Pieter Rademeyer het die afgelope naweek aan die finale ronde van die jaarlikse Talento-sangkompetisie deelgeneem.
Sowat 800 leerders van regoor die Wes-Kaap het vanjaar in talle rondes van dié provinsiale kompetisie deelgeneem en uiteindelik het die top 200-deelnemers die afgelope naweek sake uitgespook vir ‘n plek in die top 3 in elke afdeling.
Pieter is uitgenooi na die spoggalageleentheid in Augustus as ‘n top 3-kategoriewenner in die musiekblyspel-afdeling.