Soekfunksie

  • Filter Kategorie/ë

  • Herstel

Kommunikasiekanale

Alle ouers is nie altyd seker wat die korrekte kanale is om te volg wanneer hulle voorstelle / navrae / klagtes het oor sekere aspekte by die skool nie. 

Akademie
Vir akademiese aangeleenthede, kontak eers die betrokke vak- of klasonderwyser en daarna die akademiese hoof, Me Marinda Brink. Vervolgens kan u die skoolhoof nader. 

Sport
Vir sportsake, kontak eers die afrigter, daarna die hoof van die betrokke sport, en dan die sportbestuurder. Vervolgens kan u die skoolhoof nader.
Indien ‘n sportwedstryd gekanselleer word, sal die skool ‘n sms uitstuur om ouers hiervan in te lig.  Die sms sal uitgestuur word sodra kennisgewing ontvang word, of as dit ‘n tuiswedstryd is, om 12h00.

Kultuur
Vir kulturele aangeleenthede kontak die betrokke onderwyser, en daarna die departementshoof van Musiek, Me. Helecia Groenewald. Vervolgens kan u die skoolhoof nader.

Geboue en terrein
Indien u klagtes of voorstelle aangaande die geboue en terrein het, kan u met die opsigter of die skoolhoof in verbinding tree.

Indien u al bogemelde kanale gevolg het en steeds geen sukses behaal het nie, kan u die betrokke beheerraadslede kontak, en daarna die voorsitter.

Vir u gerief sluit ons die volgende persone se e-posadresse in.
(Klik op die naam):

HOOF VAN: NAAM EN VAN
RUGBY + ATLETIEK Leon Hanekom
NETBAL Razelle Hanekom
KRIEKET Timothy Lilly
TENNIS Nora Verster
SWEM Bibi Stoffberg
LANDLOOP Mareli Boshoff
SKAAK Rachè de Goede
KULTUUR Helecia Groenewald
AKADEMIE Marinda Brink
SKOOLHOOF Johan Oosthuizen
OPSIGTER Hannes Muller
BEHEERLIGGAAM (VOORSITTER) Nicole Strauss
BEHEERLIGGAAM (SPORT) Hennie du Plooy
BEHEERLIGGAAM (KULTUUR)  Nicole Strauss
BEHEERLIGGAAM
(GEBOUE EN TERREIN)
LJ le Roux

Jean Lombaard

Konsertkaartjies

Besprekings vir die skoolkonsert open Vrydag 25 Augustus om 10:00.

Klik hier om te bespreek.

Category: Advertensies

Klik op die advertensietitel vir meer besonderhede.

PILATES KLASSE

 “If your spine is inflexibly stiff at 30, you are old. If it is completely flexible at 60, you are young.”
– Joseph Pilates
Pilates klasse sal van volgende kwartaal af twee keer per week aangebied word Maandae en Woensdae om 16:30 tot 17:30. Plek in klasse sal beperk word om kwaliteit en persoonlike aandag te verseker. Vir meer inligting en om jou plek te bespreek kontak Conrad gerus by 084 44 50125 of per epos cvbreda@gmail.com

HUIS TE HUUR

Gemeubeleerde huis in Vredehoek te huur
Een van ons ouers sal weens werksomstandighede vir 4 maande uitstedig wees en wil graag haar tweeslaapkamerhuis met motorhuis vir hierdie tydperk verhuur.
Dit is vanaf 1 Oktober tot 31 Januarie 2018.
Die persone wat dit huur moet ook vir haar kat twee keer per dag kos en water gee
Die huurbedrag is onderhandelbaar.
Die huis is in Vredehoek.
Belangstellendes kan ‘n e-pos vir Adri ( adri@jvrprim.co.za)  of Jodene (jodene@jvrprim.co.za) stuur, dan sal hulle die persoon kontak.

Loading
X