Kategorie: Algemeen
Maia du Toit en Willem Viljoen het die afgelope naweek die Wes-Kaap verteenwoordig in die o.11-dubbels tennistoernooi teen Boland. Hoewel Boland uiteindelik die toernooi gewen het, was daar verskeie baie noue en kompeterende wedstryde. Goed gedaan, Maia en Willem – ons is trots op julle deelname en sportmangees!
![]()
Ons is trots om aan te kondig dat Aiyana Alfredo op 17 Julie die Wes-Kaap verteenwoordig het by die Akrobatiese Solo-dans Sport Assosiasie se Nasionale Kampioenskappe in Johannesburg. Sy het ’n uitstekende telling van 8.9 uit 10 vir haar vertoning behaal. Baie geluk, Aiyana – ons is ongelooflik trots op jou prestasie!
![]()
Ons ouerbesoeke vir die derde kwartaal vind plaas op Maandag, 28 Julie en Dinsdag, 29 Julie 2025. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning.
???? Volg hierdie skakel om ‘n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER
Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur ‘n e-pos aan megan@jvrprim.co.za
Ons is baie trots om aan te kondig dat die fliek Alma Oppad op 20 Augustus as die openingsfilm van die Silwerskermfees vertoon sal word!
Wat hierdie prestasie vir ons skoolgemeenskap ekstra spesiaal maak, is dat twee van ons eie Jannies, Gerhard Conradie en sy sussie, Chrystal, rolle in die film vertolk. Dit is ’n merkwaardige mylpaal vir die Conradie-gesin én ’n inspirasie vir ons jong sterre wat droom van ‘n loopbaan in die uitvoerende kunste.

Vrydag 1 Augustus | 19:00 | Skoolsaal
Is jy slimmer as die gemiddelde ouer? Kom wys jou algemene kennis-spiere tydens ons Bring-en-Raai Vasvrae Kompetisie!
???? 8 mense per span
???? Wynglase, tafels en bankies word voorsien
???? Jy sorg self vir jou span se kos & drank — maak dit ’n happiesbord, bring wegneem-etes of pak sommer daai piekniekmandjie vol!
???? Let wel: Geen braaivure word verskaf nie — dis ‘Bring-en-Raai’, nie ‘Bring-en-Braai’ nie.????
???? Nog slegs 10 tafels beskikbaar — bespreek joune sommer dadelik!
Koste : R1800 per span
Stuur ’n e-pos aan Pieter Rademeyer om jou tafel te bespreek:
???? pieter.rademeyer@janvanriebeeck.co.za
Moet asseblief nie vergeet om ’n spannaam in te sluit nie!
Kom kuier saam, lag lekker en raai jou pad na roem! ????✨
Ons sien met groot opgewondenheid uit daarna om weer hierdie vakansie vir ons leerders en hul ouers ’n lekker, veilige en sorgvrye Vakansiesorg-opsie te bied.
Lees gerus verder vir alle praktiese reëlings en besonderhede.
VakansiesorgBASJAN
Ons is opgewonde om te sê dat die Basjan ondersteunerskussing nou op Jan Kas beskikbaar is!
VAKANSIE WINKELURE
Die aanlynwinkel sal deur die vakansie oop wees, so jy kan enige tyd bestel.
Alle bestellings sal immers eers in die eerste week van die nuwe kwartaal afgelewer word.
Let wel: die fisiese winkel sal gesluit wees tydens die vakansie.
Jan Kas sal weer oop wees op:
???? Maandag, 21 Julie
???? 10:00 tot 12:00.
Neem asseblief kennis dat die leerders se elektroniese rapporte Vrydag uitgestuur sal word.
Maak asseblief seker dat jou e-posadres korrek in MyJvR opgestel is, sodat jy die rapport sonder enige probleme ontvang.
As jou e-posadres verander het, gaan asseblief so gou moontlik na MyJvR en verander dit na die regte een.
KLIEK HIER om MyJvR te besoek.
Belangrike inligting vir die laaste week van kwartaal 2:
Maandag, 23 Junie:
*Suid-Kaap-toer vertrek om 08:00
*Skool verdaag om 13:00
Dinsdag, 24 Junie:
*Skool verdaag om 13:00
Woensdag, 25 Junie:
*Skool verdaag om 13:00
Donderdag, 26 Junie:
*Grondslagfase Musiekkonsert 08:00 in skoolsaal
*Markdag om 12:00
*Sivvies
*Skool verdaag om 13:00
Vrydag, 27 Junie:
*Sivvies
*Ontvang rapporte (hardekopie en elektronies)
*Skool sluit vir vakansie om 10:30 (GF) en 10:45 (ISF)
*Suid-Kaap-toer keer terug.
Kom geniet die gees van samewerking, kreatiwiteit en pret!
???? Datum: Donderdag, 26 Junie
???? Verkopers: Grondslagfase-leerders
???? Plek: Vierkant
Dis die Grondslagfase se beurt om hul entrepreneursvernuf te wys! Van smullekker happies tot kreatiewe handwerk – jy wil dit nie misloop nie!
???? Bespreek nou jou tafel!
???? Karri is oop vanaf Dinsdag, 17 Junie vir tafelbesprekings. Moenie uitmis nie – plek is beperk!
Bring jou kontant, kom kuier en ondersteun ons jong verkopertjies. Ons sien uit daarna om jou daar te sien!

Neem kennis dat ons vanaf hierdie kwartaal alle leerders vanaf Graad 1–7 se rapporte elektronies en in harde kopie (soos voorheen) sal versprei. Let asseblief op dat ons volgende week ’n e-pos aan ouers/voogde sal stuur om te bevestig dat die korrekte e-posadres bereik word. Jy sal ‘n afsonderlike e-pos ontvang vir elke kind wat jy in die skool het. Hierdie toetslopie sal nie oor enige belangrike inligting beskik nie. Ons het nodig om dit so te doen sodat ons die rapporte die daaropvolgende week, wanneer die skool sluit, aan alle ouers kan stuur. Indien jou e-posadres verander het, moet jy dit asseblief so gou moontlik aanpas.
Ons is baie opgewonde oor hierdie nuwe IKT-verwikkeling en wil ons dank aan Marié Cruywagen, Leon Hanekom en Megan Zondagh uitspreek.
Belangrike Datums
maart 2026
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
