Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Kwartaal 4 is ‘n besige kwartaal wat onder andere eksamen, finale assesserings, prysuitdelings, afskeid neem en laaste van laastes insluit terwyl Vader Tyd nie stil staan nie. Vrees vir eksamen (kontroletoetse) is al vir baie jare ‘n realiteit en hierdie tyd kan moontlik stresvol vir ‘n gesin wees. Daarom wil ek ‘n ernstige beroep op julle plaas om by die huis ‘n omgewing wat bevordelik vir leer is, te skep. Help jul kinders om vroegtydig te beplan om met eksamenvoorbereiding te begin. Verder is dit net so belangrik om ook tyd vir bietjie ontspanning te skeduleer so tussen die studietye. Navorsing toon dat kinders hoër punte behaal waar ouers/voogde by hul studie en opvoeding betrokke is. Indien jy as ouer/voog ook angstig raak tydens eksamen, doen bietjie introspeksie. Besin dalk oor jou eie ervaring sodat jy nie jou onverwerkte angs onbewustelik aan jou kind/ers oordra nie. Dit was ‘n moeilike jaar na die geweldige impak van die 3de vlaag van Covid-19 infeksies en daarom kan leerders moontlik meer angstig wees vir die komende eksamen as voorheen. Help gerus jou kind om betyds ‘n studierooster op te stel en sodoende eksamenstres te bekamp. Maak hulle veral rustig met die wete dat ‘n eksamen eintlik maar net ‘n groot toets is, iets waarmee hulle baie bekend is.

Verlede Vrydag het ons Holderstebolderdag gevier en leerders kon vir R5 enige iets snaaks aantrek. Hierdie fondse geïn gaan vir die Gr. 7-fonds. Natuurlik het die Jannies nie op hulle laat wag nie en met kleurryke kleredrag en kostuums by die skool opgedaag.

Baie dankie aan al die ouers wat die jaarlikse begrotingsvergadering op Maandag, 08 November 2021, om 18:00 in die saal bygewoon het. Die 2022 skoolbegroting asook die verhoging van die 2022 skoolfooie met 8%, is goedgekeur. Graag wil ek ons Tesourier, Marili Thomson, hartlk bedank vir die deeglike voorbereiding en aanbieding aan ons ouers. Laat my ook toe om die finansiële komitee ook te bedank vir die doeltreffende, effektiewe en deursigtige bestuur van die skoolfondse asook die aanwending van die skoolbegroting gedurende 2021 om effektiewe onderrig en leer dwarsdeur die jaar te bevorder.

Die afgelope week het ons weer ‘n saalbyeenkoms met al die Grondslagfase-leerders gehou en wat dit hierdie keer so spesiaal gemaak het, was die teenwoordigheid van die Gr. R-leerders van Huppelland. Die Graad R’e het so ‘n voorsmakie van die ‘groot’ skool gekry en hulle het net so lekker die eeufeeslied saamgesing. Op Woensdag, 10 November 2021, was dit natuurlik fotodag waartydens die jaarlikse sportfoto’s geneem is. Opwinding onder die leerders was groot. Baie dankie aan juffrou Ischké vir die puik reëlings asook meneer André wat gehelp het met die logistieke bestuur daarvan.

Graag wil ek ook al ons ouers/voogde hartlik bedank vir die voltooiïng van die meningspeiling wat ons aan julle gestuur is. Baie dankie dat julle tyd geneem het om dit sorgvuldig te voltooi en hiermee wil ek julle verseker dat julle opinie waardevol is sodat ons as ‘n skoolgemeenskap die terugvoering kan gebruik om die skool na hoër hoogtes te lei. Vandag vanaf 08:30 – 17:30 hou die Beheerraad ‘n belangrike strategiese sessie waartydens onder andere die terugvoering van die meningspeiling in detail bespreek gaan word. Ek wens hulle sterkte toe en wil hulle persoonlik bedank vir hul waardevolle insette, kosbare tyd en toegewydheid die afgelope jaar.

