons met nuwe registrasies (vir graad 1- 3) vir kwartaal 4. Die graad 4-7 inskrywings bly dieselfde soos in kwartaal 3.

Hierdie spesiale buitemuurse program sal vir die grondslag- en intersenfase vanaf Maandag, 9 November, aangebied word. Vir die intersenfase sal dit op Donderdag, 19 November, eindig en vir die grondslagfase op Donderdag, 3 Desember.

Jou kind kan aan enige aktiwiteit van hul keuse deelneem. Die volgende reëlings geld STEEDS:

• Maskers moet gedra word. (Terwyl ‘n opdrag aan hulle verduidelik word en hulle as groep nader aan mekaar is, moet dit gedra word. As hulle die instruksie uitvoer en daar is sosiale afstand, mag hulle die maskers vir daardie oomblik afhaal.)
• Maskers moet BUITE die swembad gedra word. In die swembad mag hulle dit verwyder terwyl hulle sosiale afstand toepas.
• Getalle word beperk na aanleiding van die beskikbare spasie en afrigters.
o SWEM: slegs 16 per sessies
o TENNIS: slegs 24 per sessies
o MULTI-VAARDIGHEID: slegs 28 per sessie
• Vir die graad 1-3 multi-vaardigheid gaan ons op vaardigheidsontwikkeling fokus m.b.t. groot-en-kleinmotoriese vaardighede. Die vaardighede kan op verskeie sportkodes toegepas word.
• Leerders trek hul JvR-sportklere vir die aktiwiteite aan. Indien hulle nie die dag LO het nie, moet hulle die klere saambring skool toe en hier verklee.
• Onderwysers gaan streng wees op bywoning volgens leerders wat geregistreer het.
• Vir tennis moet leerders hul eie rakkette bring.
• Waar ons addisionele apparaat / toerusting gebruik, sal dit na elke sessie ontsmet word.
• Slegs leerders wat geregistreer is en ‘n “plek-opsie” kon kies, is gewaarborg van ‘n plek vir die daardie atiwiteit.
• Indien daar vir ‘n sekere aktiwiteit nie meer beskikbare plek is nie, kies “No More Options”. Dit gee vir ons ‘n aanduiding dat daar meer belangstelling is vir ‘n aktiwiteit en sal help met verdere ontwikkeling en aanpassing van ons program.
• Ouers mag steeds NIE op die skoolterrein uit hul karre klim NIE . Leerders sal na afloop van die aktiwiteit na die motors beweeg.
• GEEN toeskouers word toegelaat nie.

VOLTOOI ASSEBLIEF DIE VORM VIR DIE GRAAD WAARIN JOU KIND(ERS) IS:
Graad 1
Graad 2
Graad 3

Die sluitingsdatum vir die grondslagfase is Maandag, 2 November, om 09:00. Indien jou kind in graad 4-7 nog aan ‘n aktiwiteit wil deelneem en nie geregistreer is nie, stuur ‘n epos aan sport@jvrprim.co.za met jou navrae.