Korrekte uitspraak van Nkosi Sikelel’ (Ons Volkslied)
Weekliks sing ons die volkslied uit volle bors, arms langs die sye, met groot entoesiasme en uiters trots op ons mooi, diverse land. Ons wil egter verseker dat ons elke taal wat in die volkslied ter sprake is, respekteer deur die woorde korrek uit te spreek. Ons sal dit op 'n georganiseerde manier met die onderskeie graadgroepe implementeer. Kan ons vra dat julle hierdie video saam met julle kinders by die huis kyk, ter voorbereiding van ons inisiatief: Emirates Karaoke Anthems: South...
Kommunikasie aan onderwysers
Ons streef na ope en gemaklike kommunikasie tussen alle partye om gesonde verhoudinge met ons skoolgemeenskap te handhaaf. Ons rig egter 'n vriendelike versoek om ons kommunikasiepraktyk te respekteer: Indien jy dringend met 'n onderwyser tydens klastyd wil gesels deur gebruik te maak van WA-geskrewe of stemboodskappe en e-posboodskappe, ens. moet jy asseblief kennis neem dat die onderwyser se kernfokus spesifiek op onderrig en betrokkenheid by ons leerders gedurende klastyd lê. Ons onderwysers beantwoord baie graag boodskappe vanaf ouers, maar doen dit sodra hulle 'n adminperiode tot hul beskikking het. In ons beleid stipuleer ons dat boodskappe binne 24 uur beantwoord sal word. Indien jy 'n boodskap dringend onder die onderwyser se aandag wil bring en dit nie kan wag nie, moet jy asseblief vir Adri Marais (LS JvR) en/of Roxanne Kiko (Huppelland) kontak sodat hulle die boodskap direk en spoedig moontlik aan die onderwyser kan oordra. Baie dankie vir die samewerking in hierdie verband. Kontakbesonderhede: Adri (ontvangs) - 021 423 4209 Roxanne (Huppelland) - 021 424...
Blokkies bou: BCSA en CapeLUG-uitstalling
Ons is super opgewonde en bevoorreg om BCSA en CapeLUG as deel van ons Akademiese- en Kultuurweekprogram te verwelkom. Graad 1 - 3-leerders gaan heerlik blokkies bou terwyl die gr. 4 - 7-leerders torings vooraf in groepe gaan beplan en dit dan met bepaalde blokkies en figuurtjies gaan bou om te bepaal watter groep se toring die sterkste, hoogste, maklikste vervoer kan word, ens. is. BCSA bring hul eie blokkiestelle waarmee leerders gaan speel en bou terwyl CapeLUG se lede hul modelle gaan uitstal vir die maats wat baie geïnteresseerd is in blokkies bou. Hierdie organisasie doen dit vrywillig en geen koste is hieraan verbonde nie. Ons wil hulle egter ondersteun deur blokkies in te samel sodat hulle dit vir ander projekte kan aanwend. Sien gerus die onderstaande inligting oor hierdie organisasie. Information for donations What is Brick Club SA Brick Club SA is a donation driven community initiative that brings play first activities to South African communities. We host free building sessions mainly in public libraries, with occasional Brick Club Experiences at daycares, children’s homes, and community centres. Children are the builders. Parents are welcome to be present and encourage them. Our duck mascot reflects our raise a village idea. Many small parts working together make something strong. Ducks are social, resilient, and intelligent. That spirit shapes how we welcome families and keep play simple, joyful, and free. Every Child, Every Brick, Every Possibility. Where your donations go: Club Boxes We wash and sort both new and used genuine LEGO® and pack them into Club Boxes issued to participating librarians. We choose libraries because they are...
Vakansiesorg: 6– 10 Oktober 2025
Sien meer besonderhede oor vakansiesorg hier onder:
Geagte Ouers / Voogde – 12 September 2025
Ek glo dat almal die heerlike sonskynweer van die afgelope tyd geniet. Die warmer weer is so goed vir almal se gemoed en dit het net betyds gekom om die aanvang van ons somersportoefeninge te komplimenteer. Ons het skaars met nog ‘n suksesvolle wintersportseisoen afgesluit en ons skop sommer onmiddellik met die somersportprogram af. Ons leerders geniet werklik die sportaanbieding by ons skool en veral die spanformaat wat deur wintersporte gebied word. Die belangrikheid vir kinders om aan sport deel te neem en in die proses aktief te wees, hoef ek nie vir julle as ouers te verduidelik nie. Die belangrike lewenslesse wat sport bied, kan nie altyd tussen die vier mure van ‘n klaskamer geleer word nie. Ons werk sedert 2022 baie hard om die sport by ons skool te verbeter en meer geleenthede vir ons leerders te skep. Graag deel ek met julle ‘n bietjie wintersport-statistieke (hokkie, netbal & rugby) om die vooruitgang en ontwikkeling van sport by ons skool sedert 2022 te bevestig. Ons leerders het gedurende die 2025-wintersportseisoen (Kwartale 2 en 3) aan 897 wedstryde deelgeneem; dit sluit natuurlik liga-wedstryde, sportdae en toernooie in. Ek dink dit is merkwaardig en ‘n welverdiende kompliment aan die sportkantoor onder leiding van ons Hoof van Sport, mnr. Leon, wat weer vanjaar seker gemaak het dat ons Jannies voldoende wedstrydblootstelling en goeie afrigting ontvang. Sien gerus hier onder die grafiese illustrasie van die aantal wintersportwedstryde per jaar wat vanaf 2022 tot 2025 plaasgevind het. Daar was sedert 2022 tot 2025 ‘n toename van 69,8% in die aantal wintersportwedstryde waaraan ons deelgeneem het. Die groei in leerderdeelname aan netbal, rugby...
Kaapse Afrikaanse Eisteddfod Uitslae
Ons wil al ons leerders wat die afgelope maand aan die instrumentale afdeling van die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deelgeneem het, gelukwens met hul uitmuntende prestasies! Ons is regtig baie trots op julle toewyding en harde werk. Welgedaan! ...
Trots op ons Jannies: Matriekraad 2025/2026
Baie geluk aan ons Jannies wat tot die 2025/2026 Matriekraad verkies is! ’n Spesiale geluk aan Fredrich Erasmus (hoofseun), Luca Zulch (hoofdogter) en Daniel Wasserman (onderhoofseun). Ons is ook trots op die res van die leerderraad wat oud-Jannies is nl. Kate Heyns, Lara Pieterse, Hendrik Bredenkamp, Elle Nortje, Jan Karsten, Carla Snijders en Mia...
Netbaluitslae: 30 Augustus – 1 September 2025
Hier volg die week se netbaluitslae:
Rugbyuitslae: 30 Augustus 2025
Hier volg die week se rugbyuitslae:
Hokkieuitslae: 28-29 Augustus 2025
Hier volg die week se hokkieuitslae:
Geagte Ouers / Voogde – 5 September 2025
Die seisoen het gedraai en Septembermaand het die afgelope week sy welkome verskyning gemaak. Vir die eerste keer in my vyf jaar by die skool is ek met heerlike sonskyndae bederf om Lentedag en -week te vier. Ons weet ook dat Moeder Natuur beslis nie haastig is om die lenteseisoen en warmer weer sommer sonder teenstand aan Kaapstad en omgewing te oorhandig nie. Lentedag word tradisioneel oral in Suid-Afrika op 1 September gevier, maar hier in die Moederstad kan die permanente lenteweer ons heel moontlik op ’n latere stadium beskore wees. Ek weet nie van julle nie, maar ek soek nou warm, sonskynweer waar die son lekker warm op ’n mens se gesig val, terwyl ons pragtige lentebloeisels kan geniet. Kom ons hoop dat ons ons warm baadjies vir eers kan wegpak en mag die sonnige dae sommer ook ons gemoedstoestand ’n lekker hupstoot gee. Die afgelope naweek het ons ook amptelik die 2025-wintersportseisoen met ’n sportnaweek teen Laerskool Welgemoed in die noordelike voorstede op ’n hoogtepunt afgesluit. Hierdie week het ons eers ’n breek van sport geneem voordat die somersportoefeninge op 8 September afskop. Op Vrydagmiddag, 29 Augustus, het ons spreekwoordelik heelwat houe tydens die hokkiewedstryde teen Laerskool Welgemoed gevat, en was die sterk opposisie die beter spanne op die dag. Graag wil ek hul eerste hokkiespanne (seuns en dogters) uitlig wat met uitmuntende spel die oorhand gekry het. Dit was ’n moeilike dag en ek het na afloop van die wedstryde, veral met ons eerste spanne, probeer moed inpraat. Dit was vir hulle baie moeilik om die seisoen op dié manier af te sluit. Ek het onder...
Jannies Talent: 25 September 2025
Kom geniet ’n aand vol talent en pret! ???? Donderdag, 25 September ???? Skoolsaal ⏰ 18:00 Kaartjies beskikbaar op Karri.
Akademiese- en Kultuurweek 2025
Om vaardighede aan te leer en kennis uit te bou, begin ons almal deur blokkies te bou. Ons is opgewonde om vanjaar se program en die aktiwiteite met julle te deel: Die Boublokke van Ontwikkeling Beskik jy oor ’n unieke vaardigheid wat jy graag met ons leerders wil deel? Kontak my gerus by...
Uitvoerende funksies
Almal van ons benodig uitvoerende funksies. Vir sommige kinders is dit ’n natuurlike proses, maar vir baie kinders bly dit ’n uitdaging en ’n frustrasie. Hierdie vaardigheid is een van die belangrikste vaardighede om te funksioneer in ons besige leefstyl.
WP Topskole Toernooi
Ons o.9-span gaan die naweek deelneem aan die WP Topskole Toernooi. Ons wens elke speler en afrigter alle sterkte toe – julle harde werk en toewyding bring ons groot trots! Ons weet julle gaan beslis die Jannie-naam hoog hou en ons skool met trots verteenwoordig. Kom ons staan almal saam agter ons jong...
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027