Kategorie: Algemeen

/ Dapper Stappers, Nuus
  • Ons gaan stap een keer per kwartaal ‘n lekker roete saam met leerders in Gr.4-7 en hul ouers.
  • Indien die gesin ‘n jonger boetie of sussie het wat graag wil saam stap, is hulle welkom mits hul ouers saam gaan.
  • Indien daar ouers is wat graag betrokke by die reël van die stappe wil raak en lekker idees vir roetes het, stuur ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za.
  • Die uitnodiging word as ‘n Google Form per e-pos aan ouers met kinders in Gr.4-7 gestuur.
  • Hierdie kwartaal stap ons op 26 Februarie die Kromrivierroete net na die Hugenote Tonnel. Indien iemand nie die Google Form ontvang het nie, maar graag wil saam stap, stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za.
/ Algemeen, Nuus

Groot was die opwinding op Vrydag, 11 Februarie, met die aanbied van die jaarlikse senior swemgala. Die weer was absoluut perfek en ons leerders was so in hul noppies om hul geliefdes langs die swembad te sien wat hul luidkeels aangemoedig het om net hul beste te doen. Vir so ‘n lang tyd was daar geen toeskouers toegelaat nie en dit was net ongelooflik hoe ‘n groot verskil die teenwoordigheid van ouers, voogde, oumas en oupas tydens die swemgala gemaak het. Weer eens besef ‘n mens die massiewe negatiewe impak wat Covid-19 op ons lewens gemaak het. Ons is egter dankbaar dat ‘n bietjie van normaliteit teruggekeer het en mag ons net verder daarop bou en nie toelaat dat die pandemie ons onderkry nie. Lees gerus meer onder die sportafdeling in die nuusbrief van die uitslae en die bekerwenners.

Vrydagoggend, 11 Februarie, het die Gr.1’s as ‘klinker’-superhelde skool toe gekom. Dit was groot pret en als deel om op ‘n praktiese wyse die klinkers vir die Gr.1’s te demonstreer en vinnig het hulle geleer dat ‘n mens nie sinne sonder klinkers kan bou nie. Baie dankie aan al die Gr.1-opvoeders wat ook in hul superheld-uitrustings opgedaag het. Graag wil ek vir Mika van der Walt (Gr.1-leerder) hartlik bedank wat na afloop van die geleentheid, sonder dat ‘n juffrou vir haar gevra het, al die papiere wat rondgelê het gaan optel het en dit in die vullisdromme gegooi het. Sy het dan ook tydens die Grondslagfase se saalbyeenkoms op Dindag, 16 Februarie, die Jannie van die week-toekenning ontvang vir die pragtige voorbeeld wat sy vir ons almal gestel het. Ons is baie trots op jou, Mika!

Week 5 het verder afgeskop met Valentynsdagvieringe op Maandag, 14 Februarie, want Februarie is mos die maand van die LIEFDE. Valentynsdag het waarskynlik sy oorsprong van ‘n antieke Romeinse fees waar St. Valentyn blykbaar ‘n romeinse martelaar was, maar dit nou daar gelaat. Volgens navorsers is die gewildste ontvangers van valentynskaartjies onderwysers, kinders en vroue. Baie dankie aan al die Jannies wat pragtige kaartjies vir my en die opvoeders gemaak het. Dit is baie kosbaar. Baie interessant dat 85% van aankope van kaartjies deur vroue gedoen word. Vir die romantikus is dit ‘n heerlike dag om hul geliefde behoorlik te bederf en vir die ander is dit dalk bloot net ‘n kommersiële klug om mense van hul broodnodige geld te beroof. Hoe dit ookal sy, ons leerders en personeel het almal pienk en/of rooi aangetrek en het pragtig gelyk om die dag van liefde en omgee saam te vier. Ek hoop en vertrou dat die liefdesdag vir jou en jou geliefde baie spesiaal was.

Graag sluit ek met die volgende woorde rakende die liefde af:

“Liefde moenie ‘n geheim wees nie. As jy vir iemand lief is, maak seker dat hulle dit weet .”