Verder sien ek baie uit om al ons ouers/voogde en leerders vanaand vanaf 18:00 by die Conradieveld te ontvang waar ons lekker sosiaal gaan verkeer en heerlik saam kuier om die vure. Kom geniet die bring-en-braai of bring sommer net jou piekniekmandjie saam en word deel van die lekker JvR-samesyn. Ek glo dat ons as ‘n skoolgemeenskap uitgehonger is vir ‘n lekker saam kuier wat vir ons nie die afgelope tyd beskore was nie.

Graag sluit ek dan week 5 met die volgende aanhaling deur Natalie Goldberg af en ek wens julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Stress is an ignorant state.
It believes that everything is an emergency.
Nothing is that important!”

/ Algemeen, Nuus

Ek glo almal het die meevallertjie van ‘n lekker langnaweek geniet en getrou jul merkie op die munisipale verkiesingsdag, 1 November, in jul onderskeie kiesafdelings gemaak. Ek hoop en vertrou dat julle darem nie te lank in rye gestaan het nie. Die Kaapse weer bring maar altyd ‘n bietjie van ‘n uitdaging wanneer ‘n mens buite in lang rye moet staan. Ek en my vrou het geduldig in ‘n lang ry by Laerskool Tamboerskloof gestaan en was verlig om na 1 uur 10 minute ons kruisie te kon trek. Heelwat ouers het ook hul jong kinders saamgebring om die proses te ervaar. Dit was lekker om vir Isabella en Elisabet saam met hul ouers Esri en Albertus in die lang ry te sien en ons kon mekaar darem vertroos dat dit darem nie te lank gaan duur nie.

Op Dinsdag, 2 November 2021, het ek as skoolhoof ook die wonderlike voorreg gehad om vir die eerste keer sedert my aanstelling met die hele Intersenfase (Gr. 4 – 7 leerders en opvoeders) ‘n formele saalbyeenkoms te hou. Marinda het vir ons Jannies ‘n pragtige boodskap gebring waartydens sy hulle verseker het dat hulle nooit hul waarde as Jannies moet onderskat nie. Sy het haar potloodsakkie met die inhoud gebruik om haar boodskap prakties te verduidelik. Die rooi pen het net so ‘n belangrike funksie soos die uitveër. Of jy nou ‘n liniaal of ‘n skerpmaker is, elkeen speel ‘n rol en vervul ‘n baie belangrike funksie. Sy het die leerders verseker dat jy nie net ‘n top akademiese leerder of ‘n uitstekende atleet hoef te wees om waarde vir die skool toe te voeg nie. Elke Jannie voeg op sy of haar unieke wyse waarde toe tot ons puik skool. Baie dankie Marinda dat jy elke Jannie die versekering gee dat hul elkeen geag word en ons as personeel vir hulle baie omgee. Ons senior koor het ook opgetree met die sing van ons pragtige Feeslied. Baie dankie Helecia en Ben wat so mooi na ons kore omsien! Besoek gerus JvR-Kiek vir die video-opname.

Tydens die bogenoemde saalbyeenkoms het ek die voorreg gehad om ses sertifikate en ‘n medalje te oorhandig. Die WKOD se jaarlikse kunsuitstalling het, soos verlede jaar, aanlyn in samewerking met die Nelson Mandela Universiteit plaasgevind. Hierdie nasionale kunskompetisie is gemik op Gr. 7 – 12-leerders en ondersoek die raakpunte tussen Kuns en Wiskunde. Hierdie jaar se tema was Beautiful Mathematics en leerders is uitgedaag om oorspronklike kunswerke te maak wat Wiskunde op ‘n kreatiewe manier met die tema verbind. Baie geluk aan die volgende drie Gr. 7-leerders wat finaliste was en elkeen het ‘n spesiale sertifikaat vir hul prestasie ontvang: Elle Nortje vir haar werk Natuurlike Perfeksie; Lara Pieterse vir Ballet Time en Mia Schreuder vir haar werk, Math Cruise. Ons is baie trots op julle.

