Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Met die aanvang van die 2de week van die kwartaal is alle skoolaktiwiteite in volle swang. Laasjaar die tyd was daar nog so ‘n bietjie bekommernisse oor COVID, maar vanjaar is daar nie sprake daarvan nie en kan ons as ‘n skoolgemeenskap weer ‘normaal’ funksioneer.

Op Maandag, 23 Januarie 2023, het die somer buitemuurse program amptelik afgeskop en ons is aangenaam verras met die opkoms van leerders wat aan die verskillende somersportkodes wil deelneem. Baie dankie aan al die ouers/voogde vir julle aandeel om jul kinders te motiveer om vanjaar aktief te wees en aan skoolsport deel te neem deur dit saam met hul maats te geniet.

Graag wil ek al ons ouers/voogde wat die inligtings- en bekendstellingsaand op Dinsdag, 24 Januarie 2023, bygewoon het hartlik bedank en gelukwens met die opkoms. Dit is werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat soveel ouers/voogde werklik betrokke by sy/haar kind se skool wil wees en dit koester om deel te wees van ‘n spesiale skoolgemeenskap wat omgee. Laat my toe om ons OOV-voorsitter, Ria Hertzog, en haar span (Esna Boshoff en Elette Symington) vir die puik reëlings en harde werk hartlik te bedank wat die sukses van die aand verseker het. Die samesyn was kosbaar en die positiewe ‘gees’ onder die ouers/voogde was amper tasbaar. Die doel van die aand was natuurlik om inligting oor jou kind/ers se nuwe graad oor te dra, asook om die personeel bekend te stel. Ek dink almal stem saam dat die geleentheid absoluut die regte geleentheid was om die jaar op ‘n hoogtepunt af te skop. Ek glo ouers/voogde het die geleentheid gebruik om mekaar beter te leer ken, veral die graad 1-ouers asook al die nuwe ouers en daardeur nuwe vriendskappe te bewerkstellig.

Die pret vir die week stop egter nie by Dinsdagaand nie, dus glo ek dat ek weer almal môre tydens die ouer- en kindsportdag by die Conradieveld sal sien. Ouers en kinders word op die dag in spanne van 6 lede in gedeel wat bestaan uit 3 volwassenes en 3 kinders. Julle kan aan sokker, mini-krieket, ‘tag-rugby’ en veldnetbal deelneem. Neem gerus deel, geniet die dag saam met jou kind/ers en indien jy bekommerd is oor ‘n ‘ou’ besering, ons gaan spesiaal van professionele noodhulp gebruik maak. Daar sal ook heerlike koffie, eet (Pizza) – en drinkgoed te koop wees. Braaidromme gaan ook uitgepak word indien julle na afloop van die sportdag (vanaf 12:00) wil braai en lekker saam kuier. Bring dus gerus jou smaaklike ‘skaaptjoppies’ en ander verversings saam. By voorbaat dankie dat julle die dag gaan ondersteun. Ek glo dit gaan ‘n jaarlikse instelling word. Groot dankie aan die personeel wat as beamptes gaan optree asook registrasies en die snoepieverkope gaan hanteer.

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid deur Sherman Finesilver en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Don’t worry about failure.
Worry about the chances you miss
When you don’t even try!”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

*Plakaat ontwerp deur Jacques Viljoen (gr. 7S)

Graad 7-Fondsinsameling Plakaat
/ Algemeen, Nuus
  1. Skooler is die toep wat ons gaan gebruik om met ouers te kommunikeer, leerders se opdragte en beplanning te laai en datums beskikbaar te stel.
  2. Ouers moet asb. Skooler Parent aflaai.
  3. Wifi: Indien julle nie internet by die huis het nie, kan julle tot volgende week Vrydag, 3 Februarie, aan die skool se wifi konnekteer om die toep af te laai:
    • JvR Guest
    • Wagwoord: 24Jan2023
  4. Soek JvR nadat dit afgelaai is.
  5. Kies die Activate my account opsie langsaan First-time user?
  6. Tik die e-posadres / selfoonnommer wat die skool van jou het, in.
  7. Tik die kode wat aan jou gestuur is, in.
  8. Skep ‘n wagwoord.
  9. Teken in.
  10. Indien iemand sukkel om in te teken of die toep af te laai, stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za
  11. Om Skooler op ‘n rekenaar te gebruik, volg hierdie instruksies:
    • Tik Skooler in by jou soekenjin en kliek op die https://skooler.com webtuiste.
    • Kliek Login regs bo.
    • Kliek op die Home Parents blok.
    • Tik in JvR om die skool te soek.
    • Indien jy reeds op jou selfoon geregistreer het, kan jy inteken met jou e-posadres en wagwoord. Indien jy nog nie het nie, kan jy op Activate my Account kliek.
/ Algemeen, Nuus

Hartlik welkom terug by die skool. Groot opwinding met hoë energievlakke het op Woensdagoggend, 18 Januarie 2023, tydens die opening van die skool na die heerlike somervakansie geheers. Ons graad 1’s is spesiaal met ope arms deur die leerderraad ontvang en na hul onderskeie klaskamers vergesel. Dit was so lekker om ook al ons ouers te verwelkom, blad te skud en sommer net lekker te gesels oor die vakansie en die jaar wat voorlê.

Ek hoop en vertrou almal het ‘n heerlike vakansie en ‘n geseënde Kerstyd saam met familie en vriende geniet. Ek glo almal se spreekwoordelike batterye is ten volle herlaai en slaggereed om die nuwe jaar aan te pak. Sterkte ook met al die nuwe jaar voornemens!

Graag rapporteer ek dat al ons personeel veilig terug is na die lang vakansie, uitgerus en gereed om jul kinders te onderrig en te ondersteun om seker te maak dat elke Jannie sy/haar skooljaar sal geniet. Ons streef daarna dat elke leerder sy/haar volle potensiaal bereik teen die tempo waarteen elke leerder individueel ontwikkel. Laat my ook toe om die volgende nuwe personeel hartlik by die JvR-familie te verwelkom:

  • Naomi Uys (Gr. 2)
  • Ilse-Marie Holtshauzen (Gr. 4)
  • Erick Snyman (Gr. 5)
  • Suné Swanepoel (Kodering en Robotika)
  • Jua-Mari Strehler (GF-klasassistent)
  • Charmlynn Hendricks (GF-klasassistent)

Maak asseblief seker dat jy volgende week op Dinsdagaand, 24 Januarie 2023, vanaf 18:00 die bekendstellingsfunksie en inligtingsaand by die skool bywoon sodat julle ook al die nuwe personeel kan ontmoet. Die program vir die aand werk as volg:

  • 18:00 – Inligtingsgesprek met klasonderwyser in klaskamer soos deur onderwysers gereël.
    Benut assseblief dié geleentheid om jou kind se leeromgewing te sien en die roetines / stelsels binne-in die klas te verstaan. Ons gaan ook die akademiese verwagting vir die graad deurgee. Onderwysers moet egter direk na afloop van die vergadering in die saal wees vir die bekendstellingsfunksie. Individuele afsprake sal op ‘n latere stadium met ouers gemaak word sodra die basislynassesserings voltooi is.
  • 18:45 – Almal verdaag saal toe vir ons algemene inligtings- en bekendstellingsvergadering.

Na afloop van die bekendstellingsfunksie sal heerlike etes geniet word. Ek sien baie uit na die heerlike samewyn.

Ons begin ook vanjaar vroeër met ons sportoefeninge. Die atletiekspan het alreeds vanaf Woensdag, 18 Januarie, begin oefen ter voorbereiding van die Interskole atletiekbyeenkoms wat op 06 Februarie plaasvind. Die somersport-buitemuurse program skop dan amptelik op Maandag, 23 Januarie 2023, af. Hou asseblief Saterdagoggend, 28 Januarie 2023, oop waartydens ons ‘n ouer-kind informele sportdag by die Conradieveld gaan aanbied. Die doel hiervan is om pret saam met jou kind te hê terwyl ouers ook die geleentheid kry om sommer ook mekaar beter te leer ken en saam die jaar behoorlik af te skop met lekker gees en opwinding.

Graag sluit ek af en wens julle ‘n wonderlike en voorspoedige 2023 toe. Geniet saam met jou kind/ers hul nuwe graad en leerervaring. Mag julle ‘n heerlike naweek geniet.

Vriendelike groete

Naas Beets

SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Ons het hierdie jaar slegs vir graad 1-leerders en nuwe ouers ‘n hardekopie ouerhandleiding uitgedeel. Kliek HIER of op die foto hier onder vir die elektroniese weergawe. Kliek op die opskrifte in die inhoudsopgawe om te navigeer na die regte bladsy en kliek aan die onderkant van bladsye op Terug na Inhoudsopgawe om terug na die begin te gaan. Die Ouerhandleiding is ook beskikbaar op die webtuiste onder SKOOL, RIGLYNE EN TOELATING.

/ Algemeen, Nuus, Sport

Saterdag, 28 Januarie, hou ons ‘n ouer- en kindsportdag op die Conradieveld. Dit is ‘n geleentheid waar ouers en kinders aan aktiwiteite saam kan deelneem terwyl ons sosiaal verkeer. Daar is 6 aktiwteite wat op die dag aangebied word: Sokker, Tag-rugby, Mini-krieket(sagte bal), netbal-doelkompetisie en 2 grasnetbalbane vir netbal.

Verloop van die dag:

  • Registrasie begin om 07:30.
  • ‘n Tydgleuf word volgens registrasie aan spanne toegeken.
  • Eerste rondte begin om 08:15.
  • Elke rondte is ongeveer 30 min. lank.
  • Laaste rondte begin om 11:45.

Algemene reëlings:

  • Toegang is gratis.
  • Spanne bestaan uit 6 spelers, ongeag die aktiwiteit. Die spanne bestaan uit 3 ouers (volwassenes) en 3 kinders van dieselfde ouderdom/graad.
  • Spanne is welkom om op ‘n kreatiewe manier aan te trek. Indien jy nie vooraf by ‘n span betrokke is nie, mag jy enige gemaklike sportdrag dra.
  • Spanne kan aan enige hoeveelheid aktiwiteite deelneem.
  • Alle aktiwiteite word kaalvoet of met tekkies gespeel. Geen tokse (sokker/rugby) word toegelaat nie.
  • Daar sal nie ‘n wenspan per aktiwiteit wees of ‘n wenner vir die dag aangedui word nie.
  • Aangepaste reëls sal op die dag vir alle aktiwiteite gevolg word.
  • Alle toerusting word deur die skool voorsien. (bv. balle, kolwe en bibs)
  • Noodhulp sal beskikbaar wees.
  • Daar sal verversings op die dag te koop wees bv. pizza, koffie, tjipstokkies en snoepie.
  • Braaidromme en hout sal na afloop van die dag beskikbaar wees vir almal wat iets op die kole wil gooi.
  • Bring gerus kampstoele en komberse saam.
  • Daar sal geen parkering binne die veld beskikbaar wees nie. Daar is ook beperkte parkering in die strate. Maak asseblief sover moontlik van rygeleenthede gebruik.

Indien enige iemand pryse vir gelukkige trekkings wil borg, kan hulle die sportkantoor kontak.

Ons sien uit om die dag saam met almal te spandeer.

/ Algemeen, Nuus

Die proses om skooldrag aan te pas is voorwaar opwindend! Die meeste van ons graad 1’s dra reeds hul nuwe skooldrag en hulle lyk pragtig. Baie dankie aan elkeen se geduld en ondersteuning met hierdie proses. Ons moet altyd onthou dat verandering nie maklik is nie, maar wel nodig is om vooruit te gaan. Iets waarna ons konstant streef.

Wees asseblief gemaklik om jou kind enige van die skooldrag wat nog pas, te laat dra. Dit beteken dat hulle wel LO-drag mag dra. Sodra al die nuwe klere versprei is, sal dit verpligtend vir almal wees om dieselfde te lyk. Ons het van die begin af geweet dat dit deel van hierdie jaar se skooldrag sal wees.

Die dra van die donkerblou feeshempies word eintlik nie meer toegelaat nie. Indien jou kind se ander skooldrag te klein is en die feeshempie die enigste hempie is wat pas, dra dit gerus. Wees asb. egter net bewus dat daar nie meer ‘n spesiale drag vir Vrydae sal wees soos ons tydens 2021 en 2022 met die dra van die feeshempie gehad het nie.

Sivvies sal steeds op die laaste Vrydag van elke maand gratis gedra mag word.

Loer dan ook na jou kind se haarbykomstighede. Dit moet donkerblou wees.
Oorbelle: klein, dun ringetjies met fyn knobbels (studs). Geen steentjies of ander patroontjies nie.
Geen ander juweliersware mag gedra word nie.

/ Algemeen, Nuus

Ons is opgewonde om by Dinsdagaand se inligtingsessie ons nuwe kommunikasietoep, genaamd Skooler, aan julle bekend te stel. Dit word die primêre kommunikasiekanaal tussen die skool en ouers en gaan julle ook toegang tot die skool se kalender en jul kinders se huiswerk en opdragte gee. Dus is dit baie belangrik dat julle die aand bywoon om meer inligting daaroor te ontvang. Die toep sal tydens die inligtingsessie afgelaai kan word.

/ Algemeen, Nuus

Die tweede laaste week van die akademiese jaar is op Vrydag, 09 Desember 2022, met ‘n suksesvolle kleure-atletiekbyeenkoms (Baanitems) te HS Kampsbaai afgesluit. Die weer het wonderlik saam gespeel en met die pragtige Atlantiese Oseaan in die agtergrond kon ons atlete nie anders as om hul beste te lewer nie. Die kleurhuise het hul onderskeie gedeeltes van die pawiljoen pragtig verfraai en die gees het hoog geloop met die dirigente wat hul huise se energievlakke en vokale teenwoordigheid luidkeels aangemoedig het. Verblywend was die deelname aan vanjaar se byeenkoms en volgens rekords, was dit die hoogste deelname in ‘n baie lang tyd. Baie dankie aan al die ouers/voogde wat gehelp het met die voorbereiding van die pawiljoene asook almal wat die dag tot aan die einde ondersteun het. Baie geluk aan die Blouspan wat vanjaar as wenners aangekondig is. Hulle het as die super trotse span weggestap deur ook die geesbeker te verower. Geluk aan die Oranjespan wat die aflosbeker gewen het. Baie dankie aan ons atletiese ouers wat aan die gewilde aflositem deelgeneem het, maar (on)gelukkig was die onderwyserspan weer die dag op hul stukke. Gelukkig was daar geen beserings na afloop van die item nie. Baie geluk aan die volgende atlete wat die spesifieke trofees verwerf het:

  • Junior Victrix Ludorum: Cato Terblanché
  • Junior Victor Ludorum: Rafa Lamprecht
  • Senior Victrix Ludorum: Klara Steyn
  • Senior Victor Ludorum: Dawid-Wiese Viljoen

Gister het ons ook ‘n informele swemgala vir al ons swemmers wat deur die jaar ons swemoefeninge getrou bygewoon het, aangebied. Die swemmers het dit terdeë geniet en dit was heerlik om tydens skooltyd tyd in die swembad deur te bring. Baie dankie aan Razelle en Bibi vir hul puik reëlings.

Vandag sluit die skole na ‘n baie besig jaar propvol lekker aktiwiteite. Ons het ook vanoggend die leerderraad vir 2023 bekend gemaak. Baie geluk aan die volgende leerders (alfabeties) en sterkte met die belangrike rol wat julle volgende jaar moet vervul:

Agter v.l.n.r.: Liza Hertzog, Carmen Barnard, Jan-Willem Silvis, Liam Joubert, Dawid-Wiese Viljoen en Katia van Wyk. Voor v.l.n.r.: Gemma de Vries, Kerala Allewell, Mieke Huysamen, Stella Lamprecht, Johan Symington, Ruben Oosthuizen en Karlien van der Walt

So kom die gr. 7’s se laerskoolloopbaan vandag ongelukkig tot ‘n hartseer einde en lê daar ‘n baie opwindende tyd met die aanvang van hul hoërskoolloopbaan volgende jaar voor. Om afskeid te neem en totsiens te sê is nie maklik nie, maar soos hulle sê, is elke einde die voorloper van ‘n nuwe begin. Ek hoop en vertrou dat hulle hul laerskoollewensreis by ons terdeë geniet het. Mag hulle al die goeie en opwindende tye saam met kosbare maats, wat hulle oor ‘n tydperk van sewe jaar gemaak het, onthou asook die personeel wat ‘n groot rol in hul lewe gespeel het. Dit was ‘n wonderlike voorreg om hulle die laaste 2 jaar te leer ken en te sien ontwikkel. Hulle is merkwaardige en selfstandige leerders met baie empatie, eerlikheid, verantwoordelikheid, omgee, integriteit en mooi maniere. Ek is werklik trots op hulle en ek weet hulle is slaggereed om die hoërskool-arena met selfvertroue te betree. Ons Jannies sal altyd uitstaan, maak nie saak waar hulle hulself bevind nie en onthou om altyd hulself te wees. My beste wense vergesel hulle en mag hulle voortbou op hul sukses, hou aan groot droom en gaan uit om ‘n verskil in ander mense se lewens te maak.

Op hierdie noot groet ek ook die onderwysers van wie ons vandag afskeid neem: Juf. Bibi, juf. Nadia en juf. Razelle. Julle het oneindige diep voetspore op verskillende maniere in ons skoolgemeenskap getrap. Dankie vir jou aandeel aan ons skool se sukses!

Laat my ook toe om ons hele personeel hartlik te bedank vir hul harde werk en toewyding die afgelope jaar om seker te maak dat ons leerders hul volle potensiaal kan bereik.

Ons is baie dankbaar vir Ria Hertzog wat bereid is om vir die eerste kwartaal in die nuwe jaar nog die OOV-voorsitter rol te vervul totdat Coreen Scholtz in die tweede kwartaal by haar oorneem. Dankie dan ook aan Coreen vir haar bereidwilligheid, ons is baie dankbaar en sien uit om saam met haar ‘n pad te stap!

Graag sluit ek af en wens julle ‘n welverdiende vakansie en geseënde Kerstyd saam met familie en vriende toe. Reis asseblief veilig en geniet die vakansie saam met jul kosbare kinders. Baie dankie vir jul lojale ondersteuning die afgelope jaar en mag 2023 vir ons almal baie voorspoedig wees met ‘n beker van dankbaarheid wat oorloop.

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

18 Jan. 2023

07:45 Skool open vir leerders
*Leerderraad ontvang gr. 1’s
Nasorg begin
14:15 Somersport (atletiek) begin
Leerders ontvang boeke

19 Jan. 2023

Klasse begin ruil

21 Jan. 2023

Leerderraad: Lead4Life
Atletiekkliniek (tuis)

23 Jan. 2023

Snoepie open vir etes
Somer buitemuurse program

24 Jan. 202

18:00 Ouerinligtingsvergadering

27 Jan. 2023

Sivvies

28 Jan. 2023

08:00 Ouer- en kindsportdag
*Mnr. Beets verjaar

/ Algemeen, Nuus

Die bestellings vir die buitemuurse aktiwiteite foto’s het reeds gesluit. Indien jy die afsnydatum gemis het, kan jy steeds op die fotograaf se webtuiste foto’s bestel. Die foto’s word egter dan nie by die skool afgelewer nie, maar eerder by ‘n adres van jou keuse en jy sal self die kostes vir die aflewering moet betaal.

Aanlyn bestellings:

Stap 1: Volg die SKAKEL om die foto’s te sien. Wagwoord: JVR2020

Stap 2: Bestel en betaal die foto’s op die Luncbox Photography webtuiste.

/ Algemeen, Nuus

Die tweede laaste week van die akademiese jaar het afgeskop met die jaarlikse prysuitdelings. Op Maandag, 5 Desember, het die Grondslagfase se prysuitdelings onderskeidelik vanaf 08:30 (gr. 1), 10:00 (gr. 2) en 12:00 (gr. 3) plaasgevind. Die intermediêre fase se prysuidelings het op Dinsdag, 6 Desember, onderskeidelik vanaf 08:30 (gr. 4), 10:00 (gr. 5) en 12:00 (gr. 6) plaasgevind. Die doel van die prysuitdelings is om erkenning aan ons leerders vir hul harde werk en toewyding te gee. Akademie is ons kernbesigheid en aangesien ons elke Dinsdag erkenning in die saal vir sport- en kultuurprestasies gee, is dit ook belangrik om op die regte wyse vir leerders erkenning vir akademiese uitnemendheid te gee. Natuurlik gaan daar leerders teleurgesteld wees, maar hulle kan dit verwerk as daar ‘n veilige anker by die huis is wat hulle dra. Ons moet saam met julle as ouers/voogde ook die leerders leer dat die lewe daar buite soms hard en onregverdig is, maar dat hulle meer werd is as enige trofee, sertifikaat of medalje.

Elke leerder het ‘n pragtige sertifikaat ontvang wat elkeen se onderskeidelike prestasies toon. Die Top Tien akademiese leerders in grade 4 tot 6 het spesiale sertifikate ontvang. Graag wil ek weer al ons leerders hartlik gelukwens met hul uitnemendheid, merkwaardige pretasies asook hul onberispelike gedrag die afgelope jaar. Ek het ook tydens die prysuitdelings gemeld dat ons leerders se emosionele intelligensie vir my merkwaardig is. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe hulle mekaar gelukwens met hul onderskeie prestasies sonder enige tekens van afguns. Hierdie gedrag spreek boekdele rakende die skool se kultuur en etos. Verder wil ek julle as ouers komplimenteer vir die wyse waarop julle jul kinders grootmaak asook jul aktiewe betrokkenheid by jul kinders se skoolaktiwteite. Om tyd saam met jou kind te spandeer, is kosbaar en die grootste belegging wat jy as ouer/voog in jou kind se toekoms kan maak.

Op Maandagaand, 5 Desember 2022, om 18:00 het die gr. 7’s hul afskeidsokkie by die klubhuis te Conradieveld gehou. Die opwinding was groot, die klubhuis was pragtig verfraai en ‘n professionele platejoggie het die aand die musiek verskaf. Die gr. 7’s was deftig uitgevat vir die belangrike okkasie. Baie dankie aan juf. Charlene, Izél en Suné vir die voorbereiding, toesig en reëlings asook mnr. Leon wat vir hulle wors gebraai het. Die gr. 7’s het dit terdeë geniet.

Gedurende die afgelope week het die jaarlikse kleure-atletiekbyeenkomste ook plaasgevind. Op Woensdag, 7 Desember, het die velditems te HS Jan van Riebeeck se sportvelde plaasgevind. Die weer het wonderlik saamgespeel en die uitsig vanaf die hoërskool se veld was eenvoudig asemrowend terwyl 4 nuwe rekords op die dag aangeteken is. Vandag vind die baanitems by HS Kampsbaai plaas en daaroor sal ek in volgende week se nuusbrief terugvoer gee. Die doel met die onderskeie atletiekbyeenkomste aan die einde van die jaar is tweeledig; eerstens is daar tyd, want die eksamens is afgehandel en tweedens kan die atletiekspan vir die 2023 se interskole vroegtydig bepaal word, want die interskole atletiekbyeenkoms vind vroeg in volgende jaar plaas wat ons baie min tyd gee om ons atlete daarop voor te berei.

Ek sluit af met die volgende anonieme aanhaling wat op ons waarde vir die laaste kwartaal fokus, naamlik Respek en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Respect is earned by action alone,
not self-gratification.’’

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Teken solank die datum aan vir die ouerinligtingsaand, personeel bekendstelling en ‘n lekker saamkuier. Dit is slegs vir ouers en personeel. Daar gaan binnekort ‘n Karri-invordering aan ouers gestuur word met spyskaartopsies. Ons hoop om almal daar te sien!

/ Algemeen, Nuus

Novembermaand groet ons stilletjies en is ook nie-amptelik die begin van die sogenaamde “silly season”. Ons sien dit dalk as ‘n tydperk waar mense die mees eienaardige en vreemde dinge aanvang en/of kwytraak. In die Suid-Afrikaanse konteks dalk verstaanbaar met al die uitdagings soos hoë inflasie- en rentekoerse, toename in werkloosheid asook ESKOM met beurtkrag. Selfs Charlene Theron was skuldig in die verband met haar naïwe 44-uitlating. Die term “silly season” het eintlik sy oorsprong uit die 19de eeu waar koerante tydens die begin van die somerseisoen vol van onbelangrike nuus was, want daar was nie voldoende politieke nuus vir enige sensasie nie. Gelukkig is dit nou Desember en die mens kom stadig maar seker weer tot sy sinne en maak gereed vir ‘n heerlike vakansie en kerstyd.

Gister het die eksamen vir die gr. 4 – 7 leerders ook tot ‘n einde gekom. Ek glo dat almal nou ‘n sug van verligting slaak en daar is weer ‘n ontspanne atmosfeer in jul huise terwyl almal na ‘n welverdiende vakansie uit sien. Die opvoeders is besig om die laaste klompie antwoordstelle na te sien en die moderasiespan maak seker dat nasienwerk korrek en effektief uitgevoer is. As skoolhoof is ek ook bevoorreg om aan die moderasieproses deel te neem en moet ek ons leerders met hul harde werk en puik uitslae komplimenteer. Punte word tans verwerk vir Promosie en Progressie by die distrikskantore. Graag wil ek die geleentheid gebruik om ons opvoeders, die klasassistente en die leerderondersteuningsdepartment hartlik te bedank vir hul harde werk en toewyding. Hulle het beslis die ekstra myl gestap om al ons leerders slaggereed vir die eksamens en assesserings te kry. Ons is bevoorreg met puik personeel wat omgee en ‘n verskil in elke Jannie se lewe wil maak!

Laat my ook toe om die junior- en seniorkore onder leiding van juf. Helecia en begelei deur mnr. Ben hartlik geluk te wens met hul puik optrede Sondagaand, 27 November 2022, tydens die kerssangdiens in die NG Tamboerskloof Gemeente. Die kerk was stampvol met ouers, leerders asook oumas en oupas wat saam met ons leerders die trotse optrede beleef het. Saam het ons ook gewilde kersliedere gesing om die geboorte van Christus te vier onder andere die pragtige kerslied: KERSFEES KOM, KERSFEES KOM! Baie dankie Ds Scotty en sy gemeente vir die onvergeetlike belewenis!

Alhoewel die eksamen nou verby is en daar lê nog net ‘n week en drie dae van skool oor, rig ek nog steeds die volgende ernstige versoek rakende die afhaal van leerders aan die einde van die skooldag: Pas asseblief die “drop and go / fetch and leave’’-beginsel toe. Moet asseblief nie so stop dat jou voertuig die verkeer belemmer nie. Indien ouers/voogde wel uit hul voertuie wil klim of heelwat vroeër arriveer om hul kinders af te haal, moet hulle asseblief hul voertuie in die toegewyde parkeerareas parkeer sodat die vloei van verkeer nog steeds so effektief as moontlik kan plaasvind. Baie dankie vir jul samewerking en dat ons almal sal konsidereer in die verband.

Ons deel met julle die nuus dat Francelle Kruger en Leandri Olivier, twee van ons assistente in die grondslagfase, ons ongelukkig aan die einde van die jaar verlaat. Ons is dankbaar vir hul toewyding en harde werk en wens hulle voorspoed toe op hul toekomsreis.

Ek sluit af met die volgende anonieme aanhaling wat op ons waarde vir die laaste kwartaal fokus, naamlik Respek en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Respek is ‘n ander woord vir LIEFDE.’’

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

Belangrike Datums

september 2026

14sep00:0023:59Krieket: o.13A vs Brackenfell (WEG)

14sep(sep 14)00:0015(sep 15)23:59Konsert: Optrede 1

14sep(sep 14)00:0018(sep 18)23:59Skool verdaag om 13:00 (Hele week)

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep08:0008:30Algemene Kennis toets

15sep18:3020:00Konsert: Optrede 2

16sep18:3020:00Konsert: Optrede 3

17sep18:3020:30Konsert: Optrede 4 (Grand Finale)

20sep(sep 20)00:0019(sep 19)23:59Heidré Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep09:0010:00Kultuursaal

21sep10:3011:00Skrywersbesoek - Silas en die ysbeer op Tafelberg (Annie Klopper en Zandré Coetzer)

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag - Grondslagfase

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

22sep08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

23sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

12okt00:0023:59WKOD: Sistemiese Toetse

13okt12:4513:45Matrieksaal

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

16okt00:0023:59Atletiek: De Hoop

16okt08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt(okt 23)00:0022(okt 22)23:59Skaak: Panorama Skaaktoernooi

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

24okt00:0023:59Krieket: Minikriekettoernooi by Stellenbosch (o.7 - o.9)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

29okt00:0023:59Krieket: o.13A & B vs Curro Durbanville

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4life: Leerderraad (LsJvR)

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:30Lead4Life (gr.6)

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

21jun08:0008:30Lead4Life (gr.4)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun08:0008:30Lead4Life (gr.5)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer