Ons sien uit daarna om binnekort met ‘n spesiale buitekurrikulêre program te begin om ons leerders weer aktief te kry. Aangesien ons steeds by die Covid-regulasies moet hou, sal daar aanpassings op die normale sportprogram wees. Die grondslagfase leerders sal vanaf Maandag, 28 September, en die intersenfase leerders sal vanaf Maandag, 5 Oktober, met hierdie spesiale program begin. Neem asseblief kennis dat leerders wat aan hierdie program sal wil deelneem, daarvoor moet registreer. Verdere inligting sal eersdaags aan almal gekommunikeer word.