Kategorie: Algemeen
Bespreek nou vir volgende week – vul jou naam HIER in. As jy sukkel of vrae het, kontak asseblief vir Karien Zulch by 0834450980 of by jvrveiling2020@gmail.com. Die katalogus sal vroeg volgende week beskikbaar wees en die aanlynveiling sal einde Oktober plaasvind.

Reëlings:
- As gevolg van die fotodag sal daar GEEN LO-prakties op Maandag, 19 Oktober, wees nie.
- Leerders moet asb. betyds by die skool wees, want ons begin al om 08:00 met die neem van die foto’s.
- Leerders mag slegs somerdrag dra.
- Maak asb. seker dat jou kind(ers) se hare en naels netjies en skoon is.
- Die laaste dag vir fotobestellings is Maandag, 9 November 2020.
Aangesien die leerders op ons skoolterrein op- en afgelaai word, voel hulle (en ons almal) veilig en meer ontspanne en hou nie noodwendig padveiligheid en -reëls in ag nie. Hierdie ‘veilige’ gevoel wat ons as vanselfsprekend aanvaar, kan so maklik in ‘n onnodige besering ontaard. Moedig asseblief jou kind(ers) aan om slegs van die voetoorgang gebruik te maak wanneer hulle op- of afgelaai word en dat niemand oor die ‘pad’ mag hardloop nie. Die onderwysers sal met sy/haar registerklas ‘n gesprek hieroor voer. Baie dankie vir die versigtigheid waarmee jy bestuur en dat ons leerders se veiligheid prioriteit geniet. Ek doen ‘n beroep op elkeen om asseblief nie op die teer te parkeer wanneer leerders op- en afgelaai word nie en dat alle motoriste en veral die vloei van ons skoolverkeer gerespekteer sal word.
Ons herinner julle dat Woensdag, 7 Oktober, se sivvies wegval. Leerders sal volgende week slegs op die 9de sivvies kan dra. Kliek op die foto vir ‘n oulike video wat jou wys hoe om ‘n blommekransie te maak.
Naam en van: Adrian du Pokoy
Graad: 6B
Waar woon jy?: Ek woon in Oranjezicht saam met my ma en my ouma. Ek was voorheen in Laerskool Goodwoodpark.
Gunsteling vak: PSW is my gunsteling vak. Ek hou daarvan om van die verskille in mense se persoonlikhede te leer. Dit help my om die mense om my beter te verstaan.
Ek is ‘n trotse Jannie, want ek het goeie maniere, is positief en ek is lief vir diere.
‘n Leerghoeroe van die Noorde, Wilna Greyling, is tans in Kaapstad en bied Vrydag (na-skool) en Saterdag (08:00 tot 13:00) ‘n leerkursus hier by die skool, in die biblioteek, aan.
Koste: R2 500 per kind
Die studiekursus behels ‘n vooraf-persoonlikheidstoets waarvolgens die leerstyl van die kind bepaal word. Hierdie profiel gee ook belangrike insigte aan die ouer oor hoe sy kind stres hanteer, die lewe organiseer en inligting sorteer. Seker die mees insiggewende bydrae is hoe die ouer verstaan waarom hy/sy en sy/haar kind maklik saamwerk of bots.
Tydens die kursus leer die kind dan meer oor sy eie leerstyl. Hy leer ook hoe die brein werk en wat in die brein gebeur wanneer hy leer. Daarna word die vyf hoofmetodes van leer stapsgewys behandel.
Ouers moet die kursus saam bywoon.
Kontak asb. vir Wilna direk indien jy belangstel: 083 309 8364 of wilna@greyling.co.za.
Beste Ouers,
In hierdie ingewikkelde tyd het ons weer opnuut die waarde van gemeenskap besef. Hoewel klein, is ons gemeenskap ondernemend en bedrywig. Met ons nuwe JANNIES-besigheidsregister wil ons graag ons gemeenskap ondersteun. Enige voog, ouer, peetouer, grootouer asook oud-leerders kan hul besigheid of relevante werkplek registreer.
Dit werk so vir besigheidseienaars:
• Voltooi asb. hierdie vorm met jou besonderhede en industrie: VORM
Dit werk so vir gebruikers:
• Om te sien watter dienste beskikbaar is, gaan na die laerskool se webwerf en kliek op JANNIES GEMEENSKAP (heel bo-aan) en dan op die BESIGHEIDSREGISTER.

Jy is welkom om die vorm vir enige lede van die Jannies-gemeenskap aan te stuur.
Ons sien uit na julle deelname aan die projek en ondersteuning vir mekaar.
Ons herinner graag dat daar kans is tot Maandag, 28 September, om 19:00 om ‘n ouer vir die regsportefeulje op die beheerraad te nomineer. Kontak gerus vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) vir ‘n nominasievorm. Neem asseblief kennis dat die stemprogram “VotingCrowd” wat ons vir die aanlynverkiesing gebruik op die dag van die verkiesing jou intekenbesonderhede per e-pos beskikbaar sal stel. Sien hier die kennisgewing en verkiesingsreëls vir die interim-beheerraadverkiesing wat op Dinsdag, 29 September, plaasvind. Leerders van ouers wat aan die verkiesing deelneem, mag Donderdag, 1 Oktober, sivvies dra…’n ekstra sivviedag vir daardie week!
Belangrike Datums
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
januarie 2027
februarie 2027
maart 2027
april 2027
mei 2027
junie 2027
julie 2027
augustus 2027


