Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Kan julle glo dat ons in ‘n oogwenk alweer die einde van week 4 van kwartaal 3 bereik het. Ek dink vandag in besonders aan al ons ouers/voogde en leerders wat tans Covid onder lede het of wat self-isoleer. Dit is baie moeilik om van jou familie, vriende of kollegas geskei te word, maar dit is so noodsaaklik om te verhoed dat die virus verder na jou geliefdes en gemeenskap versprei. Self-isolasie affekteer ‘n mens se normale aktiwiteite, roetines en werksaamhede. Dit opsig self kan weer ‘n toename in eensaamheid, angs en depressie tot gevolg hê. Hierdie onsigbare vyand diskrimineer nie teen ouderdom, waar jy woon, of waar jy werk nie. Enige persoon kan besmet word. Hierdie wêreldwye krisis het geweldige negatiewe gevolge, maar dit is jou keuse hoe jy dit gaan aanpak. Wees verseker dit is normaal om tydens die ongekende tye hartseer, gespanne of oorweldig te voel. Gesels met mense wat jy kan vertrou as dinge neerdrukkend raak. Die pandemie word oorweldigend met negatiewe ‘goed’ geassosieer, maar dit bied ook ‘n geleentheid om ‘n persoonlike inventaris van ons lewens te maak, nuwe perspektief te kry en te bepaal wat ons eintlike prioriteite in die lewe moet wees. My gebed is dat ons sal aanhou hoop, meer dankbaar sal wees en nooit ophou om te droom waarin ons in die lewe wil belê nie.

Covid het verder ook veroorsaak dat julle as ouers/voogde nie meer so gereeld by die skool kan kom inloer nie. Ek kry so min die geleentheid om vir julle te vertel en te wys wat alles t.o.v. die akademie op ‘n daaglikse basis by die skool plaasvind. Wees verseker dat ons toegewyde opvoeders ‘n baie hoë standaard handhaaf wanneer dit by die kurrikulum kom. Dus wil ek graag my besoek verlede week aan die Graad 7’s tydens Engels Huistaal by juffrouens Charlene en Mardry met julle deel. Die twee juffrouens behandel tans formele vergaderingsprosdures met hul onderskeie klasse en die leerders speel aktief die onderskeie rolle wat in ‘n normale, formele vergadering geskied. Die interessante agenda en storielyn is as volg: “Agenda and meetings between residents and Count Dracula in London.” Juffrou Charlene het ‘n indrukwekkende toneelstuk geskryf wat afspeel in die woonbuurt van Whitby. Die bevreesde inwoners is paniekerig oor die gerugte dat ‘n gevreesde vampier die oorsaak is van inwoners wat daagliks net eenvoudig spoorloos verdwyn. Selfs twee geliefde onderwysers het soos mis voor die son verdwyn. Die burgemeester van Hamelin en die “Pied Piper” met sy rooi-oog rotweermag word ook in die intrige betrek. Die leerders kry die geleentheid om tydens die omstrede vergadering al die bogenoemde rolle te vertolk insluitend die rol van die sjarmante “Count Dracula”, wat die hoofverdagte is. Verder word rolle onderverdeel as prokureurs, plaaslike vissermanne, polisiemanne, dr. Seward, ‘n plaaslike sielkundige, ‘n vroulike gastehuiseienaar asook ‘n verteenwoordiger van die Diere Beskermingsvereniging. Die burgemeester van Hamelin dui met groot entoesiasme aan dat sy bereid is om van elke vampier in die woonbuurt ontslae te raak in ruil vir ‘n smaaklike ham toebroodjie. Die inwoners het weens finansiële uitdagings besluit dat hulle nie kaas en tamatie ook op die ham toebroodjies kan bekostig nie!

Groot was my verbasing nie om te ervaar hoe ons Graad 7’s met oorgawe hul onderskeie rolle vertolk nie. My mond het letterlik oopgehang oor hul veerkragtige vermoë om vinnig op hul voete te dink en sinvol te redeneer, en dit in Engels! ‘n Swaar, Britse aksent word tydens die vergaderinge gebesig wat in my geestesoog iewers gedurende die Shakespeare-era afspeel. Baie dankie juffrouens Charlene en Mardry wat konstant hard werk om ons hoë standaarde by Engels Huistaal te alle tye te handhaaf sodat ons Jannies die vrugte daarvan kan pluk! Hierdie is maar net een van my wonderlike ervarings die afgelope tyd in die klaskamer. Akademie is ons kernbesigheid. Wees verseker dat jul kinders ‘n veilige hawe van puik onderrig en omgee geniet.

Ek sal nie sommer ‘n leerder uitsonder nie, want vir my is al die Jannies ewe belangrik, maar ek sal my plig versuim indien ek nie iets oor die merkwaardige prestasies van Jan Karsten (Gr.7) die afgelope tyd met julle deel nie. Jan is nie net die huidige o/14 SA Skaakkampioen nie, maar hy het ook op Vrydag, 13 Augustus 2021, ‘n spesiale Wiskunde toekenning by die skool deur ‘n afvaardiging van die WKOD asook die HUB van Horizon ontvang. Jan het ‘n eerste plek uit 25 000 inskrywings in die Wes-Kaap vir die jaarlikse Horizon Wiskunde Olimpiade behaal. Hy het ook in die teenwoordigheid van sy trotse ouers (Suna en Eben) ‘n spesiale sertifikaat, ‘n goue medalje asook ‘n splinternuwe iPad vir sy ongelooflike prestasie ontvang. Welgedaan, Jan! Ons is saam met jou ouers baie trots op jou! Daar lê beslis vir die jonge heer ‘n blink toekoms voor!

Verder wil ek ook die beheerraad hartlik bedank vir die BR-vergadering wat op Maandag, 16 Augustus, plaasgevind het. Tydens hierdie vergadering is onder andere die terreinplan van die skool bespreek. Die beheerraad het ongelooflike visie om die infrastruktuur van die skool so aan te spreek dat die vloei van sisteme op die perseel meer effektief kan geskied. Andries Viljoen dryf tans die projek saam met ‘n komitee van ouers. Ons sal binnekort meer inligting in die verband met julle deel. Daar lê ‘n baie opwindende tyd vir JvR voor om te verseker dat ons byvoorbeeld spasie meer effektief tot voordeel van ons leerders gebruik.

Graag sluit ek af met die bekende aanhaling deur Dean Koontz rakende ons waarde van die maand, nl. verantwoordelikheid: “The world howls for social justice, but when it comes to social responsibility, you sometimes can’t even hear the crickets chirping.”

Geniet jul naweek en wees veilig.

/ Algemeen, Nuus, Snoepie Spyskaart

Ons streef daarna om die snoepie se disse interessant te hou en het weer vir volgende week ‘n nuwe spyskaart vir die leerders saamgestel. Die gewildste dis, spaghetti, maak egter steeds sy verskyning. Bestellings kan weekliks deur die Karri-toepassing gemaak word en sluit Sondae om 17:00 vir die volgende week. Indien ouers nie enige uitnodigings vir hierdie snoepie-versamelings ontvang nie, stuur asb. ‘n e-pos aan snoepie@jvrprim.co.za.

/ Algemeen, Nuus

Vrydag, 3 September 2021, is Loslitdag!

Tema: Durf & Deernis met Disney – Trek aan soos jou gunsteling Disney-karakter.

Betaal R20 vir ‘n loslitdag plakker om Vrydag, 3 September, sivvies volgens die tema aan te trek! Plakkers is vanaf Maandag, 23 Augustus, op die Karri-toep beskikbaar.

Fondse word ten bate van die Paarl-ontwikkelingskool ingesamel.

/ Algemeen, Nuus

Ek hoop en vertrou almal het ‘n heerlike lang naweek geniet en nie vergeet om die Nasionale Vrouedag op 9 Augustus hoog te ag aangesien die spesiale dag die baanbreker bydraes van vroue oor die jare in Suid-Afrika vier. Dit was terselfdertyd ‘n ideale geleentheid om opnuut oor die regte van vroue in ons pragtige land te besin. Baie dankie vir al die Jannies en personeel wat op Dinsdag, 10 Augustus, pers klere aangetrek het om die spesiale dag te ondersteun.

Terwyl ons die naweek terdeë geniet het, was daar egter ‘ongekende pyn’ in die Britse en Ierse Leeus-kamp met die Springbokke wat die 3de en beslissende toets in Kaapstad met 19 – 16 gewen het. Die Bokke het beslis karakter getoon, die Leeus se stert geknoop en gewys waarom hulle die 2019 Wêreldbeker Kampioene is. Ek is seker daar sal nog lank oor die deurslaggewende bydraes van die immergroen Morné Steyn en die fenomenale Cheslin Kolbe rondom braaivleisvure gepraat word. Vrydag, 6 Augustus, was dit lekker gewees om te sien hoe die Jannies en personeel in groen geklee skool toe gekom het ter ondersteuning van die Bokke se titaniese stryd die volgende dag.