Die Lions Klub bied ook jaarliks ‘n internasionale kunskompetisie vir leerders tussen die ouderdomme van 11 -13 jaar aan. Vanjaar se tema was We are all connected. Elke klub mag 5 werke instuur waaruit een gekies word om die distrik te verteenwoordig en daarna ‘n nasionale keuse om op internasionale vlak die land te verteenwoordig. Baie geluk aan die volgende leerders wat elk ‘n spesiale sertifikaat en geldprys ontvang het: Emke van Wyk, Markus de Ridder asook Susan Burger wie se werk gekies is as die distrikwenner. Haar werk gaan dus deur na die volgende rondte van die kompetisie. Julle maak ons baie trots. Dan laaste, maar nie die minste nie, het ek ‘n medalje aan Adan Eksteen (Gr. 6-leerder) oorhandig wat die “Cape Town Cycle Tour” in tandem saam met sy pa vir die 2de keer met ‘n ongelooflike tyd van 4uur en 33 minute voltooi het. Dit is ‘n merkwaardige prestasie vir ‘n 12 jarige. Welgedaan, Adan, ons is baie trots op jou.

Laat my ook toe om om die nuwe hoof van Huppelland aan julle bekend te stel, naamlik Louise Neser. Louise was voorheen ‘n opvoeder by Huppelland en ons is baie opgewonde om haar terug by Huppelland vanaf 1 Januarie 2022 te verwelkom. Louise het vir ‘n ruk lank in Londen (VK) gewerk waar sy ook haar Meestersgraad in vroeë-kindontwikkeling verwerf het. Sy is tans ‘n departementshoof by die privaatskool St. John’s College in Johannesburg. Ons beste wense vergesel haar en mag haar nuwe tuiste in die Moederstad vir haar baie vreugde bring.

Graag sluit ek dan met die volgende aanhaling deur Aristole af en ek wens julle ‘n wonderlike langnaweek toe:

“We are what we repeatedly do.
Excellence then is not an act,
but a habit.”

/ Algemeen, Nuus

Woensdag, 10 November 2021
Tyd: 07:45

Foto’s wat geneem word:
1. Leerderraad (7:45)
2. Biblioteekmonitors (7:45)
3. Nuwe leerders
4. Junior koor
5. Senior koor
6. Alle musiekleerders
7. Wiskunde Olimpiade
8. Eisteddfod medalje wenners
9. Provinsiale kleure
10. Skaak
11. Redenaars
12. Tennis (span en nie-span spelers)
13. Krieket (0/7 – 0/13)
14. Hokkie (0/9 – 0/13)
15. Netbal (0/7 – 0/13)
16. Rugby (0/7 -0/13)

Kleredrag vir foto’s:
Netbal
0/7 – 0/8: Wit LO-hemp, donkerblou skort, wit sokkies en tekkies
0/9 – 0/12: Oranje hempie, donkerblou skort, wit sokkies en tekkies
0/13 A & B: rokkies
0/13 C: Blou 100 jaar hempie, wit sokkies en donkerblou skort

Rugby
O/7 – O/13 JvR-rugbytrui en donkerblou kortbroek

Krieket
0/7 – 0/9: JvR LO-hemp, donkerblou kortbroek, lang blou kouse met oranje strepie en tekkies.
0/11: Oranje hemp (met moue), donkerblou kortbroek, lang blou kouse met oranje strepie en tekkies.
0/13: Oranje 1ste span hemp, wit langbroek, lang blou kouse met oranje strepie en tekkies.

Hokkie (Dogters)
0/9 – 0/12: Oranje hemp(sonder moue), donkerblou skort,lang blou kouse met oranje strepie en tekkies.
0/13: Rokkies, lang blou kouse met oranje strepie en tekkies.

Hokkie (Seuns)
0/9 – 0/13: JvR-rugbytrui, donkerblou broek, lang blou kouse met oranje strepie en tekkies.

Tennis (spanspelers)
Dogters 1ste span: Netbal/tennis rokkie
Seuns 1ste span: Blou 100 jaar hempie met donkerblou kortbroek, wit sokkies en tekkies.
Ander spanne – Oranje hemp (Seuns met moue; Dogters sonder moue) met donkerblou kortbroek/skort, wit sokkies en tekkies.

Tennis (nie-span spelers)
Dogters: wit LO-hemp, donkerblou skort, wit sokkies en tekkies.
Seuns: wit LO-hemp, donkerblou kortbroek, wit sokkies en tekkies.

Skaak
Winterdrag

Drama
Winterdrag – Bring enige hoed, serp of pruik saam

Dans
Dansklere

Koor
Junior koor – Winterdrag
Senior koor- Winterdrag

Provinsiale kleure
Die provinsiale klere wat aan kind toegeken is.

Bergfiets
Wit LO-hemp, donkerblou kortbroek of skort, tekkies en wit sokkies

Gr. 7-foto
Somerdrag met gr. 7-trui

Alle ander foto’s:
Somerdrag

/ Algemeen, Nuus

Gr.3-7 leerders moet asb. hul swemklere en swemkeppies vir die week van 8 – 12 November vir LO skool toe bring.

/ Algemeen, Nuus

Leerders wat gedurende die jaar besondere prestasies in sport en kultuur behaal het en dalk in aanmerking kan kom vir spesiale pryse, het die week vorms ontvang wat hulle moet voltooi. Hierdie vorms moet voor of op 12 November 2021 by juf. R. Hanekom ingehandig word. Die vorm is aangeheg indien jou kind nie ‘n vorm geneem het nie. Slegs leerders wie se vorms betyds ingehandig word, sal ‘n kans staan om ‘n spesiale toekenning te ontvang.

Kliek HIER vir die WORD weergawe indien jy dit elektronies wou invul, of laai hierdie PDF af:

Veelsydigheid gr.4-7 Nov 2021
/ Dapper Stappers, Nuus

Ons gaan vroeg in volgende week ‘n Google Form aan al die Gr.4-7-ouers uitstuur sodat jy kan aandui of jy en jou kind(ers) op 13 November saam met ‘n paar onderwysers ‘n roete in Cecilia Forest wil gaan stap. Dagboek solank die datum en kyk uit vir die vorm volgende week!

/ Algemeen, Nuus

So bereik ons die einde van die mooiste, mooiste maand met November wat sy afwagting wil maak. In die Moederstadkonteks is die koms van November eintlik soos die aanbreek van die langverwagte Lente. Die weer is besig om te verander met heerlike sonskyndae wat gekomplimenteer word met betowerende blomme- en fynbosgeure.

Hierdie naweek is dan ook ‘n ‘onbeplande’ langnaweek met die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing wat op Maandag, 1 November, geskied. Dus is Maandag, 1 November 2021, in die Staatskoerant as ‘n publieke vakansiedag gepubliseer. Gaan maak gerus jou kruisie om ‘n verskil te maak.

Verlede Saterdag is die tennis te Ceres noodgedwonge uitgestel na die Sondag as gevolg van die ongure weer wat die tennispret op Saterdag kom bederf het. Ons o/13 seuns- en dogterspan is na Ceres vergesel deur ouers, naamlik Ria Hertzog en Karien Zulch, en het hul puik van hulle taak as spanbestuurders gekwyt. Ons dogterspan het brons tydens die toernooi verower deur Laerskool Gene Louw vir 3de en 4de plek te klop. Welgedaan dogters en baie dankie Ria en Karien vir julle waardevolle leiding.

Verlede Vrydag het ons ook ons skool se nuwe unieke sosiale platform, naamlik JvR-Kiek, bekend gestel. Baie dankie aan Marié Cruywagen, die meesterbrein en skepper van die spesiale platform. Opvoeders gaan foto’s en/of video’s van wat alles op ‘n daaglikse basis by die skool plaasvind, daarop plaas. Toegang is net vir JvR-ouers/voogde en daarom nooi ek julle uit om dit daagliks te besoek sodat julle ook kan deel in die daaglikse opwinding. Volg gerus die volgende skakel en word deel van die betowerende JvR-skoolwêreld.

Op Dinsdag, 26 Oktober 2021, het ek as skoolhoof die wonderlike voorreg gehad om vir die eerste keer sedert my aanstelling met die hele Grondslagfase (Gr. 1 – 3 leerders en opvoeders) ‘n formele saalbyeenkoms te hou. Ons leerderraad het ‘n pragtige boodskap rakende ons waarde van die maand, naamlik eerlikheid, deur middel van rolspel aangebied. Die hoogtepunt van die saal was natuurlik die junior koor wat opgetree het met die sing van onder andere ons pragtige Feeslied. Dit was vir ons almal in die saal so ‘n trotse en kosbare oomblik wat ons vir ‘n lang tyd sal omarm. Baie dankie Helecia en Ben wat so mooi na ons kore omsien!

Graag deel ek met julle die wonderlike nuus wat die nuutste Staatskoerant aandui dat die skoolhoofde persone nou amptelik vir bepaalde geleenthede of aktiwiteite op die skoolterrein kan toelaat. Dit moet egter nog steeds onder streng Covid-19 veiligheidsmaatreëls geskied. Die goeie nuus behels dat julle as ouers/voogde nou weer sportoefeninge, wedstryde, sportbyeenkomste en kultuuroptredes as toeskouers kan bywoon. Dinsdagmiddag het ons o/13-krieketspan weg teen Laerskool Kampsbaai gespeel. Ongelukkig het ons verloor, maar waardevolle lesse is geleer. ‘n Mens leer ongelukkig baie meer as jy verloor en ek weet dit is nie altyd lekker nie, maar partykeer moet ‘n mens eers verloor om te verbeter. Dit was egter lekker om weer opgewonde ouers langs die krieketveld te sien en lekker om met hulle te kon gesels. Terwyl ek met Alet Loubser en Myrtle Joubert op die pawiljoen gesels en verduidelik wat met my enkel gebeur het, slaan ‘n speler van Laerskool Kampsbaai ‘n massiewe ses lopies in ons rigting. Die bal tref ongelukkig vir Myrtle op haar kuit en sy neem een vir die span of sal ek sê een vir die skoolhoof aangesien die krieketballe my die laaste tyd onwillekeurig volg. Sterkte Myrtle, ek hoop dit is nie meer pynlik nie! Baie geluk aan ons o/11-krieketspan wat hul wedstryd weg teen Laerskool Van Riebeeckstrand met 5 paaltjies gewen het. Baie dankie juffrounes, Ischké en Razelle, wat hulle vergesel het.

Op Woensdag, 27 Oktober 2021, het die gewilde Spelfees in die saal plaasgevind. Ek het probeer om by elke graad in te sit. Ek was so verras en beïndruk met veral die Graad 3’s se spelvernuf. Die spelfees werk d.m.v. uitklopbasis en die beoordeelaars het amper uit woordopsies gehardloop om die finale wenner te bepaal. Die Gr. 3-wenner is na ‘n lang strydbyl tussen Katryn Silvis en Amelie van der Walt beslis met Amelie wat as die wenner uit die stryd getree het. Wees verseker ons Jannies sal ons as volwassenes heel moontlik op ons neuse laat kyk wanneer dit kom by spelling van ons kosbare taal.

Vanaf Maandag, 25 Oktober, mag ons Jannies soggens voor skool in hul somerdrag weer buite op die skoolterrein speel sodra hulle eerste ding klaar hul Covid-sifting in hul onderskeie klaskamers gehad het. Ek glo hulle geniet terdeë die nuwe reëling, want hulle mag nou na ‘n baie lang tyd weer buite op die skoolperseel speel. Soggens klink dit beslis weer soos ‘n tipiese skoologgend voor Covid. Luidkeelse stemme wat al die maatjies verwelkom en sommer om net lekker te jubel, kind te wees, saam te kom speel en mekaar se verbeelding te stimuleer terwyl hulle die vars oggendlug buite geniet. Ons probeer om skool toe te kom weer vir hulle lekker te maak.

Soos julle bewus is, kan kinders en tieners tussen die ouderdom van 12 en 17 jaar oud teen Covid-19 ingeënt word en het hulle nie die toestemming van hul ouers/voogde nodig om die entstof te ontvang nie. Ek kan julle verseker dat die proses nie deur die skole van stapel gestuur is nie. Ek is bewus dat dit ‘n baie omstrede saak is en JvR gaan beslis nie ‘n opinie hieroor uitspreek nie. Dit is elke ouer en gesin se prerogatief om te besluit wat die beste vir hulle is en dankie dat almal dit sal respekteer.

Laat my ook toe om al die 2021 matrikulante namens ons skoolgemeenskap sterkte en voorspoed vir die matriekeksamen toe te wens. Altesaam 73 866 kandidate is vanjaar vir die nasionale seniorsertifikaateksamen in die Wes-Kaap ingeskryf. Ons beste wense vergesel hulle vir die belangrikste eksamen van hul skoolloopbaan.

Graag sluit ek dan met die volgende aanhaling deur Maya Angelou af en ek wens julle ‘n wonderlike langnaweek toe:

“I’ve learned that people will forget what you said,
People will forget what you did,
but people will never forget how you made them feel.”

/ Algemeen, Nuus

/ Algemeen, Nuus

Marike Badenhorst, die skool se opvoedkundige sielkunde, deel graag met ouers die volgende dokument: Eenvoudige reëls om te volg met beloningsisteem vir jou kinders

Raad aan ouers oor beloningsisteem met kinders 2021
/ Algemeen, Nuus

Die skool sal op Donderdag, 4 Nov., om 12:45 vir gr. 1-3 en 13:00 vir gr. 4-7 sluit.

  • Die skoolbus vertrek om 13:15.
  • Geen buitemuurse aktiwiteite sal deur die skool aangebied word nie.
  • Nasorg sal steeds voortgaan.
/ Algemeen, Nuus

Aangesien ons nou vlak 1 van die grendelstatus handhaaf, sal ons hierdie jaar onderskeie graadgroepe gedurende skooltyd in die skoolsaal byeen roep om erkenning aan elkeen se harde werk gedurende die jaar te gee. Ons wil die prysuitdelingsgeleenthede so informeel moontlik hou. Kom woon gerus jou kind se prysuitdelingsgeleentheid by:

Gr. 1 – Vrydag, 3 Des, om 8:30
Gr. 2 – Vrydag, 3 Des, om 10:45
Gr. 3 – Vrydag, 3 Des, om 12:00

Gr. 4 – Dinsdag, 7 Des, om 9:00
Gr. 5 – Dinsdag, 7 Des, om 11:00

Gr. 6 – Donderdag, 9 Des, om 9:00
Gr. 7 – Donderdag, 9 Des, om 11:00

/ Algemeen, Video, Nuus

Die skool stel graag aan julle bekend, JvR-Kiek! Dit is ons skool se eie “sosiale media” sodat ons vinnig en maklik foto’s van dit wat in die skool gebeur met ouers kan deel. Slegs ouers van die skool sal toegang tot die foto’s hê. Volg asb. die volgende stappe om in te teken:

  1. Volg hierdie skakel: kiek.jvr.digital
  2. Username: Tik jou e-pos wat in die skool se stelsel is in.
  3. Password: Baie belangrik! – As jy vergeet het wat jou wagwoord vir die skool se webtuiste is, kies asb. SKEP ‘N NUWE WAGWOORD. Volg hierdie video instruksies om jou wagwoord te verander.
  4. Teken nou by kiek.jvr.digital in met jou e-posadres en die wagwoord wat jy geskep het.

/ Algemeen, Nuus

So eindig die eerste week van die laaste kwartaal op ‘n hoogtepunt met kompeterende vertoontenniswedstryde tussen twee skoolhoofde met beperkte tennisvaardighede voor ‘n opgewonde skare van ouers en leerders wat luidkeels op ‘n Vrydagmiddag aanmoediging verskaf het. So jammer dat die reën die dubbelwedstryd kom bederf het en ongelukkig moes dit afgestel word weens veiligheidsredes. Graag wil ek die skoolhoof van Hoërskool Jan van Riebeeck, Pieter Rademeyer, en sy span asook Yurich Daniels hartlik bedank vir die wonderlike inisiatief. Baie dankie vir al ons ouers en my “fan club” (onderwysers en Jannies) wat die wedstryd bygewoon het om my te ondersteun asook al ons ouers / voogde wat ‘n finansiële bydrae tot die inisiatief gelewer het. Hiermee wil ek die skoolgemeenskap verder verseker dat die laer- en die hoërskool vir nog menigte geleenthede saam hande gaan vat om die goeie verhouding tussen die twee puik skole vir die toekoms te verseker. Dit is vir ons as voederskool uiters belangrik dat die Hoërskool JvR ook van krag-tot-krag sal gaan.

Hierdie afgelope week het die buitemuurse program suksesvol afgeskop. Ons Jannies is baie opgewonde om hul gunsteling somersportkode weer te kan beoefen. Die eerste krieketwedstryde het gister tuis teen Reddam House ASB o/13 plaasgevind terwyl van ons leerders op Saterdag, 23 Oktober 2021, aan die Handri Westmann o/13 Tennistoernooi te Ceres gaan deelneem. Ons beste wense vergesel hulle en baie dankie aan juffrouens Mardry en Andri wat ons spanne na Ceres gaan vergesel.

Dalk het van julle opgelet dat ek nie vanaf Maandagoggend, 18 Oktober, agter by die skool diens by die voetoorgang gedoen het nie. Ek het Sondagmiddag tydens ‘n krieketnetsessie met my seun ongelukkig my regterenkel beseer. Ek boul en gooi ongelukkig nie meer vinnig genoeg nie en daarom gebruik ek ‘n “robo-arm” om vir hom krieketballe te gooi om sy kolfwerk op te skerp. Natuurlik moet ek die afstand tussen hom en myself verkort om te verseker ek gooi die krieketbal vinnig genoeg om aan o/19-standaarde te voldoen. Die van julle wat krieket ken of nog voltyds speel, weet dat hoe vinniger jy boul, hoe vinniger kan die bal ook van die kolf af kom en daar tref dit my direk teen die enkel. Ek kon eenvoudig net nie vinnig genoeg uit die pad kom nie. Gelukkig het die x-strale getoon dat niks gebreek is nie, maar daar is erge kneusing en inflamasie. Ek weet dit klink soos ‘n wolhaarstorie, maar dit was bitter seer. Graag wil ek vir Barbara Kemp hartlik bedank wat vir my Maandagoggend gou kon reël om vir x-strale te gaan asook vir ‘n mediese ondersoek. Baie dankie aan die leerders wat kom inloer het om seker te maak dat hul skoolhoof darem nie in te veel pyn is nie. My herstel vorder goed en ek sal binnekort weer twee-voetig op die been wees, maar vir eers mag ek nie baie beweeg nie en dit gaan ‘n groot uitdaging wees.

Ek het ook op Woensdag, 20 Oktober, die voorreg gehad om na die Gr. 7-NW mini-ekspo in die saal te gaan bywoon. Die onderwerp was Energie. Die graad 5 – 7-leerders het ook vinnig kom inloer. Energie is so fassinerend aangesien dit van een voorwerp na ‘n ander oorgedra kan word. Energie het die potensiaal om in kinetiese energie omskep te word. Ek was so beïndruk met die verskeie voorleggings van die Gr.7’s se eksperimente wat onder andere die volgende ingesluit het:

  • Groente-aangedrewe voertuig (aartappel, ui en suurlemoen). Die aartappel het die langste afstand afgelê, maar die suurlemoen was die vinnigste. Die ui het ongelukkig nie beweeg nie.
  • Flambojante vuur waar leerders eksperimente doen om die kleur van ‘n vlam te verander.
  • Hoe vinnig ‘n battery-aangedrewe karretjie kon beweeg met verskillende batterye. Die karretjie is uit herwinbare items gebou.
  • Energieoordrag van ballon na karretjie. Hoe groter die verplasing van lug, hoe vinniger en verder het die karretjie beweeg.
  • Skep van lawalamp in ‘n gewone glas.

Graag wil ek juffrou Izél Storm vir haar puik inisiatief en leiding met die indrukwekkende energie-ekspo bedank. Ouers wees verseker dat sodra ons weer toegelaat word, ons julle in die toekoms sal uitnooi om die tipe van ekspo’s of ander uitstallings ook by te woon. Ek is so trots op ons Jannies. Besoek gerus die JvR-Kiek (sien die insetsel daaroor in hierdie nuusbrief) vir foto’s.

Ons waarde vir die maand is EERLIKHEID. Die waarde raak alle fasette van die lewe en berus fundamenteel op respek. As die mensdom in alle opsigte eerlik is, sal daar sekerlik geen korrupsie wees nie, geen moorde en geen oorloë nie. Ons eerste uitdaging is natuurlik om met onsself eerlik te wees. As onvolmaakte mense is dit so maklik om te swig in die verband. Dus wil ek julle versoek om ons as personeel ook by te staan om leerders te help om die konsep te verstaan. Daar moet dus gereeld oor die spesifieke waarde gepraat word. Ons as volwassenes moet die kinders begelei. By voorbaat dankie dat julle die gesprekke met jul kinders verder sal neem sodat ons verseker hulle word mense van integriteit. Die waardes en gesindhede waarmee ons daagliks lewe, beïnvloed die wyse waarop ons aansluiting by ander mense vind.

Ek sluit dan met die volgende aanhaling af wat na eerlikheid verwys en wens julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Honesty is telling the Truth to
ourselves and others.
Integrity is living that Truth.”

/ Algemeen, Nuus

Ons is baie trots op ons oud-leerders, Lené Vorster (tweede van links) en Obed Bam (regs), wat as hoofleiers van Hoërskool Jan van Riebeeck aangewys is. Lené is as hoofdogter en Obed as onderhoofseun gekies. Sterkte met die groot taak, julle twee!

Belangrike Datums

februarie 2026

23feb00:0023:59Beheerraad-vergadering

24feb00:0023:59Atletiek: Panorama (o.7 - o.9)

24feb08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

25feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Pre-Seisoen Oefeninge begin (Netbal & Rugby)

26feb00:0023:59Mini krieket: Parklands (TUIS)

27feb(feb 27)00:0026(feb 26)23:59Adri Marais (Admin) verjaar

27feb00:0023:59Swem: Junior Kleure swemgala

27feb00:0023:59Somersport eindig

27feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

28feb00:0023:59Atletiek: WP-kampioenskappe

Wys Meer

maart 2026

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

28feb00:0023:59Atletiek: WP-kampioenskappe

02mrt00:0023:59Wintersport Begin

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

05mrt00:0023:59Mini krieket: Rallim (TUIS)

06mrt00:0023:59Skool verdaag vroeër (Voorlopig)

06mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59TOETS

06mrt00:0023:59Skaak: Panorama

09mrt00:0023:59Leerderraadontbyt by HS JvR

10mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

11mrt(mrt 11)00:0013(mrt 13)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Mini krieket: Riverside (TBC)

13mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

13mrt00:0023:59Finkom Vergadering

13mrt00:0023:59TOETS: EBW (gr.7)

13mrt00:0023:59Rugby: De Kuilen o.11A Toernooi

13mrt08:0008:30Netbal: De Kuilen o.13A toernooi

14mrt(mrt 14)00:0015(mrt 15)23:59Dapper Stappers: Oornagstap (Langebaan)

17mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

18mrt00:0023:59Somersokkie (gr.5-7)

18mrt(mrt 18)00:0019(mrt 19)23:59Boekverkope

18mrt08:0008:00Algemene Kennis Toets

19mrt00:0023:59Gholfdag

19mrt00:0023:59Sportprogram eindig

19mrt00:0023:59Mini Krieket: Curro Century City (TBC)

19mrt08:0008:00Graad 3 Uitstappie

20mrt00:0023:59Hokkie: Ls Vredenburg (WEG)

20mrt00:0023:59Hokkie: Totius (TUIS) Almal

21mrt00:0023:59Menseregtedag (Vakansiedag)

21mrt00:0023:59Netbal & Rugby: Ls Vredenburg (TUIS)

21mrt00:0023:59Netbal: Ls Hermanus (MNB)

23mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.1-3)

24mrt00:0023:59Lead4life (gr.6)

24mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.4-5)

25mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.6-7)

26mrt00:0023:59Personeelafsluiting

26mrt00:0023:59Sivvies

26mrt00:0023:59Jan Kas gesluit

26mrt00:0023:59Markdag

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt00:0023:59Skole sluit (Skoolvakansie)

27mrt00:0023:59Sivvies

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

Wys Meer

april 2026

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

01apr00:0023:59KALENDER toets

03apr00:0023:59Goeie Vrydag (Vakansiedag)

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9 & o.10)

11apr00:0023:59Netbal: Tableview (o.10- o.13)

11apr00:0023:59Kapperjolle

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr19:0019:00Boston Koorfees (Senior Koor)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15apr(apr 15)00:0016(apr 16)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug00:0023:59Netbal: Parklands (WEG) - Almal

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer