Kategorie: Algemeen
Naam en van: Zanru Breedt
Graad: 3BS
Waar woon jy?: Ek woon in Simonstad saam met my ma, pa en boetie (15).
Gunsteling vak: Ek hou baie van Wiskunde en Afrikaans. Wiskunde maak my slim.
Ek is ‘n trotse Jannie, want ek help my juffrou om die klas netjies te maak, op te ruim en weg te pak aan die einde van die dag. Ek hou daarvan om ander te help en ek is goed daarmee.
3 Desember 2020 is ‘Casualday’ / Loslitdag!
Tema: Trek aan soos jou gunsteling Disney karakter!
Kostes: R20 vir ‘n loslitdagplakker om Donderdag, 3 Desember, sivvies volgens die tema aan te trek! Plakkers is beskikbaar op die Karri-toep vanaf 23 November en kan ook kontant by juffrou Wright gekoop word.
Fondse word ingesamel ten bate van Paarl ontwikkelingskool.
Die leerders het hierdie week hul foto’s ontvang. Die laaste dag vir bestellings is Maandag, 30 November. Maak asb. seker dat die kontant in die koevert korrek is. Vul ook asb. die koevertjie waarop bestel moet word, volledig in. Jy is ook welkom om op die fotograaf se webtuiste te bestel: Lunchbox Photography. Die wagwoord is JVR2020.
- Klasfoto’s en individuele foto’s word by die klasonderwyser betaal en bestel.
- Leerderraad- Juffrou Izèl Storm
- Biblioteekmonitors – Juffrou Magriet van Zyl
- Suidoosterredaksie – Juffrou Suzaan Burger
Baie geluk aan die volgende leerders wat as Hoërskool Jan Van Riebeeck se hoofleiers vir 2021 aangekondig is:
Foto: Voor van links na regs
Hoofseun: Gregory Barends
VRL Voorsitter & Hoofdogter: Jana-Mari Beukes (oud-leerder van Laerskool Jan Van Riebeeck)
Foto: Agter van links na regs
Onderhoofseun: Leander Viljoen
Onderhoofdogter: Misha Kapot
Die graad 7-fondsinsameling vir die opgradering van die Johan Oosthuizen-klubhuis het baie goed verloop en die skool het in totaal R21 100 ingesamel. Baie dankie vir almal se volgehoue ondersteuning en bydraes. Sonder julle hulp sou ons nie hierdie projek suksesvol kon bestuur nie.
Ella-Mari le Roux het die meeste kaartjies verkoop en sy het die Spar-geskenkpak ter waarde van R500 gewen. Ons is baie trots op jou, Ella!
Die trekking vir die gelukkige wenners het op Donderdag, 5 November, plaasgevind. Ons wenners lyk soos volg:
• Twee nagte in ‘n selfsorg-eenheid aan die voet van Tafelberg (waarde R6000) – Jacky Solomons
• Heel lam (Waarde R2500) -Beata von Lieres
• Clinton Stolz fotografie: familie fotosessie (Waarde R2500) – Theo van der Walt
• Paul Renè geskenkpak (Waarde R2000) – Coreen Scholtz
• Juweelstuk van Pierre Liversage (Waarde R1500) – Linda Brink
• Jenewer geskenkpak (Waarde R1500) – Inge Roberts
• 10kg wors (Waarde R1100) – Clive Joubert
• “Baked Studio” koek (Waarde 750) – Alet Laubser
• “Baked Studio” koek (Waarde 750) – Ingrid Olivier
• Heleen Meyer geskenkpak (Waarde R750) – Emmy Stoltz
Baie geluk aan hierdie wenners. Ons hoop dat julle die lekker bederf-geskenke sal geniet!
Gedurende die afgelope vakansie het ‘n groep Graad 7’s, saam met hulle ouers, en sommige saam met hulle gesinne, drie heerlike aande op die walle van die Breederivier deurgebring.
Dit het als begin met ‘n beplande roei op die Oranjerivier, iets wat nou al ‘n instelling by die Graad 7-Jannies is. Toe die Covid-pandemie ‘n stokkie daarvoor steek, is “Plan B vir Breede” opgeroep! Hierdie plan het so goed uitgewerk, dat ‘n paar ouers reeds voorgestel het dat dit deel van die Jannies-kalender word!
Ons het heerlik geroei, al het dit soms geknor om die ‘crocs’ reguit te stuur wanneer die wind van voor gekom het! Die stroomversnellings het gesorg vir ekstra opwinding: ‘n paar van ons is agteruit deur ‘n paar stroomversnellings. Soms was daar ‘n noodgedwonge swem wanneer die draaie nou net nie perfek wou uitwerk nie, maar ons is daardeur! Daar was ook ander lekker aktiwiteite vir die kinders, soos ‘abseil’, tafeltennis en snoeker. Saans het ons tot laat om die kampvuur gekuier. Louis Boshoff en LJ le Roux het ons op die laaste aand bederf met die heerlikste braaivleis – dankie, julle is voorwaar “Braaimeesters”!
Dankie aan almal wat vasgebyt het met die reëlings deur al die onsekerhede oor die Oranje-roei, tot op die Breederivier!!
Kliek HIER vir die Skoolfooie vir 2021, goedgekeur en aanvaar deur die ouers tydens die Begrotingsvergadering gehou op 4 November 2020.
Loer gerus na hierdie kwartaal se elektroniese Suidooster, Die Oosie-uitgawe. Blaai gerus na bladsy 6 en kliek op die foto vir ‘n video waar mnr. Oosthuizen vir oulaas deur die skool se gange loop.
Daar kan nog geen foto’s bestel word nie. Die skool ontvang eers die voorbeeldfoto’s vanaf die fotograaf. Daarna word dit huis toe gestuur. Ouer(s)/voog(de) is ook welkom om op die fotograaf se webtuiste te gaan loer wanneer foto’s gereed is. Hou die nuusbriewe gedurende kwartaal 4 dop vir verdere inligting.
Ons gaan vroeg in volgende kwartaal (4 & 5 November) weer ‘n geleentheid vir ouerbesoeke bied. Maak slegs ‘n afspraak indien jy voel dat ‘n opvolgvergadering nodig is of indien jy nie met hierdie kwartaal se ouerbesoeke ‘n afspraak gekry het nie, maar graag jou kind se onderwyser wil sien.
Gr.1-3 afsprake: Kliek HIER en vul die vorm in.
Gr.4-7 afsprake: Kliek HIER en vul die vorm in.
Op 15 Oktober 2020 het die Jannies ons trots gemaak met hulle #stopboeliegedrag plakkate. Die hele skool het aan die stop boelie opstand deelgeneem om die week se tema, vriendskap, te vier. Boelie is een van die grootste probleme in laerskole en ons is baie bly om te sien hoeveel Jannies passievol is om hierdie probleem te stop. Natuurlik word al die plakkaat-kunstenaars se harde werk waardeer en daar was selfs twee baie lekker pryse vir die beste plakkate. Jacques du Toit en Nevieke Bender het pryse gewen vir hul treffende plakkate. Welgedaan, Jannies! Baie dankie vir al jul moeite en harde werk!!! Bly gaaf, bly postitief en onthou: #stopboeliegedrag

Vanaf Maandag, 2 November 2020, sal die dra van somerdrag verpligtend wees. Ons het ook besluit om die sivviedag van Woensdae te staak en eerder ‘n ekstra dag te implementeer waarop leerders LO-klere dra. Die klasonderwyser sal saam met sy/haar klas besluit watter dae skool- en LO-klere gedra word aangesien daar verskillende dae is waarop LO aangebied word. Neem asb. kennis dat die korrekte somer- en LO-klere gedra moet word. Die einde van die maand sivviedag sal weer in werking tree en op die web-kalender aangedui word.
1. Ons vertrek vanaf die skool om 06:00, Dinsdag, 6 April 2021 en sal weer Sondag, 11 April 2021 terug wees.
2. Slegs die Gr.7’s van 2021 en een ouer/voog word toegelaat. Elke leerder moet saam met ‘n volwassene roei.
3. Vul die VORM VOOR 21 Oktober 2020 in.
4. Betaal ‘n deposito van R1,000 voor 31 Oktober 2020 in die skool se rekening (verwysing: OR en jou kind se naam, bv. OR JOHANN LOUBSER).
5. Paspoorte moet tot NOVEMBER 2021 geldig wees. Onverkorte (“unabridged”) geboortesertifikate van kinders word vereis.
6. Vir meer inligting of navrae, verwys na die brief aan die Graad 6-ouers hieroor of stuur gerus ‘n e-pos aan Cobus Loubser (cobusloubser1@gmail.com).
Om die bemarkingsvideo te kyk wat Wim Vorster van die 2019 toer gemaak het, kliek HIER.
Hierdie maand se waarde is VERANTWOORDELIKHEID. Kliek HIER vir ‘n oulike video oor verantwoordelikheid.
Waarde van die maand - VerantwoordelikheidBelangrike Datums
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
januarie 2027
februarie 2027
maart 2027
april 2027
mei 2027
junie 2027
julie 2027
augustus 2027
