Gedurende die wintervakansie het Elliott Coetzee die Westelike Provinsie by die interprovinsiale yshokkietoernooi in Pretoria verteenwoordig. Sy het vir drie verskillende spanne gespeel en uitstekend gevaar.
Elliott het ’n goue medalje saam met die o.12A-span, ’n silwermedalje saam met die o.18-meisiespan en ’n bronsmedalje saam met die o.14B-span verower.

Baie geluk, Elliott, met hierdie besonderse prestasie!

Foto’s: Krediet aan die fotograaf /SAIHF IPT Photos Facebook-blad