Kategorie: Sport
Woensdag 4 Desember en Maandag 9 Desember het ons ons jaarlikse kleure-atletiek gehou. Dit was twee onvergeetlike dae. Woensdag het ons die velditems gehou en Maandag die baanitems. Die pawiljoene was pragtig opgemaak en dit was tyd vir die optogte. Die huise het hul krete en liedjies gesing en daarna was dit tyd vir die eerste items.
Reg deur die dag het soveel leerders aan verskillende items deelgeneem om hulle spanne die kans te gee om die atletiekbeker te verower. Na afloop van die dag was die puntverskil tussen die twee spanne slegs 26 punte. Baie geluk aan Huis Oranje wat die atletiekbeker gewen het en Huis Blou wat wegstap met die geesbeker.
Die bekerwenners op die dag was:
- Beste junior dogter: Elise Theron en Lexi Bierman
- Beste junior seun: Willem Viljoen
- Beste senior dogter: Ynes Samba Kabassidi
- Beste senior seun: Dane Botha
Baie geluk aan al ons atlete wat deelgeneem het, dit is waarna ons streef om vir almal geleentheid te bied.
Baie geluk aan die volgende atlete wat ons skool by die jaarlikse interskole volgende jaar gaan verteenwoordig. Dit vind plaas op 11 Februarie by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde.
Span 2025Hier is die volledige program vir 2024 se atletiekdae:
FINAL PROGRAM - 2024 Kleure-atletiekDie Parow-Stoeiklub se jaarlikse prysuitdeling het op 2 November 2024 plaasgevind.
Al die stoeiers wat die Westelike Provinsie verteenwoordig het, het hul trofeë ontvang vir hul nasionale plasing, onderskeiding en deelname sertifikate. Christian Cronje was ook daar om sy trofee te ontvang.
Baie geluk, Christian!

Neem asb. kennis dat ons jaarlikse kleure-atletiek se datums verander het:
Wo, 4 Desember: Velditems
Vr, 6 Desember: Baanitems
Baie van ons leerders neem op die oorspronklike datum aan die WP-tenniskompetisie deel.
Beide dae vind gedurende skooltyd plaas en verdere inligting sal op ‘n latere stadium volg.
Groete,
Leon
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027






