Ek het ook op Woensdag, 11 Augustus, die voorreg gehad om die balkies aan ons 2021 biblioteek-monitors in my kantoor te oorhandig. Ek het hulle by voorbaat bedank vir hul goeie werk en toewyding om die leeskultuur by Laerskool Jan van Riebeeck verder uit te bou. Dus doen ek ‘n beroep op ons ouers/voogde om jou kind/ers aan te moedig om te lees. Help hulle om nuwe woorde te leer en woordeskat te bou. Lees sal ons Jannies help om agter te kom hoe stories geskryf word, en dit beteken dat hoe meer hulle lees, hoe beter skryf hulle. Ek glo julle sal saamstem dat lees die een tydverdryf is wat altyd meer terug gee as wat jy hoef in te sit. Probeer jou kind/ers ‘n bietjie weghou van elektroniese toestelle en tablette deur ‘n boek te lees. Ek erken dat digitale inligting ook sy voordele het, maar die lekkerte om ‘n boek vas te hou, om die reuk van die bladsye te ervaar en jouself te verdiep in die storie, is soveel beter as om te wonder watter beeld die volgende klik op die muis gaan voortbring.

Voor v.l.n.r.: Lea de Ridder, Markus de Ridder, Kate Mouton, Luja Marx, Sophie Wasserman, Lara Warren en Anna Dawes. Agter v.l.n.r.: mnr. Beets, Stella Bojé, Liza Hitge, Cara Swanepoel, Albert Griesel en juf. Gerber. Afwesig: Mia Cruywagen

Ons skool se waarde vir die maand is: verantwoordelikheid. Dit gaan gepaard met die kleur van groen. Ons doelwit vir die maand is om ons Jannies en personeel te leer om te alle tye verantwoordelik op te tree en eienaarskap vir ons aksies te neem. Moderne tye het ongelukkig ‘n selfgesentreerde generasie geskep wat aanhoudend aandring op meer en meer regte, maar nie bereid is om dit te balanseer met die gepaardgaande verantwoordelikhede nie. Dus doen ek ‘n ernstige beroep op julle om ons opvoeders ook by te staan met die uitdagende proses om ons Jannies te leer dat elke besluit wat ons neem en elke aksie wat ons uitvoer, bepaalde gevolge vir die toekoms inhou.

Graag sluit ek af met die bekende aanhaling deur Abraham Lincoln rakende ons waarde van die maand: “You cannot escape the responsibility of tomorrow by evading it today!”

Geniet jul naweek en wees veilig.

/ Algemeen, Nuus

Ons liewe juffrou Andri Baird het die afgelope naweek aan Johan de Villiers van die wynplaas, Klein Roosboom, verloof geraak. Ons is baie opgewonde om hierdie goeie nuus met haar te deel!

Dis ook heerlik om te noem dat juffrou Lucia de Jager se oudste dogter, Nita, wat 5 jaar gelede hier by ons die hoofdogter was, as een van die Top 10 finaliste van SARIE NuweGesig 2021 aangewys is. Ons is baie trots op hierdie oud-leerder!

/ Algemeen, Nuus

Vir 18 jaar was tannie Marie de Kock dié rooikoptannie wat vir ons leerders met huiswerkklasse gehelp en ondersteun het. Haar geselsies en kundigheid ten opsigte van spesifiek Afrikaans sal ons nie sommer vergeet nie. Ons medelye gaan aan haar dogter, Kai, en naastes wat haar verlede Vrydagoggend aan die dood moes afstaan. Ons sal haar nog lank in ons Jannie-gedagtes bly koester.

/ Algemeen, Nuus

/ Algemeen, Nuus

Tyd gaan ongesiens vinnig verby. Ons het die einde van die 2de week van die 3de kwartaal asook die aanbreek van ‘n nuwe maand binne ‘n oogwink bereik. Ons beleef tans ongekende tye, maar terselfde tyd word veral ons sportliefhebbers lekker bederf met die 2020 Olimpiese Spele wat ons daaglik op die skerms vermaak. Die “gekweste” Springbokke het die afgelope naweek die Britse en Ierse Leeus teen die toue gehad en wen die tweede toets in ons agterplaas met 27 – 9, nadat hulle rustyd 9 – 6 agter was. Wonderlik om te weet dat hierdie geskiedkundige oorwinning tot nasiebou en nasietrots lei wat ons kwesbare land op die stadium so desperaat nodig het.

Trots is ons beslis ook op ons Suid-Afrikaanse Olimpiese medalje-wenners , naamlik die swemsensasie Tatjana Schoenmaker wat goud en silwer gewen het asook Bianca Buitendag wat ‘n silwer medalje vir branderplankry verower het. Tatjana word die eerste Suid-Afrikaanse vrou in 25 jaar sedert Penny Heyns, wat weer goud in swem kon verower en dit met ‘n nuwe wêreldrekord vir die 200m borsslag vir vroue. Hul merkwaardige prestasies kon nie op ’n beter tyd kom nie, aangesien ons op Maandag, 9 Augustus 2021, Nasionale Vrouedag vier. Alhoewel die publieke vakansiedag ‘n lekker meevallertjie is met ‘n lekker langnaweek wat daarmee gepaard gaan, moet ons nie vergeet wat die spesiale dag se historiese konteks behels nie. Met Vrouedag in Suid-Afrika bring ons hulde aan ons nasie se vroue wat op 9 Augsutsus 1956 ‘n optog na die Uniegebou in Pretoria gelei het om teen die voorgestelde paswette te protesteer. Die optog is ‘n herinnering aan alle vroue wat Suid-Afrika help bou het sowel as die baanbrekervroue wat vandag nog steeds ons pragtige land na hoër hoogtes lei. In my beskeie opinie moet daar nog baie gedoen word om die regte van vroue in ons land te erken en gelyke geleenthede te skep aangesien die realiteit van baie vroue in ons land steeds nie rooskleurig is nie. Kom ons maak Vrouedag baie spesiaal vir die wonderlike vrouens in ons lewens!

Jammer dat ek weer die pandemie opbring, maar ek wil ‘n ernstige versoek rig dat ons nog steeds die Covid-19 protokol, veral by die skool, ernstig moet eerbiedig. Dus versoek ek om asseblief nie wanneer julle jul kinders by die skool kom op- of aflaai uit jul voertuig te klim nie. Dit moet meer die uitsondering as die reël wees. Ek verstaan soms het kinders hulp nodig om hul rugsakke uit die kattebak te kry. Wat my egter pla, is dat ouers/voogde/au pairs nou ewe skielik makliker uit hul voertuig as te vore klim en dit dikwels sonder maskers om geselsies aan te knoop. Die Wes-Kaap gaan nog steeds ernstig gebuk onder skerp stygende infeksiesyfers en ons kan nie nou ons louere laat sak nie. Al het ons inentings ontvang, is ons nog almal kwesbaar. Baie dankie vir julle samewerking in die verband.

Nuwe Covid-regulasies rakende buitemuurse aktiwiteite is aan skole gestuur waar ons toegelaat word om buitemuurse aktiwiteite versigtig en verantwoordelik weer te begin. Dus sal wintersportoefeninge op Dinsdag, 10 Augustus 2021, begin. Verder ontvang julle vandag saam met jou kind se rapport ook ‘n buitemuurse program vir die kwartaal. Let wel dat daar volgende week net skoolsport op Dinsdag, 10 Augustus, is aangesien Maandag ‘n publieke vakansiedag is en ouerafsprake op Woensdag, 11 Augustus, en Donderdag, 12 Augustus, plaasvind. Sport gaan dan weer op Maandag, 16 Augustus, voort. Ek het nog een laaste versoek aan ouers/voogde/au pairs wat lank voor die skooldag eindig, in hul voertuie op die skoolperseel wag vir die skool om uit te kom, om asseblief so te parkeer dat dit nie die vloei van verkeer belemmer nie. Parkeer asseblief sover as moontlik weg van die rooilyn wat die deurvloei aandui.

Ons innige simpatie met die heengaan van tannie Marie de Kock wat vir jare so getrou ekstra akademiese ondersteuning aan ons leerders gebied het.

Graag sluit ek af en wil ek vra dat julle ook vir Rentia (Kunsjuffrou) en Anet (arbeidsterapeut) in jul gebede hou, aangesien hulle onderskeidelik hul pa en suster onverwags die week aan die dood moes afstaan. Ek gaan nou soos ‘n ou platespeler klink wat vashaak, maar kyk mooi na jou geliefdes en spandeer tyd saam met hulle – die lewe is kort! David Wilkerson sê: “Liefde is nie iets wat jy voel nie, maar eerder iets wat jy doen!”

Geniet jul naweek en wees veilig.

/ Algemeen, Nuus

Ons glo dat almal ‘n heerlike wintervakansie geniet het en dat dit instrumenteel was om die spreekwoordelike batterye te herlaai sodat ons die nuwe kwartaal met geesdrif en ywer kan aanpak. Die opwinding was groot om al ons Jannies op Maandag, 26 Julie, terug by die skool te verwelkom. Vrolike kinderstemme het die aanbreek van die nuwe kwartaal luidkeels in die stadskom aangekondig met Seinheuwel wat ons van ouds dophou. Ek wens al ons Jannies, ouers/voogde en personeel ‘n wonderlike en voorspoedige kwartaal 3 toe.

Die afgelope drie weke skoolvakansie het gepaard gegaan met ongekende gebeurtenisse soos:

  • die skielike instelling van vlak 4-inperking wat verskeie besighede finaal lam gelê het;
  • die vroeër sluiting van skole, asook die verlenging van die vakansie tydens die vakansie waaroor die meeste mense nie gekla het nie;
  • politieke insidente soos onder andere die minagting van die hof wat skokkende plundery tot gevolg gehad het;
  • onbeplande beurtkrag wat die reeds kwesbare ekonomie verder op sy knieë het;
  • sinnelose taxi-geweld in die Wes-Kaap
  • geweldige toename in Covid-19 verwante sterftes as gevolg van die Delta-variant.

Die bogenoemde skets ‘n geweldige negatiewe prentjie, maar die veerkragtigheid en aanpasbaarheid van die Suid-Afrikaner om menigte krisisse te oorwin en veral die omgee en kreatiwiteit van ons skoolgemeenskap laat hom nie onderkry nie en skep ongelooflike hoop! Ons het weer eens nie toegelaat dat die Covid-19 pandemie ons vrese verteenwoordig nie, maar eerder ons uitsonderlike vermoë om krisisse te oorwin.

Groot was die skok vir ons skoolgemeenskap met die aanvang van die vakansie toe ons te hore kom dat ons Hoof van die Grondslagfase, Benita Smit, letterlik by die dood omgedraai het nadat ernstige komplikasies na afloop van ‘n roetine operasie ingetree het. Ons is vas oortuig dat die krag van gebed tot ‘n wonderwerk gelei het. Menigte het vir haar gebid en die personeel het 2 keer tydens ‘n virtuele gebedsgroep met geloof gebid, want haar prognose was nie goed nie. Benita het egter deur die genade van Bo wonderbaarlik herstel en die nuwe prognose is dat sy volkome oor tyd sal herstel en daarvoor is ons so dankbaar. Sy het selfs die skoolbestuurvergadering op Donderdag, 22 Julie, bygewoon. Benita is egter deur heelwat trauma en daarom is sy vir die hele kwartaal medies afgeboek sodat sy volkome kan herstel. Juffrou Anja gaan haar klas die kwartaal waarneem. Ons wens Benita ‘n spoedige en volkome herstel toe.

Dit is vir my verblywend om ook aan te kondig dat die opgradering van die seuns- en dogtersbadkamers suksesvol tydens die vakansie afgehandel is. Sien gerus ingeslote foto’s en graag wil ek weer vir Stephanie le Roux en Ria Hertzog hartlik bedank wat die projek geïnisieer het asook fondse daarvoor bekom het. Ons is baie dankbaar en trots op die nuwe geriewe.

Verder is ‘n dit vir my ‘n voorreg om met julle te deel dat Jan Karsten die SA-Span (JIMCOBSA) verteenwoordig op 29 Julie 2021 deur aan ‘n internasionale aanlyn-wiskundetoernooi deel te neem waarvan Indonesië die gasheer sal wees. Jan, ons hou vir jou duimvas! Jy maak ons so trots!

Graag sluit ek af en wil ek graag almal bedank wat hul medelye betoon het met die afsterwe van my Pa op Sondag, 25 Julie 2021. Ek is baie dankbaar vir almal se oproepe, ondersteuning en gebede die afgelope week en dit spreek boekdele van ons omgee skoolgemeenskap. Die hartseer is dat beide my ouers nou oorlede is en dit laat ‘n mens baie kwesbaar voel. Ek besef onmiddellik dat ek nie meer die telefoon net eenvoudig kan optel en net gou vinnig hallo sê nie of sommer net gou weer ‘n bietjie raad vra nie of net lekker gesels nie. Indien jou ouer(s) nog leef, doen die ekstra moeite om meer as gereeld hulle te besoek of te kontak, want daar kom ‘n dag wat jy nie meer sal kan nie, en dan wil ‘n mens nie enige verwyte hê nie. Dus sluit ek af met die volgende aanhaling: “Love your parents. We are so busy growing up, we often forget they are also growing old.”.

/ Algemeen, Nuus

Op Vrydag, 6 Aug., word daar van elke kind ‘n individuele foto geneem wat ons sal gebruik om in die Feesboek te plaas. Leerders moet Vrydag met hul feeshempies skool toe kom. Ons sal later meer inligting rakende die feesboek gee.

/ Algemeen, Nuus

Die graad 7-groep doen ‘n beroep op alle leerders om hulle fondsinsamelingsprojek te ondersteun. Ons gaan elke Vrydag in tweede pouse pannekoeke verkoop. Bestellings kan op Karri geplaas word.

/ Algemeen, Nuus

Daar is weer hierdie kwartaal vir ouers ‘n geleentheid om onderwysers op 11 & 12 Augustus te kom sien. Die skool sal op hierdie dae om 12:45 vir Gr.1-3 en 13:00 vir Gr.4-7 sluit. Die bus sal om 13:05 vertrek.

Neem kennis dat die leerders in die Grondslagfase se ouers nie die Google Form hoef in te vul nie en dat hulle Maandag, 2 Augustus, ‘n e-pos sal ontvang wat hul afsprake verduidelik.

Kliek HIER om ‘n afspraak met ‘n onderwyser in die intersenfase te maak.

/ Algemeen, Nuus

Dit is vir ons heerlik om al ons kinders en personeel terug by die skool te ontvang. Ons verlang na ons ouers / voogde en hoop om binnekort meer samekomste te kan geniet.

Ons kan ook rapporteer dat ons leerders goed op datum is met die kurrikulum en hulle akademies uitstekend vorder te midde van die Covid-pandemie-uitdagings.

Dit is ongelukkig ook so dat ons uitstaande debiteure buitengewoon hoog is en dat daar te veel van ons ouers is wat vanjaar te stadig of glad nie skoolfonds betaal nie.

Bykans 80% van ons personeel word deur die skool self betaal en nie deur die onderwysdepartement nie. Skoolfondsontvangste is die ruggraat van ons aanbieding en dienslewering.

Daar is ‘n vrystelingsbeleid in plek vir ouers wat, binne voorgeskrewe maatreëls, nie die skoolfonds kan bekostig nie. Daar is dus geen verskoning vir ouers wat nie skoolfonds betaal nie.

Weens die dringendheid van die saak sal ons nuut-gekoöpteerde tesourier, Marili Thomson, met alle agterstallige debiteure in verbinding tree.

Ons vra julle samewerking in die verband sodat ons die skool in al ons leerders, personeel en ouers se belang ten beste kan bestuur en uitbou. Ons sê ook baie dankie vir ons vele ouers wat getrou hulle skoolfonds betaal.

Vriendelike groete,

Naas Beets
Skoolhoof

Merwe Scholtz
BR-Voorsitter

Marili Thomson
Tesourier

Belangrike Datums

september 2026

14sep00:0023:59Krieket: o.13A vs Brackenfell (WEG)

14sep(sep 14)00:0015(sep 15)23:59Konsert: Optrede 1

14sep(sep 14)00:0018(sep 18)23:59Skool verdaag om 13:00 (Hele week)

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep08:0008:30Algemene Kennis toets

15sep18:3020:00Konsert: Optrede 2

16sep18:3020:00Konsert: Optrede 3

17sep18:3020:30Konsert: Optrede 4 (Grand Finale)

20sep(sep 20)00:0019(sep 19)23:59Heidré Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep09:0010:00Kultuursaal

21sep10:3011:00Skrywersbesoek - Silas en die ysbeer op Tafelberg (Annie Klopper en Zandré Coetzer)

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag - Grondslagfase

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

22sep08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

23sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

12okt00:0023:59WKOD: Sistemiese Toetse

13okt12:4513:45Matrieksaal

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

16okt00:0023:59Atletiek: De Hoop

16okt08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt(okt 23)00:0022(okt 22)23:59Skaak: Panorama Skaaktoernooi

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

24okt00:0023:59Krieket: Minikriekettoernooi by Stellenbosch (o.7 - o.9)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

29okt00:0023:59Krieket: o.13A & B vs Curro Durbanville

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4life: Leerderraad (LsJvR)

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:30Lead4Life (gr.6)

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

21jun08:0008:30Lead4Life (gr.4)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun08:0008:30Lead4Life (gr.5)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer