Kategorie: My JvR

  • Nuus
  • Algemeen
  • Akademie
  • Kuns en Kultuur
  • Sport
  • Nuusbrief

Boekbende skop weer af!

Die Boekbende skop volgende week Woensdag weer af! Ons nooi graag al ons graad 4–7-leerders om dit by te woon. Kom kuier saam om 07:15 in die Mediasentrum en deel in die lekkerte van lees!

Boekbende skop weer af!

Die Boekbende skop volgende week Woensdag weer af! Ons nooi graag al ons graad 4–7-leerders om dit by te woon. Kom kuier saam om 07:15 in die Mediasentrum en deel in die lekkerte van lees!

Ouerbesoeke: 13 & 14 April 2026

Ons ouerbesoeke vir die eerste kwartaal vind op Maandag, 13 April, en Dinsdag, 14 April 2025, plaas. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning. Volg hierdie skakel om ‘n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER Hoe maak ek ‘n bespreking nadat ek op die skakel geklik het? 1. Kies jou kind se graad 2. Kies die datum  3. Kies ‘n onderwyser (Select Staff) 4. Kies ‘n gepaste tydgleuf Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur ‘n e-pos aan...

Senior Koor: Oefening Woensdag, 8 April

Die senior koor skop die tweede kwartaal af met ’n heerlike kooroefening! Hierdie reëling is getref sodat die senior koor genoegsame oefentyd het voor hulle belangrike optrede by die Passion ChoralFest op Sondag, 12 April.   Hier is die koor se oefentye vir die eerste week van die tweede kwartaal:   * Woensdag, 8 April: 07h30 – 08h30 (sover moontlik, verseker dat die leerders betyds vir die oefening is, asb) * Donderdag, 9 April: 11h30 – 12h30   Baie dankie vir almal se samewerking in hierdie verband. Ons sien baie uit na die senior koor se eerste...

Geagte Ouers / Voogde – 10 April 2026

Hiermee ’n hartlike welkom aan almal terug by die skool met ’n nuwe kwartaal propvol geleenthede wat voorlê. Ek glo dat almal die kort, maar welverdiende vakansie terdeë geniet het. Dit is veral die spesiale Paasfeestyd saam met familie wat so kosbaar was. Ek is baie dankbaar dat almal veilig terug na die vakansie is, en veral die graad 7’s en hul ouers wat aan die jaarlikse Oranjerivierroeitoer deelgeneem het. Baie dankie aan Pieter Rademeyer en sy span ouers wat aan stuur van die suksesvolle roeiroete gestaan het. Ons graad 7’s sal die ongelooflike ervaring saam met hul ouer(s) vir die res van hul lewe koester. Graad 6-leerders en hul ouers, julle moet beslis ’n plan maak om nie volgende jaar die onvergeetlike avontuur te mis nie. Dit is die ideale geleentheid om ’n spesiale konneksie met jou kind(ers) te maak en spanwerk is bepalend om die eindbestemming te bereik. Die skool het skaars begin en spreekwoordelik, soos ’n goed geoliede masjien, is ons skoolaktiwiteite sommer vanaf dag 1 weer goed op dreef, met die akademiese klasse, wintersport- en buitemuurse program, musiekklasse en kooroefeninge wat op dag 1 van die nuwe kwartaal met baie opwinding afgeskop het. Sportwedstryde vir die o.10 netbal- en o.13-hokkiespanne skop ook die komende naweek af. Saterdag, 11 April, is weer tyd vir die jaarlikse Kaperjolle en ons leerders kan nie wag om aan al...

[wppb-login]
[wppb-edit-profile form_name="my-inligting"]

Kortpad

 

Ons Waardes