Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Ek glo almal het ‘n heerlike Paasnaweek geniet en in die proses sommer ook lekker gerus en kwaliteit tyd saam met jul gesinne spandeer. ‘n Langnaweek is altyd ‘n lekker meevallertjie om die spreekwoordelike batterye ten volle te herlaai en ‘dinge’ te doen waarvoor ‘n mens normaalweg nie tyd voor kry nie. Die goeie nuus is dat daar binnekort nog ‘n langnaweek voorlê, maar of die Suid-Afrikaanse ekonomie dit op die stadium van die geveg nog verwelkom, is ‘n ander vraag.

Volgende week op 27 April 2022 vier ons Vryheidsdag. Hierdie openbare vakansiedag word jaarliks op 27 April herdenk ter herinnering aan ons pragtige land se eerste demokratiese nie-rassige verkiesing wat in 1994 plaasgevind het. Ons vier dus ons land se demokrasie op die spesiale dag. Baie gesinne braai dalk op die dag, ander vier dit met kunste en feeste. Sommige besoek interessante plekke wat die stryd teen demokrasie in Suid-Afrika eer, byvoorbeeld die besoek aan Robbeneiland, waar die ikoon Nelson Mandela gevange gehou was. Hoe ook al jy Vryheidsdag gaan vier, kom ons daag mekaar uit tot gemeenskaplike lojailteit teenoor ons land. Kom ons reik meer uit, gee meer om, het meer empatie en wees meer dankbaar. So dikwels is dit net lippetaal, maar ons vergeet dat die mag om dit te kan verander binne ons vermoë lê om ‘n verskil in mense se lewens te maak.

Op Donderdag, 21 April, het ons eerste hokkie-ligawedstryde vir die kwartaal plaasgevind en op Maandag, 25 April, vind die eerste liga-wedsryde vir netbal plaas. Ons wag nog egter vir die WP Rugby Unie om vir ons die rugbywedstryde se datumlys vir hierdie kwartaal te voorsien. Die jaarlikse kleiduif-skietkompetisie het ook op Donderdag, 21 April 2022, by die Valley Gun Club te Agter Paarl plaasgevind. Baie dankie aan ons hoofborg, naamlik Safari Outdoor (LJ le Roux), wat die dag moontlik maak. Graag wil ek vir Stephanie le Roux en Ria Hertzog hartlik bedank wat die gesogte dag reël. Reëlings was puik en die deelnemers het hul gate uit geniet. Sommige van ons het gou besef dat hierdie sportkode spesiale vaardighede en vernuf vereis wat jy nie sommer oornag kan aanleer nie.

Graag herinner ek julle aan môre se Kaperjolle wat vanaf 12:00 by die skool plaasvind. Kom ondersteun asseblief die pretdag met baie aktiwiteite vir kinders en smaaklike lekkernye om aan te smul. Hierdie fondsinsamelingsprojek word deur Ria Hertzog en haar OOV-span gereël en dit bied ons skoolgemeenskap ‘n ideale geleentheid om sommer lekker saam te kuier. Covid-19 het ons vir so lank van heerlike samesyn beroof.

Ek sluit dan af met die volgende bekende aanhaling van Allanah Hunt rakende ons kernwaarde van die kwartaal, naamlik verantwoordelikheid:

“It is only when you take responsibility of your life, that you discover how powerful you are.”

Geniet ‘n wonderlike naweek en sien julle môre by die gewilde Kaperjolle.

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Die einde van die akademiese week bring ons by die begin van ‘n hele klompie opeenvolgende langnaweke wat ‘n heerlike meevallertjie is. Natuurlik is die komende langnaweek, Paasnaweek, en die afgelope weke het ons honderde paaseiers ingesamel wat ons aan die Lions Gemeenskapsorganisasie geskenk het om ‘n klein verskilletjie in die lewens van behoeftige kinders te maak. Net as jy gewonder het waar die gebruik van paaseiers vandaan kom, haal ek graag die volgende aan:

Paaseiers het ‘n baie lang geskiedenis en die gebruik het reeds voor die geboorte van Jesus begin. Eiers was nog altyd gesien as die simbool van ‘n nuwe lewe. Soos wat die Christendom versprei en gegroei het, is die eier al meer gesien as ‘n teken van Jesus se opstanding uit die graf. Die gebruik om eiers van sjokolade te maak, het in die 19e eeu in Frankryk en Duitsland begin. Die eerste sjokolade-eiers wat op groot skaal gemaak is, was deur Cadbury’s in Engeland. Gebruik gerus ‘n hol (leë) paaseier om vir jou kind te leer dat die graf leeg was, soos wat die eier binne leeg is, en dat Jesus lewe.

Die week het ons ook amptelik afgeskop met die wintersportprogram. Verlede Vrydag het ons o/13-hokkiespanne (seuns en dogters) aan ‘n toernooi te Laerskool Van Riebeeckstrand deelgeneem. Alhoewel die uitslae nie na wense was nie, het ons spelers dit vreeslik geniet. Op Saterdag, 9 April 2022, het ons o/10-netbalspan aan ‘n o/10-toernooi te Laerskool Durbanville deelgeneem. Ons dogters het die toernooi puik afgeskop en die eerste wedstryd teen Laerskool Vredekloof met ‘n telling van 13 -1 te wen. Die o/10-span het verder op die dag puik gevaar deur 3 van hul 4 wedstryde te wen. Baie geluk aan die spelers en die afrigters, naamlik Juffrouens Bibi en Suné wat hulle vergesel het.

Verder skop ons die week af met ‘n opwindende besoek deur Ivan Botha, bekende akteur, regisseur en skrywer op Maandag, 11 April. Hy het ‘n spesiale aanbieding vir die Graad 7’s in die saal gelewer wat hoofsaaklik oor Afrikaans en Drama gehandel het. Ivan is ook ‘n ouer by ons en het soveel moeite gedoen om vir die Graad 7’s te verduidelik wat die vermaakliksheidsbedryf behels asook die loopbaanmoontlikhede daaraan verbonde. Hy is ook ‘n groot voorstaander van lees en het ook hierdie spesifieke passie met hulle gedeel. Baie dankie, Ivan, vir jou kosbare tyd en die besonderse wyse van jou aanbieding om dit vir die Graad 7‘s interessant en relevant te maak. Baie dankie, Marinda, vir die wonderlike inisiatief en reëlings. Op hierdie manier streef ons daarna om akademie te verryk en word vakke graag geïntegreer om ‘n puik geleentheid vir leer te skep.

Week 2 sluit dan verder nog kultuuraktiwiteite in met die interne redenaarskompetisie vir Gr.2 – 7-leerders wat vanaf 11 – 13 April geskied het. Ons leerders is so talentvol en praat met die grootste gemak voor die gehoor om hul standpunt met verskeie argumente suksesvol te verdedig. Ek is nog steeds stom geslaan met ons leerders se puik redenaarsvermoë, die selfvertroue en die spitsvondigheid. Hou so vol! Ons is baie trots op julle en baie dankie, Juffrou Andri, vir die puik reëlings hieraan verbonde.

Graag wil ek ook vir Marc Jooste (Gr.1-ouer en argitek) wat my help met ‘n estetiese projek om die ingang van die skool (voorkant/voorportaal van die saal), langs die nasorg wat toegang gee tot die snoepie en saal te verfraai. Die beoogde kostes beloop ongeveer R60 000 en indien jy as ouer/voog ‘n finansiële bydrae tot die projek wil maak, kontak my gerus per e-pos (skoolhoof@jvrprim.co.za), by voorbaat dankie. Ons is baie trots op ons pragtige en historiese skoolgebou, maar vergeet dikwels dat dit 100 + 1 jaar oud is, wat dus gereelde onderhoud en opgradering vereis.

Ek sluit dan af met die volgende inligting rakende die Paasnaweek:

“Paasfees is een van die belangrikste gelowige feeste in die Christelike kerklike jaar. In die Christelike geloof vier dit die opstanding van Jesus Christus wat op die derde dag na Sy kruisiging uit die dood opgestaan het. Op hierdie grootste van Christenfeeste, vind daar verskeie oorlewerings van antieke seremonies plaas. Paasfees, die paashaas en paaseiers is eeue ouer as die Christendom oor na jou hart.”

Geniet ‘n wonderlike en geseënde Paasnaweek en indien julle reis, wees asseblief veilig.

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Hierdie kwartaal behandel ons die waarde Verantwoordelikheid en die kleur is groen.

Die simbool vir Verantwoordelikheid is ‘n spekboom.

Ons fokus op drie afdelings:

  • Ek is verantwoordelik vir my skoolwerk (myself)
  • Ek is verantwoordelik vir sekere take by die huis
  • Ek/ons is verantwoordelik vir die aarde/my omgewing

/ Algemeen, Nuus

Sien hier onder die proses wat met verlore goedere by die skool gevolg word. Die skool kan ongelukkig nie vir swak-, verkeerdelik of ongemerkte items verantwoordelik gehou word nie. Ons poog wel om gemerkte verlore goedere, so spoedig moontlik aan hul eienaars terug te besorg.

Proses:

  1. In die eerste periode op ‘n Woensdag en Donderdag word gemerkte verlore items (wat op die tafel beland het) aan leerders terugbesorg.
  2. Alle items wat nie gemerk is nie, word in die kaste gepak.
  3. Aan die einde van die kwartaal, word alle swak / verkeerdelik gemerkte / ongemerkte items wat in die kaste is, by die verlore goedere-uitstalling beskikbaar gestel.
  4. Alle items wat nie op die dag van die uitstalling geëis word nie, word geskenk.

Ongelukkig hoop verlore goedere vanaf Donderdagoggende na Woensdagoggende op. Indien die verlore item nie in die kaste of op die verlore goedere tafel is nie, is ouers welkom om ‘n e-pos na biblioteek@jvrprim.co.za te stuur.

/ Algemeen, Nuus

Op Dinsdag, 5 April, het alle publieke skole in die Wes-Kaap hul deure vir kwartaal 2 heropen. Ek het die wonderlike voorreg gehad om al die leerders die oggend om 07:45 in die saal by die skool te verwelkom en ‘n boodskap oor die kernwaarde vir kwartaal 2 naamlik verantwoordelikheid met hulle te deel asook om vir hulle ‘n wonderlike en voorspoedige kwartaal toe te wens.

Dit is werklik ‘n riem onder die hart om te sien en te ervaar dat ons leerders skool gemis het en hulle werklik bly is om terug te wees, want hulle geniet die skool in al sy fasette. Hulle kon nie wag om die wonderlike vakansie-ervarings met my en hul opvoeders te deel nie. Die graad 7’s het vanaf 29 Maart tot 3 April tydens die jaarlikse Maart/April-vakansie op die Oranjerivier roeitoer gegaan en hulle kan nie ophou praat oor die fantasiese en leersame ervaring saam met hul ouers nie. Dit gee ook die geleentheid vir ouers om mekaar beter te leer ken. Ek doen ‘n beroep op al die huidige Graad 6-ouers om dit ernstig te oorweeg om in 2023 vir die onvergeetlike ekskursie saam met jou kind/ers in te skryf.

Kwartaal 2 is ook die begin van die wintersport en ons kan nie wag om aan wedstryde en toernooie deel te neem nie. Ons wag vir die onderskeie WP Unies om die wintersport datumlyste beskikbaar te stel. Sportdae en toernooie is reeds op die skoolkalender geplaas. Graag verwelkom ons die afkondiging van President Ramaphosa dat die Covid-19 siftingproses vir eers opgehef is en dat maskers slegs binnenshuis gedra moet word. Hopelik is die dra van maskers ook binnekort iets van die verlede.

Kwartaal 2 word ook tradisoneel gekenmerk met ‘n assesseringstydperk vir graad R – 3 en ‘n eksamen vir graad 4 – 7. Wees verseker dat ons voorsiening tref om ons leerders behoorlik vir die assesserings en eksamens voor te berei. Ons opvoeders is gereed om die ekstra myl te loop om ons Jannies betyds toe te rus, ‘n kalm en rustige leeromgewing te skep om die spreekwoordelike ‘eksamen-bul’ by die horings te pak. Die afgelope week (6 & 7 April) het julle ook die geleentheid gekry om ‘n afspraak met jou kind/ers se opvoeder tydens die belangrike ouerafsprake te maak. Graag wil ek julle as ouers/voogde bedank wat so getrou die ouerafsprake bygewoon het. Verder wil ek julle asseblief uitnooi om aktief by jul kind/ers se akademie betrokke te bly deur gereeld deur hul werkboeke te blaai en gereelde kontak met die spesifieke klasopvoeder te behou. Leerders se leer en onderrig is ‘n spanpoging en kollektief wil ons saam met julle jul kinders se potensiaal maksimaal ontgin.

Kwartaal 2 sluit dan ook twee belangrike fondsinsamelingsprojekte in naamlik die Veiling op Saterdag, 4 Junie, en die Kaperjolle op Saterdag, 23 April. By voorbaat baie dankie vir die ondersteuning en groot dankie aan Coreen Scholtz en Esna Boshoff wat vir ons die veiling hanteer asook Ria Hertzog en die OOV wat die Kaperjolle hanteer. Verder geskied die kleiduif-kompetisie op Donderdag, 21 April 2022, en baie dankie aan Stephanie le Roux en Ria Hertzog wat dit reël. Ons sien almal uit na die opwindende geleenthede!

Ek sluit dan af met die volgende aanhaling rakende verantwoordelikheid:

“Jy alleen is in beheer van jou eie geluk. Geen mens op die aarde kan daarvoor verantwoordelik gehou word nie. Geluk en tevredenheid begin in jou gedagtes en spoel oor na jou hart.”

Geniet ‘n wonderlike naweek. Sterkte aan ons o/13-hokkiespelers wat vandag aan ‘n toernooi te Laerskool Van Riebeeckstrand deelneem asook die o/10-netbalspan wat môre te Laerskool Durbanville deelneem.

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Die graad 7-leerders gaan drie roomysverkope hierdie kwartaal hou as deel van hul fondsinsameling vir hul afskeid aan die einde van die jaar. Die roomyse sal teen R10, R15 en R20 verkoop word.

Die datums is as volg:
Vrydag, 8 April
Donderdag, 14 April
Vrydag, 22 April

/ Algemeen, Nuus

Alle Graad 6-ouers/voogde

Ons wil solank aan die Oranjerivier roeitrip vir die Graad 7’s van 2023 begin reël. Daar is ‘n voorlopige bespreking vir vroeg in die Aprilvakansie. Alle ouers met kinders in graad 6 moet asb. die vorm invul, selfs al gaan julle nie saam roei nie. 

GOOGLE FORM

/ Algemeen
Inligtingsessie: Kinders & Sosiale Media

Hierdie sessie word gratis vir graad 5 – 7 leerders tydens skoolure aangebied. Ouers kan R50 op Karri betaal om dit op 10 Mei om 18:00 by te woon.

 

/ Algemeen, Nuus

Beste Ouers/Voogde

Met die einde van 2021 se dolheid, het ons nooit die strategiese vraelys se opsomming aan julle kommunikeer nie. Baie dankie vir julle deelname – dit is lekker om sulke gemoedelike en oop kommunikasie met ouers te hê.

Hier is dit nou: Ons is vreeslik bly om te kan sê ons kinders is steeds gelukkig in die skool en dat ons ouers veral tevrede was met hoe die pandemie hanteer is. Dit is veral verblydend dat ouers nie bekommerd is oor hul kinders se akademiese vordering nie – ten spyte van die pandemie.

Daar is egter ‘n paar kwessies wat die skoolbestuur se aandag getrek het en waaraan die skoolbestuur reeds aandag gee:

  • Die skoolroosterkompleksiteite verhoed dat daar meer tyd gewy kan word aan isiXhosa – nietemin gaan ‘n nuwe aksieplan geloods word. Ander vakke soos kodering, kuns en drama word ook afgeskeep – dit word ook in ag geneem.
  • Diversiteit en geloofsblootstelling aan ander gelowe is volgens heelwat ouers problematies. Ten spyte van goeie vordering wat meer diverse personeel-aanstellings betref, het die pandemie ander inisiatiewe gekortwiek. Daar is planne vir die komende jaar en ouers wat by sulke inisiatiewe betrokke wil raak, moet asseblief hul hand opsteek om deel te word van die diversiteitskomitee – kommunikasie sal eersdaags via die nuusbrief versprei word. Tegelykertyd is ons vrywillige en buite-skoolure groep Jannies vir Jesus weer volstoom aan die gang.
  • Ouers het aangedui dat kommunikasie rondom nie-akademiese probleme soms moeilik is. Registeronderwysers bly die eerste kontakpunt. As jy steeds nie tevrede is nie, kontak asseblief ons skoolhoof Naas Beets.
  • Sommige ouers blyk verward te wees rondom presies watter aktiwiteite die skool aanbied. Alles is in die ouerhandleiding, die nuusbrief asook die webwerf beskikbaar. Kontak asseblief die registeronderwyser as jy in die donker is.
  • Boeliegedrag is vir die skoolbestuur ‘n netelige kwessie omdat daar reeds goeie sisteme in plek is om dit so bes moontlik te hanteer. Sien asseblief ons boeliebeleid op die webwerf. Ons wil ouers aanmoedig om dadelik kontak te maak met hul klasonderwysers sodra daar enige boeliegedrag bespeur word.
  • Die gebruik van Google Classroom was tydens die pandemie ‘n lewensredder, maar deesdae is ouers verward oor hoe dit gebruik moet word. Graadhoofde sal met elke graad kommunikeer presies oor hoe die tegnologie gebruik word en hoe dit leerders raak.
  • Onderwysers is van nuuts af versoek om huiwerige leerders aan te moedig om te kom gesels as hul nie werk verstaan nie. Daar is ook sowat twee jaar gelede besluit om sekere vakke se vraestelle (Afrikaans, Engels en Wiskunde) vanaf Graad 4 vir ouers huis toe te stuur (dit geld vir toetse en die Junie-eksamens). Hierdie antwoordstelle moet deur ‘n ouer/voog onderteken word en dan weer terug skool toe gestuur word. Alle ander vraestelle kan by oueraande besigtig word en ouers is uiteraard welkom om enige tyd onderwysers te kontak as hul onraad vermoed. Ouers/voogde moet tegelykertyd vrymoedigheid neem om te eniger tyd met onderwysers te skakel.
  • Wat infrastruktuur betref, bly die op-en-aflaai ‘n beslommernis. Ouers moet asseblief onthou om so gou moontlik deur die area te beweeg en stadig te ry. Infrastruktuur is hoog op die bestuur se agenda. Ons sal deurlopend daaroor kommunikeer.
  • Kliek HIER vir die opsomming van die strategiese vraelys.

Ons sien uit na ‘n goeie verdere 2022 saam met julle!

Beste wense,
Die Skoolbestuur

/ Algemeen, Nuus

Vandag heers daar groot opwinding by die skool, aangesien skole vandag in die Wes-Kaap vir ‘n kort, maar welverdiende vakansie sluit. Kwartaal 1 was propvol verskeie sport-, kultuur- en pretaktiwiteite geskeduleer. Vir die eerste keer in 2 jaar kon ons Jannies weer aan somersportwedstryde, byeenkomste, galas en konserte deelneem waar ouers, voogde, oumas en oupas teenwoordig kon wees. Ons kernbesigheid, naamlik Akademie, het beslis nie stil gestaan nie en daar is sommer hard in die klasse gewerk om die nodige doelwitte vir die kwartaal te bereik. Vandag ontvang al ons leerders ‘n rapport waarin daar erkenning vir hul harde werk en toewyding gegee word. Graag wil ek al die Jannies en die opvoeders wat onderskeidelik so getrou en hard gewerk het, hartlik gelukwens met die puik akademiese uitslae. Ek is so trots en ‘n dankbare skoolhoof van die puik skool!

Laat my dan ook toe om die volgende Gr.7-leerders (alfabeties) hartlik geluk te wens met die aankondiging van die Top Tien Akademiese Presteerders vir kwartaal 1 tydens vanoggend se saalbyeenkoms:

  • Lara Basson
  • Lea Basson
  • Liza Hitge
  • Adelé Holtzhausen
  • Luja Marx
  • Kate Mouton
  • Elsabé Scholtz
  • Cara Swanepoel
  • Nell von Lieres
  • Owen Wiese

Ahoewel die laaste week van die kwartaal slegs 4 dae lank was, het daar die volgende klompie pretaktiwiteite plaasgevind:

  • Op Dinsdag, 22 Maart 2022, het die grondslagfase leerders ons heerlik in die saal tydens die Gr. 1 – 3 musiekkonsert vermaak. Baie dankie aan al die ouers, voogde en grootouers wat hul kosbare tyd afgestaan het om hul kinders/kleinkinders tydens die vrolike musiekkonsert te ondersteun. Ons leerders is so talentvol, vol selfvertroue en nie eers die groot verhoog en gehoor kon hulle intimideer nie.

  • Op Woensdag, 23 Maart 2022, het ons Graad 1’s die ikoniese Tafelberg besoek en hul gate uit geniet terwyl hulle en die opvoeders die pragtige uitsig van bo-op die berg oor ons pragtige Moederstad aanskou het.
  • Op Donderdag, 24 Maart 2022, was dit weer die kwartaallikse markdag en kon leerders hul entrepreneurskapvaardighede gebruik terwyl daar aan heerlike eetgoed gesmul is.
  • Wintersportvaardigheidsklinieke: Is vanaf 22 – 24 Maart in skooltyd aangebied. Die leerders het dit terdeë geniet.

Verlede Donderdagaand, 17 Maart, kon die Gr. 5 – 7-leerders ook vir die eerste keer na ‘n lang tyd weer ‘n sokkie in ons skoolsaal bywoon. Ons Jannies het omtrent uitgehaal met hul kleredrag en het spoggerig by die skool opgedaag, gereed vir die groot partytjie.

Graag wil ek die personeel hartlik bedank vir hul harde werk, passie en toewyding die afgelope kwartaal. Kwartaal 1 word gekenmerk as ‘n baie besige kwartaal wat dan ook die modus operandi vir die res van die jaar bepaal. Baie dankie dat julle altyd bereid is om die spreekwoordelike ekstra myl te loop tot voordeel van ons Jannies. Suksesvolle skole word gekenmerk deur aktiewe ouerbetrokkenheid en ‘n effektiewe Beheerraad. Dus wil ek vir julle as ouers/voogde hartlik bedank dat julle altyd die belange van ons skool op die hart dra. Groot dankie aan Merwe Schotz (Voorsitter van die Beheerraad) en die Beheerraadslede vir hul kosbare tyd en insiggewende insette tydens die kwartaal om te verseker dat Laerskool Jan van Riebeeck van krag-tot-krag gaan.

Ek sluit af en hiermee wens ek vir julle ‘n lekker ontspanne vakansie toe en indien jullie reis, wees asseblief veilig. Ek sien uit om almal weer op Dinsdag, 5 April, terug te verwelkom wanneer die skool vir kwartaal 2 heropen.

My aanhaling vir die vakansie deur Eleanor Browne:
“Rus en selfversorging is so belangrik. As jy tyd neem om jou gees aan te vul, kan jy ander met oorloop bedien. Jy kan nie uit ‘n leë houer dien nie.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus
  • Die leerders het reeds hul fotokoeverte ontvang.
  • Vul asb. alle besonderhede op die koevert in en stuur dit terug skool toe.
  • Leerders kan die koevert(e) inhandig by hul registeronderwyser.
  • Foto’s kan nog nie aanlyn bestel word nie. Verdere inliging hieroor sal later deurgegee word.
  • Laaste dag vir fotobestellings d.m.v. die koevert is Donderdag, 21 April.
/ Algemeen, Nuus

Ons wil julle graag aanmoedig om die advertensies aan die onderkant van die nuusbrief dop te hou. Daar is weekliks nuwe advertensies en sluit gereeld privaat buitemuurse sportaktiwiteite of kultuurgebeurtenisse in.

Persone wat graag iets in die nuusbrief wil adverteer, kan ‘n e-pos stuur aan suzaan@jvrprim.co.za .Dit kos R150 om ‘n advertensie vir ‘n week op ons webtuiste te laai en een keer in die nuusbrief te laat verskyn.

/ Algemeen, Nuus

Markdag vind op Donderdag, 24 Maart, plaas. Dit kos R15 om ‘n tafel te beman. Besprekings vir ‘n tafel sal later vandag op die Karri-toep tot en met Woensdag 12:00 gemaak kan word. Leerders is verantwoordelik vir hul eie kleingeld. Die markie sal vanaf 09:30 tot 10:00 bedryf word.

/ Algemeen, Nuus

Neem kennis van die volgende:

  • Maandag – vakansiedag
  • Dinsdag – skool verdaag vroeër

12:45 (Gr.1 – 3)
13:00 (Gr.4 – 7)

  • Woensdag – normale skooldag
  • Donderdag – skool verdaag vroeër (+ sivvies)

13:00 (Gr.1 – 3)
13:15 (Gr.4 – 7)

  • Vrydag – skool sluit (+ sivvies)

10:30 (Gr.1 – 3)
10:45 (Gr.4 – 7)

* Die bus vertrek altyd 5 minute na graad 4 – 7 verdaag word.

/ Algemeen, Nuus

Johan Symington het onlangs aan hierdie jaar se eerste Wes-Kaap .22 SA Precision Rifle kompetisie in Atlantis deelgeneem en uitstekend gevaar. Gedurede die kompetisie skiet deelnemers met .22 kaliber gewere vanaf verskeie praktiese posisies na “gongs” op afstande wat wissel tussen 40m en 200m.

Hy het nie net die hoogste telling van die jong skutte behaal nie, maar ook die algehele hoogste telling van die sowat 62 skutte op die dag geskiet – selfs beter as sy eie pa!

Baie geluk, Johan!

Belangrike Datums

september 2026

14sep00:0023:59Krieket: o.13A vs Brackenfell (WEG)

14sep(sep 14)00:0015(sep 15)23:59Konsert: Optrede 1

14sep(sep 14)00:0018(sep 18)23:59Skool verdaag om 13:00 (Hele week)

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep08:0008:30Algemene Kennis toets

15sep18:3020:00Konsert: Optrede 2

16sep18:3020:00Konsert: Optrede 3

17sep18:3020:30Konsert: Optrede 4 (Grand Finale)

20sep(sep 20)00:0019(sep 19)23:59Heidré Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep09:0010:00Kultuursaal

21sep10:3011:00Skrywersbesoek - Silas en die ysbeer op Tafelberg (Annie Klopper en Zandré Coetzer)

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag - Grondslagfase

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

22sep08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

23sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

12okt00:0023:59WKOD: Sistemiese Toetse

13okt12:4513:45Matrieksaal

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

16okt00:0023:59Atletiek: De Hoop

16okt08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt(okt 23)00:0022(okt 22)23:59Skaak: Panorama Skaaktoernooi

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

24okt00:0023:59Krieket: Minikriekettoernooi by Stellenbosch (o.7 - o.9)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

29okt00:0023:59Krieket: o.13A & B vs Curro Durbanville

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4life: Leerderraad (LsJvR)

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:30Lead4Life (gr.6)

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

21jun08:0008:30Lead4Life (gr.4)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun08:0008:30Lead4Life (gr.5)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer