Skrywer: Suzaan Burger

Studiekursus 2 & 3 Oktober

‘n Leerghoeroe van die Noorde, Wilna Greyling, is tans in Kaapstad en bied Vrydag (na-skool) en Saterdag (08:00 tot 13:00) ‘n leerkursus hier by die skool, in die biblioteek, aan. Koste: R2 500 per kind Die studiekursus behels ‘n vooraf-persoonlikheidstoets waarvolgens die leerstyl van die kind bepaal word. Hierdie profiel gee ook belangrike insigte aan die ouer oor hoe sy kind stres hanteer, die lewe organiseer en inligting sorteer. Seker die mees insiggewende bydrae is hoe die ouer verstaan waarom hy/sy en sy/haar kind maklik saamwerk of bots. Tydens die kursus leer die kind dan meer oor sy eie leerstyl. Hy leer ook hoe die brein werk en wat in die brein gebeur wanneer hy leer. Daarna word die vyf hoofmetodes van leer stapsgewys behandel. Ouers moet die kursus saam bywoon. Kontak asb. vir Wilna direk indien jy belangstel: 083 309 8364 of...

Lees Verder

Jannies-besigheidsregister

Beste Ouers, In hierdie ingewikkelde tyd het ons weer opnuut die waarde van gemeenskap besef. Hoewel klein, is ons gemeenskap ondernemend en bedrywig. Met ons nuwe JANNIES-besigheidsregister wil ons graag ons gemeenskap ondersteun. Enige voog, ouer, peetouer, grootouer asook oud-leerders kan hul besigheid of relevante werkplek registreer. Dit werk so vir besigheidseienaars: • Voltooi asb. hierdie vorm met jou besonderhede en industrie: VORM Dit werk so vir gebruikers: • Om te sien watter dienste beskikbaar is, gaan na die laerskool se webwerf en kliek op JANNIES GEMEENSKAP (heel bo-aan) en dan op die BESIGHEIDSREGISTER. Jy is welkom om die vorm vir enige lede van die Jannies-gemeenskap aan te stuur. Ons sien uit na julle deelname aan die projek en ondersteuning vir...

Lees Verder

Interim-beheerraadverkiesing

Ons herinner graag dat daar kans is tot Maandag, 28 September, om 19:00 om ‘n ouer vir die regsportefeulje op die beheerraad te nomineer. Kontak gerus vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) vir ‘n nominasievorm. Neem asseblief kennis dat die stemprogram “VotingCrowd” wat ons vir die aanlynverkiesing gebruik op die dag van die verkiesing jou intekenbesonderhede per e-pos beskikbaar sal stel. Sien hier die kennisgewing en verkiesingsreëls vir die interim-beheerraadverkiesing wat op Dinsdag, 29 September, plaasvind. Leerders van ouers wat aan die verkiesing deelneem, mag Donderdag, 1 Oktober, sivvies dra…’n ekstra sivviedag vir daardie...

Lees Verder

“Kuns met Wiskunde”-kompetisie

Beoordeling vir die Nelson Mandela Universiteit se “Kuns met Wiskunde”-kompetisie is afgehandel en die prysuitdeling het op 9 September plaasgevind. Die Lombaard-tweeling het baie goed gevaar. Juliette (gr.7) se werk “Maths Tree” is hoog geprys en sy ontvang ‘n sertifikaat sowel as ‘n erebalkie. Alexa Lombaard (gr.7) se “Golden Sequence on Map” vorm deel van die uitstalling by die Universiteit se Wiskunde ontwikkelingsafdeling (GMMDC) en sy ontvang ook ‘n erebalkie. Baie geluk. Ons is trots op hulle...

Lees Verder

Virtuele boekbespreking

Die graad 5 tot 7 leerders het hierdie week aan ‘n virtuele boekbespreking met skrywers Christien Neser, Troula Goosen en De Wet Hugo deelgeneem. Hul boeke is tot 29 September teen 10% afslag op die Karri-toep te koop. Leerders sal dit teen 15 Oktober ontvang. Kliek HIER vir die...

Lees Verder

Versoek vanuit die kunsklas

Ons is besig om gekleurde plastiekdoppies van melk- en koeldrankbottels bymekaar te maak vir ‘n groepprojek. Bring asb. alle gekleurde plastiekdoppies (insluitend wit) na die kunsklas toe, eerder as om dit in die houer by die herwinningsdepot te gooi. Julle samewerking word...

Lees Verder

Somerdrag

Vanaf Maandag, 28 September, word die opsie gegee om somerdrag met die korrekte hemp (kortmou, sonder das, met skoolwapen op) te dra. Verpligte somerdrag sal vanaf kwartaal 4, 2 November, gedra word.

Lees Verder

Tuindag

Tuindag val hierdie jaar op Sondag, 11 Oktober. Die skool gaan dit egter op 9 Oktober vier. Hou gerus die volgende nuusbrief dop vir meer inligting.

Lees Verder

OOV-voorsitter

Die OOV-voorsitter sal in die nuusbrief van 2 Oktober bekendgemaak word. Benoem gerus iemand wat jy voel as OOV-voorsitter sal kan optree.

Lees Verder

Fotodag, 19 Oktober

Individuele skoolfoto’s sal op 19 Oktober geneem word. Die klasfoto sal saamgestel word uit al die leerders se individuele foto’s. Kliek HIER vir ‘n voorbeeld. Meer besonderhede hieroor sal nader aan die tyd deurgegee...

Lees Verder

Bekers terug!

Alle bekers wat by die prysuitdeling, atletiek en swem ontvang is, moet teen 15 Oktober terug wees in die biblioteek. Bekers moet reeds gegraveer wees. Vir graveringsriglyne, sien die PDF hieronder: Bekerbrief 16 September...

Lees Verder

Vakansiedag

Donderdag, 24 September, is Erfenisdag wat as ‘n nasionale vakansiedag beskou word. Ongelukkig het die skool nie toestemming ontvang om Vrydag, 25 September, ‘n skolevakansiedag te neem nie. Skool sal wel op daardie dag (Vrydag, 25 September) vroeër sluit: Gr. 1 – 3 = 11:45 Gr. 4 – 5 = 12:00 Gr. 6 – 7 =...

Lees Verder

Spesiale buitekurrikulêre program

Ons sien uit daarna om binnekort met ‘n spesiale buitekurrikulêre program te begin om ons leerders weer aktief te kry. Aangesien ons steeds by die Covid-regulasies moet hou, sal daar aanpassings op die normale sportprogram wees. Die grondslagfase leerders sal vanaf Maandag, 28 September, en die intersenfase leerders sal vanaf Maandag, 5 Oktober, met hierdie spesiale program begin. Neem asseblief kennis dat leerders wat aan hierdie program sal wil deelneem, daarvoor moet registreer. Verdere inligting sal eersdaags aan almal gekommunikeer...

Lees Verder

Trotse Jannie

Naam en van: Caleb Meyer Graad: 3R Waar woon jy?: Ek woon in Woodstock saam met my mamma en my sussie. Ek was voorheen in Pniel Primêr. Gunsteling vak: Ek hou baie van lees. My gunsteling boek is Diary of a wimpy kid en Jaco Jacobs is my gunsteling skrywer. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek is goed met slangetjies & leertjies en ek help gereeld om die klas op te...

Lees Verder

Virtuele boekbespreking

Gr5 * Gr.6 * Gr.7 : Die graad 5 tot 7-leerders sal volgende week deelneem aan ‘n virtuele boekbespreking met van ons beste Afrikaanse skrywers. Hul boeke kan vanaf 22- 29 September op die Karri-toep gekoop word. Leerders sal dit teen 15 Oktober ontvang. KLIEK HIER vir die pamflet met boeke wat verkoop...

Lees Verder