Geniet die naweek!
Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Vrydag, 25 Februarie, gedurende eerste pouse verkoop die sosiale komitee roomyse! Pryse wissel tussen R10 – R20. Onthou om ‘n geldjie skool toe te stuur!

/ Algemeen, Nuus
KLEIDUIF KOMPETISIE

/ Algemeen, Nuus

Ons versoek dat niemand op die bus se parkering op die agterste veld onder die bome stop nie. Die skool se bussies moet dan in die son staan en dit is nie ideaal nie. Dankie vir julle samewerking!

/ Algemeen, Nuus

Die Beheerraad se eerste amptelike beheerraadsvergadering vir die jaar is Maandagaand gehou om te verseker dat ons trotse skool 2022 soomloos aanpak en van krag-tot-krag sal gaan. Graag wil ek by voorbaat ons Voorsitter, Merwe Scholtz, en die ouerkomponent van die beheerraad naamlik Izelle Venter (onder-voorsitter), Esri Marais, Marié Cruywagen, Andries Viljoen en Marili Thomson (Tesourier) hartlik bedank vir hul waardevolle insette asook die kosbare tyd wat hulle spandeer om die funksionaliteit van ons spogskool te verseker.

Op Dinsdag, 8 Februarie 2022, het 50 van ons atlete by Hoërskool Kampsbaai aan die Interskole Atletiekbyeenkoms wat deur die Duitse skool gereël is, gaan deelneem. Ons atlete het baie goed gevaar met 37 atlete wat na die volgende rondte vorder. Sien die uitslae onder die Sport afdeling in die nuusbrief. Dit was so jammer dat weens omstandighede buite ons beheer julle as ouers/voogde nie die byeenkoms kon bywoon nie. Ek het wel waargeneem dat van ons ouers vinnig ‘n plan gemaak het om vanuit ‘n ‘strategiese’- en hoër hoogte die byeenkoms op ‘n afstand dop te hou. Baie dankie aan ons opvoeders wat as beamptes opgetree het asook Razelle en Shahneé wat die administrasie van die hele byeenkoms hanteer het.

Op Woensdag, 9 Februarie, het verskeie tenniswedstryde asook ‘n o/11-krieketwedstryd plaasgevind. Graag wil ek die ouers/voogde komplimenteer wat die wedstryde weer so getrou begin bywoon om ons Jannies te ondersteun. Soos Rudi Badenhorst vir my Woensdag tydens die o/11-krieketwedstryd teen Laerskool Kampsbaai gesê het: Wat ‘n voorreg om as ‘n ouer weer na ‘n lang tydperk langs die sportveld te kan wees.” Ons is so dankbaar dat ons Jannies weer aan sportwedstryde en byeenkomste kan deelneem waar hulle dikwels onwetend belangrike lewenslesse leer. Sport is nie net goeie oefening nie, maar dit lei ook tot gesonde emosionele welstand wat kinders in die algemeen gelukkiger maak. Wees verseker dat ons vanjaar uit ons pad sal gaan om vir ons Jannies die geleenthede te skep om hul sporttalente uit te leef. Die ‘oordoen’ van die tennisbane langs die swembad is amper voltooi en ons behoort binnekort daarvan gebruik te maak. Behoorlike dreinering is ook ingesit om te verseker dat vog nie weer onder die oppervlakte opbou nie.

‘n Pluimpie vir ons afrigters is dat ons vanjaar 6 spanne vir die tennisliga ingeskryf het. Ek rig ‘n vriendelike versoek dat julle as ouers/voogde ons met die vervoer van veral die tennisspanne na en van die verskillende plekke kan help. Tenniswedstryde geskied op Woensdae saam met o/11-krieketwedstryde wat ongelukkig so deur die onderskeie unies bepaal word. Verder vind tenniswedstryde tuis en sover as die noordelike voorstede plaas wat dit logisties moeilik maak om al die spelers betyds by die verskillende plekke te kry. Baie dankie by voorbaat vir hierdie hulp.

Dit is dan ook vir my aangenaam om te deel dat die getalle by die nasorg vanjaar weer mooi opgetel het. Baie dankie aan Madri en haar span wat uit hul pad gaan om die nasorg lekker vir ons nasorgleerders te maak. Ek weet hulle beplan heelwat meer interessante aktiwiteite om die nasorgleerders te vermaak.

Vandag geskied die senior swemgala en ek glo ons Jannies gaan dit baie geniet.

Graag sluit ek af met die volgende woorde rakende dankbaarheid:

Dit is nie geluk wat ons dankbaar maak nie, dit is dankbaarheid wat ons gelukkig maak. Die pad na vrede loop deur die land van dankbaarheid.”

Geniet die naweek!

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Besoek gerus ons Vraag & Antwoord-blad op die webtuiste. Dit is beskikbaar onder die MyJvR opskrif in die menu. Ouers kan die soekfunksie gebruik om iets op die webtuiste op te spoor en ook inligting en video’s onder die Gereelde Vrae-afdeling sien. Daar word binnekort nog bygevoeg, so hou die spasie dop!

/ Algemeen, Nuus

  • Maandag, 14 Februarie, hou ons valentynsdagverkope!
  • Daar sal pouse ‘n verskeidenheid lekkernye, geskenkies en bederfies wees om te koop.
  • Leerders kan op hierdie dag gratis sivvies aantrek.
  • Dit is alles ten bate van die fondsinsameling vir ons somersokkie op 17 Maart 2022.
/ Algemeen, Nuus

Week 3 van die akademiese jaar het op ‘n baie warm en bedompige Maandagoggend afgeskop met ‘n aangename verrassing vir ons leerders aangesien ons skool op 31 Januarie 101 jaar oud is. Ek het spesiaal met Martin Venter, Meesterkannonier van die Suid-Afrikaanse Kannonier Vereninging, gereël om met sy miniatuur-kanon x10 skote agter op die sportveldjie ten aanskoue van ons leerders en personeel te kom afvuur ter herdenking van ons 100ste bestaansjaar. Elke skoot het 10 jaar verteenwoordig. Hy het ook sy kennis rakende al die geskiedkundige kannonne in Suid-Afrika met ons gedeel en die leerders het dit baie interessant en leersaam gevind.

Feesvieringe is verder die aand voortgesit met heerlike samesyn van ouers/voogde en vriende van die skool tydens ons 100 + 1 Feesvieringe. Vanaf 18:30 kon ons ouers/voogde deur die skool se gange stap om die spog kunsuitstallings van die leerders se kunswerke wat die 100 jaar se geskiedenis en ryk tradisies van die skool uitbeeld, te besigtig. Smaaklike etes is ook die aand voorsien en groot opgewondenheid het onder ons ouers/voogde geheers om weer ‘n slag lekker saam te kon kuier. Baie dankie aan Marinda wat die afgelope 2 jaar agter die skerms die feesvieringe en ‘n spogstuk van ‘n feesboek beplan het. Graag wil ek die OOV, onder leiding van Ria Hertzog hartlik bedank vir die puik reëlings vir die spesiale geleentheid. Baie dankie ook aan Stephanie le Roux wat kom hand bysit het om te verseker dat alles klopdisselboom verloop tydens die spesiale okkasie.

Laat my dan ook toe om almal te bedank vir my mooi verjaarsdagwense, boodskappe en geskenke. Die personeel, prefekte en die leerders het my tot in die afgrond bederf. Ek is so bevoorreg, want elke Jannie het vir my ‘n spesiale verjaarsdagkaartjie gemaak met ‘n verjaarsdagwens – dit is so kosbaar! Ek sal die spesiale dag nooit vergeet nie. Vrydag, 28 Januarie, was nie net my verjaardag nie, maar het ook gepaard gegaan met die Jannies Jooldag. Die Jannies was omtrent in die 7de hemel met al die pret-aktiwiteite op die spyskaart en het seker gedink dit is deel van die skoolhoof se verjaardag.

Hierdie week het ons buitemuurse program ook afgeskop om ons leerders vir die somersportkodes voor te berei. Ongelukkig het die weer nie op Woensdag, 2 Februarie, so lekker saam gespeel nie en is van ons tenniswedstryde ongelukkig gekanselleer as gevolg van die ongure weer. Die koeler en nat weer na die naweek en Maandag se hittegolf het egter ‘n groot lafenis vir mens en dier gebring.

Op Dinsdag, 1 Februarie, het Benita Smit (Hoof van Grondslagfase) vir die Grondslagfase ‘n pragtige boodskap rakende die korrekte gebruik van woorde in jou daaglikse kommunikasie met mense aan die die Grondslagfase leerders (Gr. 1 – 3) gebring. Skynbaar praat vrouens sowat 18 000 woorde per dag en mans slegs sowat 6 000. Ek weet ek beweeg nou op ‘n gevaarlike terrein! Kinders gebruik tussen 3 000 en 7 000 woorde per dag en dit is waar sy ons leerders aanraai om eerder positiewe woorde te gebruik as afbrekende woorde. Moenie woorde onnodig op ‘n destruktiewe wyse mors nie, maar eerder as opbouend – dit bring baie meer vreugde. Kom ons dink voor ons praat, want soos hulle sê: dit is baie keer nodig om eerder jou mond toe te hou sodat jou brein kan asemskep. My ma het my geleer: “Jy kan dink wat jy wil, maar jy kan nie altyd sê wat jy wil nie.”

Ons is so dankbaar dat dit baie beter met Kolya gaan aangesien hy uit die hospitaal ontslaan is en nou by die huis aansterk. Ons glo en vertrou hy sal binnekort by ons kan aansluit. Sy klasmaats mis hom baie en hulle glo dat hy sommer vinnig op die been sal wees.
Graag sluit ek af met die volgende woorde: “Woorde kan seer maak, heelmaak, saakmaak ….. Dink mooi voor jy praat!

Geniet die naweek!
Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Dapper Stappers, Nuus

Leerders van graad 4 tot 7 is welkom om op 26 Februarie saam met ons ‘n roete in die berg te gaan stap! Hou jul e-pos dop vir ‘n Google Form wat volgende week uitgaan vir meer inligting en om aan te dui of julle saam wil stap.

Indien julle voorstelle het vir lekker roetes, kliek HIER om ons te laat weet, ons sal julle insette waardeer.

/ Algemeen, Nuus

Dinsdag, 1 Maart is dit fotodag.

Die volgende foto’s sal geneem word:

  • Individuele foto’s
  • Boetie- en sussie foto’s
  • Beheerraadfoto
  • Biblioteekmonitors
  • Suidoosterredaksie
  • OOV

Reëlings:

  • Kleredrag: Leerders dra hul gewone wit JvR-skoolhemp (plat kraag met wapen op die sak) met hul grys kortbroek en donkerblou rompie, wit en grys sokkies met skoolskoene.
  • Daar sal GEEN LO-lesse op hierdie dag wees nie.
  • Leerders moet asb. betyds wees. Ons begin reeds om 08:00 met die foto’s.
  • Maak asb. seker dat jou kind(ers) se hare en naels netjies en skoon is.
/ Algemeen, Nuus

Kan julle glo, vandag is dit reeds die 2de week nadat die skool sy deure vir die akademiese jaar geopen het. Tyd vlieg ongelooflik vinnig verby. Roetine word weer stadig maar seker deel van ons leerders se daaglikse lewe en dit is verblydend om die stralende gesiggies te sien wat soggens by die skool opdaag.

Vandag is ‘n baie spesiale dag, want vandag is dit Jannies Jooldag om die 100 + 1 bestaansjaar van ons trotse skool te vier. Die pandemie het ons feesvieringe in 2021 totaal bederf, maar vandag beplan ons om die spreekwoordelike rooi tapyt uit te rol wat verskeie pret aktiwiteite insluit om ons Jannies te bederf. Aktiwiteite sluit in waterglyplank, “putt-putt”, hindernisbaan en sportkaskenades vir die gronslagfase leerders terwyl die Graad 4 tot 7-leerders met swemkaskenades, balspeletjies, sportkaskenades, toutrek en “minute to win it” vermaak gaan word. Ek glo die Jannies gaan hul gate uit geniet en hou gerus die JvR-Kiek dop vir foto’s. 100 + 1 Feesvieringe vir ouers/voogde geskied dan op Maandag, 31 Januarie, vanaf 18:00 by die skool met ‘n spog kunsuitstalling van die leerders se kunswerke wat die 100 jaar se geskiedenis en ryk tradisies van die skool uitbeeld. Moet asseblief nie die spoggeleentheid misloop nie.

Volgende week skop ons met die buitemuurse program af. Ek doen ‘n beroep op al ons leerders om aan al die sport- en kultuuraktiwiteite deel te neem. Ons weet almal dat buitemuurse aktiwiteite fiksheid, konsentrasie, deursettingsvermoë, dissipline, spierontwikkeling en samehorigheid ontwikkel.

Baie dankie aan ons ouers wat so getrou die afgelope week die ouerinligtingsaande bygewoon het. Graag daag ek julle uit om aktief betrokke by jou kind se skoolwerk te wees. Betrokke ouers verbeter hul kind se skoolprestasies en die kinders voel akademies meer bekwaam. Belê in jou kind se toekoms deur tyd te maak met jou kind rakende sy/haar skoolwerk. As skoolhoof verstaan ek die waarde wat betrokke ouers se waarde is. Onthou dat my deur altyd oopstaan.

Vandag is dan ook my 2de verjaardag by die skool wat dié dag nog meer spesiaal maak. Ek is egter bekommerd dat die leerders dink die spesiale Jooldag is deel van my verjaardag, want dan skep dit ‘n verwagting dat die pret aktiwteite elke jaar op my verjaardag gaan geskied.

Op Dinsdag, 25 Januarie, het ons weer met normale saalbyeenkomste begin wat voorheen met die pandemie nie moontlik was nie. Dit was dan my voorreg om die Intersenfase leerders (Gr. 4 – 7) en personeel toe te spreek. My boodskap het oor dankbaarheid gehandel. Volgens die HAT is dankbaarheid die gevoel van waardering wat ‘n mens tevredenheid gee. Ek versoek ons hele skoolgemeenskap om te probeer om met meer dankbaarheid te leef, veral met die lesse wat die pandemie wat ons die afgelope tyd geleer het. Ek glo verder dat dankbare mense gelukkige mense is en gelukkige mense is diensbaar tot die mensdom. Kom ons maak ‘n gewoonte om mense te bedank, want om dankie te sê is ‘n erkenning aan die mensdom.

Ons is so dankbaar dat dit baie beter met Kolya gaan aangesien hy nie meer in die Hoë Sorgeenheid van die hospitaal is nie. Ons bid vir sy spoedige en volkome herstel.

Graag sluit ek af met die bekende aanhaling van Mary Davis:
“The more grateful I am, the more beauty I see.”

Geniet die naweek!
Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Eeufees 2021, Nuus

Ons kan uiteindelik Maandagaand, 31 Januarie, ter viering van ons skool se 100 + 1 verjaardag lekker saam kuier. Ons (slegs ouers/voogde en onderwysers) ontmoet mekaar stiptelik om 18:00 in die skoolsaal waarna kos en drankies buite die saal beskikbaar sal wees. Ons sal die koskaartjies (soos deur Karri bestel) vanaf 17:30 voor die saal beskikbaar hê. Dit verseker dat dit nie verlore raak nie. Die kunsuitstalling is dwarsdeur die skool. Jy is welkom om teen jou eie tyd rustig daarna te kyk.

