Op Saterdag, 10 Oktober, het Stella en Rafa Lamprecht aan die Kronenburg Virtuele “Duathlon” in die Paarl deelgeneem. 125 deelnemers het vir die byeenkoms op Kronenburg Landgoed ingeskryf. Stella en Rafa het beide 1.5 km gehardloop, oorgeslaan na 3 km se fietsry en toe weer 1.5 km gehardloop. In totaal het hulle die dag 6km afgelê.

Stella het 2de vir dogters O/10 geëindig met ‘n tyd van 32 min 18 sekondes. Rafa het 6de vir seuns O/7 geëindig met ‘n tyd van 34 min 5 sekondes. Die sportman in Rafa het vir homself ‘n doelwit gestel om sy tyd te verbeter en hy is op Saterdag, 17 Oktober, terug om weer deel te neem. Na harde werk en vasberandenheid gedurende die week het hy sy tyd verbeter en het hy 2de geëindig met ‘n tyd van 29 min 51 sekondes! Hy het sy tyd met 4 min 54 sekondes verbeter en so seuns van Paarl Gimnasium en ander plaaslike skole in die stof gelaat.

Stella en Rafa ontvang Sondag, 25 Oktober, hul pryse by Kronendal Landgoed. Baie geluk julle! Dis wonderlik om te sien dat ons leerders tydens hierdie onbekende tye steeds alle verwagtinge oortref en die skool se naam hoog hou!