Netbaluitslae: 12 Augustus 2025
Hier volg die week se netbaluitslae:
Hokkieuitslae: 7-13 Augustus 2025
Hier volg die week se hokkieuitslae:
Geagte Ouers / Voogde – 15 Augustus 2025
Die afgelope jaar moes ek myself spreekwoordelik knyp rakende al die ongelooflike suksesse wat ons skool behaal het. Ons skool het al vir ‘n geruime tyd ‘n sterk akademiese reputasie en aanslag. Om die waarde van goeie laerskoolopleiding verder uit te brei, is dit belangrik dat ons ons leerders holisties opvoed en dus ‘n bietjie wyer fokus as net akademie. Dus het ons die afgelope paar jare hard gewerk om sport en kultuur op dieselfde standaard en prestasie as akademie te kry. Ons streef daarna dat akademie, sport en kultuur ‘n perfekte balans sal vind, maar dit gebeur nie oornag nie en verg harde werk en toewyding. Ons besef dat net in woordeboeke die woorde “sukses” voor “werk” (as gevolg van alfabetisering) geplaas word, maar ons weet nêrens anders in die wêreld nie. Daar is ongelukkig nie kortpaaie tot sukses nie – dit verg deeglike beplanning, harde werk en deursettingsvermoë. Ons moet dus ons leerders ook leer dat harde werk en deursettingsvermoë talle voordele inhou. Leerders besef nie aldag dat harde werk, die regte gesindheid en selfdissipline jou baie verder neem as wat net talent kan nie. Ek glo dat ons ons leerders binne ‘n veilige leeromgewing moet leer dat deur hard te werk en om vas te byt, instrumenteel is om jou volle potensiaal te bereik. Wanneer harde werk en toewyding begin om vrugte af te werp, bou dit leerders se selfvertroue wat weer tot verdere suksesse kan lei, en dit sluit aan by onder andere die merkwaardige prestasie wat ons senior koor oor die afgelope naweek behaal het. Ons senior koor (45 leerders) het vroeg Saterdagoggend, 9...
Netbaluitslae: 1-6 Augustus 2025
Hier volg die week se netbaluitslae:
Rugbyuitslae: 6 Augustus 2025
Hier volg die week se rugbyuitslae:
Hokkieuitslae: 31 Julie – 1 Augustus 2025
Hier volg die week se hokkieuitslae:
Jannies presteer in skaak by Topskole-toernooi
Ons o/9- en o/13-skaakspanne het ons op 2 Augustus verteenwoordig by die Metrosentraal Topskole-toernooi. Basies kwalifiseer vyf skole per ouderdomsgroep, uit ’n totaal van 30, om in hierdie toernooi mee te ding. Ons o/9-span het met goue medaljes én die trofee in hulle ouderdomsgroep weggestap. Hulle het ook gekwalifiseer vir die volgende rondte van die Topskole-toernooi. Ons o/13-span het ons naam hoog gehou deur teen SA-spelers te kompeteer en het brons medaljes verwerf. Dit was ’n naweek vol pret, en ons is ongelooflik trots op ons...
Taberna Boekuitstalling: 25-27 Augustus 2025
Kom maak 'n draai by die boekuitstalling op 25-27 Augustus in die mediasentrum. Ouers is ook welkom om na skool saam met hul kinders te kom inloer.
Kennisgewing: Skool verdaag vroeër a.g.v. Interskole
Neem asseblief kennis dat die skool Vrydag, 15 Augustus, om 12:00 verdaag aangesien die Interskole Hokkiewedstryde reeds op Vrydagoggend, 15 Augustus, om 10:00 te Moorreesburg begin. Daar sal wel toesig wees vir leerders wat skool gaan bywoon. Nasorg sal vanaf 12:00 aangebied...
Christiaan Cronje presteer in stoei
Christiaan het die afgelope naweek Pretoria toe gereis vir die Johnny Reitz Big 5-stoeitoernooi – die grootste van die jaar met 834 deelnemers. Hy het vier wedstryde gestoei, waarvan hy drie oortuigend gewen het sonder dat sy teenstanders enige punte kon aanteken – een selfs binne 27 sekondes! Sy laaste wedstryd was eers na 20:00 en het tot die laaste sekonde vol spanning gebly. Alhoewel hy op punte verloor het, het hy ’n welverdiende silwer medalje huis toe gebring. Met hierdie prestasie het Christiaan se jaarlike totaal nou op drie goue en drie silwer medaljes te staan gekom. Baie geluk – jou harde werk en deursettingsvermoë is ’n...
Geagte Ouers / Voogde – 08 Augustus 2025
Daar was groot opwinding op Vrydag, 01 Augustus met die langverwagte inwyding van ons nuwe kunsgrasveld agter by die skool. Ons leerders kon nie meer wag om die ‘gevoel’ van die kunsgras te ervaar nie, en ons het op Vrydag net voor eerste pouse al die leerders op die kunsgrasveld laat sit, terwyl ons vir Gerhard Conradie snr. (borg van al die grond- en siviele werk) gevra het om simbolies vir ons die lint te knip om amptelik die pragtige fasiliteit te open. Ons is vir Gerhard baie dankbaar vir al sy borgskappe oor die afgelope jare om die fasiliteite by die skool op te gradeer. Die eerste hokkiewedstryd (o/9 seuns en dogters) het ook op Vrydag net na skool teen Laerskole Robertson en Sunningdale plaasgevind. Ek glo julle is net so trots soos ek op die nuwe toevoeging om sport verder by ons skool te ontwikkel. Die pragtige spasie sal dus vir mini-hokkie en -rugby sowel as netbal aangewend word, terwyl daar voor skool en gedurende pouses op gespeel word. Op Saterdag, 02 Augustus, het ons skool vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar ‘n baie suksesvolle mini-sportdag (o/7 - o/9 rugby en netbal) aangebied. Die verskil vanjaar was egter dat ons die nuwe en veeldoelige kunsgrasveld deel van die program kon maak. Tien skole is by die netbalwedstryde en agt skole is by die rugby geakkommodeer, met ongeveer 1 000 leerders wat by die skool en Conradieveld deelgeneem het. Weereens was die gewilde toernooi ‘n reuse sukses, en het die ekstra twee netbalbane, wat deur die kunsgrasprojek moontlik gemaak is, handig te pas gekom. Ek glo julle sal saamstem...
Pieter sing by Talento-sangkompetisie
Pieter Rademeyer het die afgelope naweek aan die finale ronde van die jaarlikse Talento-sangkompetisie deelgeneem. Sowat 800 leerders van regoor die Wes-Kaap het vanjaar in talle rondes van dié provinsiale kompetisie deelgeneem en uiteindelik het die top 200-deelnemers die afgelope naweek sake uitgespook vir 'n plek in die top 3 in elke afdeling. Pieter is uitgenooi na die spoggalageleentheid in Augustus as 'n top 3-kategoriewenner in die musiekblyspel-afdeling. ...
Geagte Ouers / Voogde – 01 Augustus 2025
Die eerste twee weke van die nuwe kwartaal het behoorlik vinnig verby gesnel, en ons het alreeds ons eerste suksesvolle sportnaweek van die kwartaal teen Laerskool Totius agter die rug. Alhoewel die skool die vorige week skaars geopen het, het ons sommer met die spreekwoordelike deur in die huis geval met ’n opwindende sportnaweek teen Laerskool Totius — weg (hokkie) en tuis (netbal en rugby). Ek is oortuig dat ons leerders, ná die lang drie weke vakansie en die eksamen, sommer lekker ‘uitgehonger’ was om weer sport op ’n kompeterende vlak te kon geniet. Die hokkiewedstryde het weg te Laerskool Totius en op Hoërskool D.F. Malan se astro plaasgevind. Dit was lekker om te sien hoe ons leerders die kunsgras- en astro-oppervlakte terdeë geniet het. Baie dankie aan al ons ouers wat al die pad na Bellville gery het om ons spanne te ondersteun. Die sportuitslae die afgelope naweek was ongelooflik, en daar is ’n merkwaardige verbetering as ons dit met die vorige jaar se uitslae teen Laerskool Totius sou vergelyk. Hierdie is weereens ’n bewys dat die sportplan en -strategie wat ons vier jaar gelede geïmplementeer het, besig is om vrugte af te werp. Beslis gaan dit nie net oor wen nie, maar eerder dat ons vanaf graad 1 fokus op die ontwikkeling van sportvaardighede, meer leerders by sport betrek, die skep van meer sportgeleenthede vir ons leerders (489 wedstryde het in kwartaal 2 plaasgevind), en die aanstelling van bevoegde en toegewyde afrigters. Deel van die ‘wenresep’ om sport by ons skool te verbeter, sluit natuurlik ook verder in die inkoop van ’n nuwe sportkultuur by ons skool,...
JvR Ballerinas skitter by Cape Ballet Centre
Veels geluk aan die JvR-ballerinas met hul uitsonderlike prestasies! Hierdie talentvolle dansers het onlangs hul Royal Academy of Dance-balleteksamens met groot sukses voltooi by die Cape Ballet Centre. Hul uitslae weerspieël maande se toewyding, dissipline en liefde vir die kuns van ballet. Wel gedaan, pragtige ballerinas! Vlak 1 Eksamen Octavia Ackermann – Hoë Onderskeiding (Dubbel Goud) Anna Leach – Hoë Onderskeiding (Dubbel Goud) Deidre Louw – Hoë Onderskeiding (Dubbel Goud) Vlak 2 Eksamen Christina du Toit – Hoë Meriete (Dubbel Silwer) Inge Engelbrecht – Onderskeiding (Goud) Olivia Faling – Hoë Meriete (Dubbel Silwer) Eliana Greef – Onderskeiding (Goud) Karen James – Onderskeiding (Goud) Mila Malan – Onderskeiding (Goud) Kitty Partner – Onderskeiding (Goud) Sophia Price – Onderskeiding (Goud) Ons sien uit daarna om ons JvR-ballerinas van Cape Ballet Centre op die verhoog te sien skitter by die Artscape op 19 Oktober...
Bederf ‘n Juffrou vir Onderwysersdag!
Hierdie kwartaal gaan ons iets besonders doen — ons gaan die onderwysers van ons buur-skool, Prestwich Primary, verras en bederf in hul personeelkamer! Dié toegewyde onderwysers werk ongelooflik hard en ontvang min erkenning. Laat ons saam ’n verskil maak deur hulle te waardeer met lekkernye en ’n klein geskenkie. Hoe kan jy help? Maak ’n vrywillige donasie via die KarriApp – elke bydrae help ons om hierdie spesiale bederf moontlik te maak. ????️ KarriApp oop: 4 Augustus – 5 September 2025 Saam sê ons: Dankie, Juffrou!...
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027