Skrywer: Suzaan Burger

Welwillendheidsprojekte

Ons wil van die geleentheid gebruik maak om al die ouers hartlik te bedank vir al die skryfbehoeftes en kontantbydraes. Ons kon die kontantbydraes en skenkings van Alive foundation aanwend om vir Pretwich skool twee projektors aan te koop. Baie dankie aan Alive Foundation! Sommige graad 5-leerders het Woensdag die skryfbehoeftes aan die leerders van Prestwich skool...

Lees Verder

Nuwe sokkies vir netbal- en tennisdeelnemers

Netbal- en tennisdeelnemers word versoek om die nuwe sokkies saam met die korrekte sportdrag te dra. Die idee is om te sorg dat ons deelnemers van kop tot tone eenvormig lyk. Hierdie sokkies is vanaf vlg. week @ R60 per paar by die klerebank beskikbaar. Bestel asb. so gou moontlik aanlyn. Netbaldogters mag ook die donkerblou en oranje haarlint dra om hul sportuitrusting netjies af te...

Lees Verder

ATKV-Redenaarsuitslae

Die volgende leerders is deur na die semi-finale ronde vir ATKV-redenaars wat op 24 en 25 Mei te Hoërskool Bellville plaasvind. Pieter Rademeyer (Gr.4) Jacques du Toit (Gr.4) Sabine Barnard (Gr.5) Karu Rademeyer (Gr.6) Emma Snjiders (Gr.6) Baie geluk! Ons wens vir julle sterkte toe en weet julle sal ons skool se naam hoog hou! Ek wil graag ook die volgende deelnemers gelukwens wat baie hard gewerk het en steeds uitstekende toesprake by ATKV se eerste ronde gelewer het: Stef Nel, Bella Naylor, Elisabet Marais, Cara Stoltz, Isabella Marais, Michaan Naylor en Sophia...

Lees Verder

Netbaluitslae: WP-Proewe

Baie geluk aan die volgende netbalspelers wat deur is na die finale WP-proewe. Hulle neem Saterdag by Laerskool de Hoop in Somerset-Wes deel.  0.11 Cara Stoltz Amelie van der Walt Jeanne van Heerden 0.12 Hila Hertzog 0.13 Emma van Biljon Klara...

Lees Verder

Dringende klerebank versoek

Dringende versoek om asb. netjiese tweedehandse sweetpakke na die Klerebank te neem. Moet asb. ook glad nie klere by verlore goedere gaan haal as dit nie jou kind se klere is wat weggeraak het nie. Ons wil die tweedehandse verkope by die Klerebank ondersteun en hierdie mark uitbrei. Ons waardeer hierdie...

Lees Verder

Netbaluitslae: 6 – 10 Mei

Saterdag, 6 Mei, het die Jannies netbal by HS JvR teen Laerskool Vredenburg gespeel. 0.7A gelykop 1-1 0.7B  verloor 0-3 0.8A wen 8-2 0.8B wen 5-1 0.9A gelykop 4-4 0.9B verloor 2-8 0.10A wen 9-2 0.10B wen 6-1 0.11A wen 5-4 0.11B verloor 3-4 0.11C/10C wen 4-3 0.12A wen 19-3 0.12B wen 12-1 0.13A wen 14-3 0.13B wen 10-1 0.13C wen 9-4 Maandag, 8 Mei, het ons teen Curro Durbanville en Totius gespeel. Vs. Curro Durbanville 0.7A verloor 0-2 0.7B verloor 1-4 0.8A wen 7-5 0.8B wen 4-3 0.9A wen 6-0 0.9B gelykop 3-3 0.10A wen 19-2 0.10B verloor 2-4 0.11A wen 13-5 0.11B verloor 2-4 0.12A wen 12-7 0.12B wen 9-5 0.13A wen 22-1 0.13B wen 14-3 Vs. Totius 0.7A verloor 0-2 0.7B gelukop 0-0 0.8A wen 11-2 0.8B wen 8-0 0.9A gelykop 5-5 0.9B wen 6-0 0.10A wen 10-4 0.10B wen 9-0 0.11A wen 15-6 0.11B wen 5-3 0.12A gelykop 11-11 0.12B verloor 7-8 0.13A wen 19-6 0.13B wen 31-0 Woensdag, 10 Mei, het ons teen De Tyger te staan gekom. 0.7A gelykop 0-0 0.7B verloor 0-2 0.8A wen 8-3 0.8B wen 12-3 0.9A wen 11-3 0.9B wen 6-0 0.10A wen 11-9 0.10B wen 9-2 0.11A wen 14-0 0.11B wen 8-0 0.12A wen 16-6 0.12B wen 13-6  0.13A wen 30-6 0.13B wen 16-0 Baie geluk aan al die dogters met hierdie puik...

Lees Verder

WOW Spelfees 2023

Ons is opgewonde om hierdie jaar weer in persoon aan die WOW Spelfees deel te neem! Alle leerders sal hul graad se spellys ontvang. Hierdie spellyste is ook op die webtuiste beskikbaar. Die grondslagfase en graad 4-7 Afrikaanse onderwysers sal vir die leerders wys watter woorde hulle vir die interne spelkompetisie moet leer. Ons interne spelkompetisie sal 21 Julie 2023 in die vorm van ‘n geskrewe speltoets plaasvind. Daarna sal ‘n aantal leerders in elke graad gekies word om aan die Kring/Distrik Spelfees deel te...

Lees Verder

Ma-Dogteraand: 24 Mei

Alle graad 5 – 7-dogters en hul ma’s word uitgenooi om hierdie lekker gemaklike, informele gespreksaand saam met ons by te woon. Ma- en Dogter (Karin en Minke) kom gesels oor die kompleksiteit van hierdie verhouding veral in dié spesifieke ouderdomsgroep. Minke, ‘n mediese dokter, sal ook oor die algemene ontwikkeling (kop, emosies, liggaam) van dogters vanaf jong kind tot tiener gesels. Hier kry ma en dogter kans om verder oor al die ‘ongemaklike’ dingetjies te gesels. Daar is altyd iets nuut vir almal om te leer en wat is nou lekkerder as ‘n ‘girls night out’. Kaartjies word deur Karri verkoop. Indien jy en jou dogter die aand gaan bywoon, stuur asb. ‘n ma-dogter foto van julle twee voor 19 Mei aan marinda@jvrprim.co.za. Foto’s en Karri sluit Maandag, 22...

Lees Verder

Hemelvaartdiens: 18 Mei 2023

Marietjie Steyn van die Groote Kerk sal op Donderdag, 18 Mei, tydens die eerste periode (07:45 – 08:15) ‘n Hemelvaartdiens in die saal lei. Ouers is baie welkom om dit by te woon! Die byeenkoms sal vrywillig vir leerders wees – daar sal toesig gereël word vir diegene wat in die klas bly. ‘Jannies vir Jesus’ sal dus nie daardie Donderdagoggend plaasvind...

Lees Verder

Horizon Wiskundekompetisie

Al ons graad 6 en 7-leerders het aan die eerste rondte van die Horizon Wiskundekompetise deelgeneem. Dit is vir ons wonderlik om te sê dat 39 graad 7’s en 13 graad 6’e deur is na die volgende rondte. Die volgende rondte is op 13 Mei. Meer besonderhede rakende die tyd en plek sal volgende week aan die leerders voorsien word. Baie geluk aan ons graad 6 en 7-leerders wat so puik presteer...

Lees Verder

Tennisuitslae: Wilson Tennistoernooi

Stella en Rafa Lamprecht het Saterdag, 30 April, aan ‘n Wilson tennistoernooi deelgeneem. Stella het in die o.14A-kategorie ingeskryf, maar omdat daar nie genoeg spelers was nie, het o.15 en o.18-spelers in die kategorie deelgeneem. Stella se toewyding en vasberadenheid het haar aan die einde van die dag trots laat staan en sy eindig eerste in die toernooi. Rafa het vir aan die o.10A-kategorie deelgeneem, maar omdat daar ook te min spelers was het 4 o.11 leerders ook aan die kategorie deelgeneem. Rafa het puik gespeel en al sy wedstryde behalwe een gewen. Rafa eindig tweede wat ‘n uitstekende prestasie is. Welgedaan julle twee, ons is uiters trots op...

Lees Verder

Boek Buddies

Ons is vreeslik opgewonde oor Boek Buddies wat ons die 11de Mei (volgende Donderdag) kom besoek. Boek Buddies kweek ’n liefde vir lees deur uittreksels uit die nuutste Afrikaanse kinderboeke op ’n interessante en interaktiewe manier op te voer. Op hierdie manier word leerders se belangstelling geprikkel en moedig ons hulle aan om self die boeke klaar te lees. Beide ’n junior- en seniorvertoning word aangebied, en die opvoerings sal Donderdag tydens skooltyd plaasvind. Boek Buddies vra R15 per leerder om die vertoning by te woon, en kan vanaf vandag op die Karri-toep betaal word. Leerders wat R15 betaal, is ook meer as welkom om Donderdag met funky socks skool toe te kom. Betalings sluit op Woensdag, 10 Mei. Ons hoop julle is saam met ons opgewonde, sien julle...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo almal het die baie lang naweek terdeë geniet of jy nou met Jannie tuisbly se motortjie gery het en of jy sommer lekker die langpad aangedurf het om van die stad se gewoel te ontsnap. Week 4 van die akademiese kwartaal mag dalk korter wees as gevolg van die langnaweek, maar dit was beslis nie rustiger gewees nie aangesien die wintersportwedstryde en –toernooie asook WP-proewe (netbal en rugby) die week in volle swang afgeskop het. Ek is saam met julle opgewonde om te sien hoe ons in ‘n kort tydperk ‘n aktiewer sportkultuur by ons skool geskep het. Ek staaf dit deur die volgende statistiek: vanaf Woensdag, 03 Mei, tot Saterdag, 06 Mei, neem ons Jannies 456 keer aan wintersportwedstryde en -toernooi deel. Met julle as ouers/voogde se inkoop, samewerking en ondersteuning is daar nou vir elke wintersportspan ‘n B-span wat kan kompeteer en vir die heel eerste keer is daar C-spanne vir die o.7-, o.8-, o.11-, 0.12- en o.13-netbalspanne. Die deelname is ongelooflik en ons kan as ‘n skoolgemeenskap baie trots daarop wees om te sien dat ons Jannies meer aktief is, lekker hard oefen, maar in dieselfde asem ook pret het. Die idee is nie dat ons nou besluit het om ‘n sportskool te word nie. Die idee is egter deelname en balans. Die spreekwoordelike vlagskip by ons skool waarop ons vir ‘n geruime tyd...

Lees Verder

Kopluise

Daar is ongelukkig weer kopluise onder enkele leerders gewaar. Kyk asb. by die huis in jou kind se hare vir enige ongewenste gaste.  Indien daar tydens skooltyd luise in jou kind se hare gewaar word, sal ons jou kontak sodat jy jou kind kan kom haal. Leerders wat kopluise het, mag eers weer skool toe kom nadat die luise heeltemal verwyder is. Wenke: Indien jy wil voorkom dat jou kind kopluise kry, kan jy voorkomende sjampoe by bv. Dischem of Clicks koop. Indien jy luise in jou kind se kop gewaar, koop ‘n sjampoe wat spesifiek luise en nete doodmaak. Maak seker jy lees die instruksies van die luissjampoe. Dit help ook om ‘n luiskammetjie te koop om nete en luise uit te kam. Was jou kind se beddegoed om ontslae te raak van nete en luise wat moontlik daarop agtergebly...

Lees Verder

Rugby en Netbal sportdag by HS JvR, 6 Mei 2023

Boodskap vanaf die Hoërskool Jan van Riebeeck: Ons sien baie uit na die massa-reünienaweek wat vanaf 5 – 7 Mei by Hoërskool Jan van Riebeeck en die Boshoff-veld plaasvind. Gedurende die naweek word daar verskeie aktiwiteite aangebied en ons verwelkom verskeie skole by ons. Op Vrydag, 5 Mei, vind daar verskeie aktiwiteite by die skool plaas waar ons veral ons alumni wil uitnooi om by ons aan te sluit. Toegang: Volwassenes R25 Parkering R20 Kinders R10 Leerders met skoolklere gratis Verskeie stalletjies sal beskikbaar wees by die netbalbane asook langs die rugbyvelde. Alle aankope word met koepons / kaartjies gedoen gedurende die dag; dis ‘n kontantvrye geleentheid. Koepons kan vooraf gekoop word en by die onderskeie toegangshekke afgehaal word. Koepons kan by die netbalbane en rugbyvelde gebruik word. Kies die sportkode waar jou kind betrokke is sodat die koepons by die regte hek afgehaal kan word. Rugby en netbal vind nie op dieselfde perseel plaas nie. 16:00 ROG-spitbraai vir alumni en Vriende van Jan van Riebeeck R250 (GEEN o.18’s). Koop gerus jou kaartjies deur die skakel te volg. Moenie hierdie feesnaweek misloop nie – sien jou daar! Sien die programme hier...

Lees Verder

Netbalinligting

Beste ouer(s)/voog(de) Die netbalseisoen het amptelik afgeskop en ek wil graag net ‘n paar reëls en algemene inligting met julle deel. Ons moedig spelers aan om oefeninge getrou by te woon, veral by die juniors. Dit is vir afrigters baie moeilik om spanne reg te kry indien spelers wisselvallig kom oefen. Indien ‘n speler siek of afwesig is, stel asb. die afrigter in kennis (via skooler of e-pos) en onthou ook om die sportvorms getrou in te vul. NB: Indien jou kind(ers) se naam nie op die lys is nie, is sy nie gekies vir daardie wedstryd nie. Afrigters vir die seisoen: 0.7 –  Juffrou Liezel de Jager (liezel@jvrprim.co.za) 0.8 – Juffrou Michelle Compion (michelle@jvrprim.co.za) 0.9 – Juffrou Naomi Uys (naomi@jvrprim.co.za) 0.10 – Juffrou Heidré Ehlers (heidre@jvrprim.co.za) en Juffrou Izél Storm (izel@jvrprim.co.za) 0.11 – Juffrou Lucia de Jager (lucia@jvrprim.co.za) en Juffrou Marlize ter Borg (marlize@jvrprim.co.za) 0.12 A – Juffrou Ischké Felix (ischke@jvrprim.co.za) 0.12 B en C – Juffrou Suné Alberts (sune@jvrprim.co.za) 0.13 A – Juffrou Ischké Felix (ischke@jvrprim.co.za) 0.13 B en C – Juffrou Sharon Mabena (sharon@jvrprim.co.za) Mini-netbal: O.7 – 0.9 moet volgens NSA reëls mini-netbal speel (veral tydens liga-wedstryde). Spelers moet halftyd 2 posisies aanskuif en kante word geruil. Dit gee spelers die geleentheid om meer as net een posisie te speel. Indien afrigters nie in hierdie verband saamwerk nie, word die senior spanne gepenaliseer. Senior netbal: ‘n...

Lees Verder