/ Akademie, Algemeen, Nuus

Indien jy onseker is hoe om die skool se algemene kalender en/of die Gr.4-7 taak-en toetsrooster kalenders met jou eie kalender te sinchroniseer, volg die gepaste skakel hieronder (ook beskikbaar aan die bokant van ons webtuiste). Volg dan die instruksies in die grys blokkies wat op jou van toepassing is.

Algemene kalender
Graad 4 taak- en toetsrooster
Graad 5 taak- en toetsrooster
Graad 6 taak- en toetsrooster
Graad 7 taak- en toetsrooster

Indien jy steeds nie regkom nie en graag die kalender op jou selfoon/rekenaar se kalender wil hê, stuur gerus ‘n e-pos na suzaan@jvrprim.co.za.

Belangrike Datums

februarie 2026

23feb00:0023:59Beheerraad-vergadering

24feb00:0023:59Atletiek: Panorama (o.7 - o.9)

24feb08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

25feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Pre-Seisoen Oefeninge begin (Netbal & Rugby)

26feb00:0023:59Mini krieket: Parklands (TUIS)

27feb(feb 27)00:0026(feb 26)23:59Adri Marais (Admin) verjaar

27feb00:0023:59Swem: Junior Kleure swemgala

27feb00:0023:59Somersport eindig

27feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

28feb00:0023:59Atletiek: WP-kampioenskappe

Wys Meer

maart 2026

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

28feb00:0023:59Atletiek: WP-kampioenskappe

02mrt00:0023:59Wintersport Begin

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

05mrt00:0023:59Mini krieket: Rallim (TUIS)

06mrt00:0023:59Skool verdaag vroeër (Voorlopig)

06mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59TOETS

06mrt00:0023:59Skaak: Panorama

09mrt00:0023:59Leerderraadontbyt by HS JvR

10mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

11mrt(mrt 11)00:0013(mrt 13)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Mini krieket: Riverside (TBC)

13mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

13mrt00:0023:59Finkom Vergadering

13mrt00:0023:59TOETS: EBW (gr.7)

13mrt00:0023:59Rugby: De Kuilen o.11A Toernooi

13mrt08:0008:30Netbal: De Kuilen o.13A toernooi

14mrt(mrt 14)00:0015(mrt 15)23:59Dapper Stappers: Oornagstap (Langebaan)

17mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

18mrt00:0023:59Somersokkie (gr.5-7)

18mrt(mrt 18)00:0019(mrt 19)23:59Boekverkope

18mrt08:0008:00Algemene Kennis Toets

19mrt00:0023:59Gholfdag

19mrt00:0023:59Sportprogram eindig

19mrt00:0023:59Mini Krieket: Curro Century City (TBC)

19mrt08:0008:00Graad 3 Uitstappie

20mrt00:0023:59Hokkie: Ls Vredenburg (WEG)

20mrt00:0023:59Hokkie: Totius (TUIS) Almal

21mrt00:0023:59Menseregtedag (Vakansiedag)

21mrt00:0023:59Netbal & Rugby: Ls Vredenburg (TUIS)

21mrt00:0023:59Netbal: Ls Hermanus (MNB)

23mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.1-3)

24mrt00:0023:59Lead4life (gr.6)

24mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.4-5)

25mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.6-7)

26mrt00:0023:59Personeelafsluiting

26mrt00:0023:59Sivvies

26mrt00:0023:59Jan Kas gesluit

26mrt00:0023:59Markdag

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt00:0023:59Skole sluit (Skoolvakansie)

27mrt00:0023:59Sivvies

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

Wys Meer

april 2026

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

01apr00:0023:59KALENDER toets

03apr00:0023:59Goeie Vrydag (Vakansiedag)

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9 & o.10)

11apr00:0023:59Netbal: Tableview (o.10- o.13)

11apr00:0023:59Kapperjolle

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr19:0019:00Boston Koorfees (Senior Koor)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15apr(apr 15)00:0016(apr 16)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug00:0023:59Netbal: Parklands (WEG) - Almal

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer