Ons is bevoorreg om vir Carla de Beer op Dinsdagaand, 22 Oktober, om 19:00 by ons skool te verwelkom.  Sy het 3 jaar gelede ‘n inligtingsessie by HS JvR aangebied waartydens sy belangrike inligting betreffende sosiale media se gebruik en gevare uitgelig het.  

Ons het dit goedgedink om haar weer te nooi aangesien sosiale media so vinnig ontwikkel.  Ons ervaar dat ons kinders nie die belangrikheid van korrekte gebruik asook die gevare agter die skerm van sosiale media verstaan nie.  Vir ons as ouers is dit nog meer belangrik om ingelig te bly.

Kom woon asseblief hierdie ouerinligtingsessie by.  Kaartjies sal op Karri beskikbaar wees.

Sy sal ook ‘n inligtingsessie vir alle graad 5-7-leerders gedurende daardie dag tydens skoolure aanbied wat geen kostes vereis nie. 

Vir enige navrae kontak gerus vir Marinda Brink marinda@jvrprim.co.za.