NG Kerk Drieankerbaai veiling: 31 Julie 2024
Dit is tyd vir veiling! Kliek op die skakel vir meer inligting: https://qkt.io/gSkzHj
Lees VerderDit is tyd vir veiling! Kliek op die skakel vir meer inligting: https://qkt.io/gSkzHj
Lees VerderCoreen Scholtz en Chanelle van Wyk het gedurende Junie aan die “Western Cape Virtual Eisteddfod” in die klavier afdeling deelgeneem, en die afgelope week hulle uitslae ontvang. Baie geluk met julle pragtige prestasies! Coreen Scholtz Graad 4, Klavier solo, Romanties: Goud Graad 4, Klavier solo, Kontemporêr: Silwer Chanelle van Wyk Graad 6, Klavier solo, Modern: Silwer Graad 6, Klavier duet: Goud...
Lees VerderWie sou kon dink dat gure en ontwrigtende weersomstandighede die eerste 2 weke van die kwartaal so kon beïnvloed. Die sluiting van die skool op Donderdag, 11 Julie, deur die WKOD mag dalk vir ons vreemd wees, maar ons skool het nie noodwendig dieselfde stormskade soos die meeste skole in die Wes-Kaap opgedoen nie. Dit is veral skole in die Wynlande en Overberg wat groot skade ondervind het. Die grootste ontwrigting vir ons skool was beslis dat ons nie met die buitemuurse program kon begin nie. Selfs die jaarlikse en gewilde hokkietoernooi te Laerskool Stellenbosch moes gekanselleer word tot groot teleurstelling van die leerders en afrigters. Soos in my vorige nuusbrief belowe, gee ek graag terugvoer rakende ons o/13A-tennisspanne (seuns en dogters) wat vanaf 08 – 12 Julie aan die prestige Sun City tennistoernooi deelgeneem het. Ons dogterspan het uitstekend gevaar deur ‘n 3de plek uit 14 skole te behaal. Ons seuns eindig 7de uit 15 skole. Ons het teen die top tennisskole in die land meegeding sonder om vir hulle terug te staan. Welgedaan, dogters. Om met ‘n 3de plek weg te stap teen heelwat groter skole, is eenvoudig net merkwaardig! Baie dankie aan juf. Suné en mnr. Rashard wat onderskeidelik die dogters- en seunspanne vergesel het. Ek sal my plig versuim indien ek nie ‘n lansie breek vir Yurich Daniels en sy tennisakademie wat instrumenteel in ons...
Lees VerderOns is ongelooflik trots op Ella Grey (gr.6) wat onlangs aangewys is as kategorie-wenner vir Beeldhoukuns: ouderdom 9 – 12 jaar. Die tema vir haar kunswerk was “Ontdekkingsreis deur die wildtuin”. Ella het nie net in die Beeldhou-afdeling presteer nie, maar behaal ook ‘n A-simbool vir haar kunswerk in die afdeling, Gemengde Media. Dankie vir jou inspirerende werk,...
Lees VerderBaie dankie vir al die Woolworths-sakke wat aan Jan Kas geskenk is. Dit maak ‘n reuse verskil en dis lekker om te weet ons doen ons deel wanneer dit by die voetspoor wat ons in die natuur los, kom. As jy enige swart Woolworths winkelsakke het waarvan jy ontslae wil raak, stuur dit asseblief saam skool toe. Leerders kan dit vir juffrou Megan in haar kantoor aflewer. Belangrike skakels: Winkeltye en skooldrag Aanlyn winkel Klere omruil: Indien jy iets gekoop het wat jy wil omruil, kan jy vir my (Megan) ‘n boodskap stuur en die item saam met jou kind skool toe stuur. Maak asb. seker dat dit steeds in die oorspronklike kondisie en sakkie(s) is. Vir enige navrae, kontak my direk d.m.v. Whatsapp: Megan – 067 448 4943 (slegs...
Lees VerderOp Woensdag, 17 Julie, het die Jannies Bellville toe gery om teen Laerskool Kenridge te speel. Hierdie wedstryd, wat lyk of dit ‘n jaarlikse instelling gaan raak, is ‘n goeie maatstaaf vir ons rugby en hoe dit ontwikkel. Alhoewel die tellings nie gister aan ons kant was nie, het ons beslis gewys dat Jannies veggees in moeilike omstandighede het. Ons volgende wedstryde is teen LS Primêr (24/06, Tuis) en Curro Langebaan (27/06, Weg). Rugby vir die kwartaal is nou amptelik in volle...
Lees VerderDané bet tydens die Kaapse Ballet- en moderne dans Eisteddfod die volgende prestasie in haar ouderdomsgroep behaal: – Ballet repertoire – 2de plek – Eie reuse solo(kontemporêr) -1ste plek – Groep – 2de plek Sy is ook gekies om deel te neem aan die South African International Ballet Competition te Artscape vanaf 14-17 Julie. Dané is deur na die finaal van hierdie kompetisie te Artscape. Dit is ‘n groot eer om aan die kompetisie deel te neem. Welgedaan,...
Lees Verder0.13A wen 32-2 0.13B wen 17-3 0.13C wen 12-1 0.12A wen 28-1 0.12B wen 15-1 0.12C wen 17 -3 0.11A wen 12-2 0.11B wen 11-0 0.11C wen 8-0 0.10A wen 11-1 0.10B wen 8-5 0.9A wen 10-2 0.9B wen 4-1 0.9C wen 2-0 0.8A wen 13-0 0.8B wen 2-0 0.7A wen 6-0 0.7B verloor...
Lees VerderDit is met groot opgewondenheid dat ons die nuus deel van ons tennisspan se deelname aan die onlangse tennistoernooi te Sun City wat gedurende die week van 8-12 Julie ‘n ware beproewing van uithouvermoë en vaardigheid vir ons spelers was. Ons is verheug om ons sukses en ervarings met julle te deel. Die toernooi het begin met intense wedstryde en ‘n atmosfeer van kompetisie wat aan ons span ‘n unieke geleentheid gebied het om hul vaardighede ten toon te stel. Met elke dag wat verloop het, het ons gesien hoe ons spelers groei en hulself op die baan uitdaag. Vir die dogterspan was dit ‘n besondere toernooi. Hulle het hulself as formidabele mededingers bewys en het met groot vasberadenheid vir elke punt baklei. Ons is trots om aan te kondig dat ons dogters ‘n indrukwekkende derde plek in die toernooi behaal het. Hierdie prestasie getuig van hul toewyding en harde werk. Die seuns het ook nie teruggestaan nie en het hulself as mededingende teenstaanders bewys. Hulle beklee ‘n eerbare agtste plek en het elke wedstryd met dapperheid en vasberadenheid aangedurf. Hulle prestasies is ‘n weerspieëling van hul verbintenis tot die spel en die span. Die ondersteuning van ons jannie-gemeenskap het ‘n groot rol in ons sukses gespeel. Julle aanmoediging en ondersteuning het ons aangespoor om elke dag ons beste op die baan te lewer. Dit was ‘n ervaring wat...
Lees VerderOns is baie trots op twee van ons oud-Jannies wat skitterend tydens hierdie jaar se nasionale senior ATKV-Afrikaansolimpiade gevaar het! Stella Malan behaal ‘n gesamentlike 4de plek in die Wes-Kaap en 7de in Suid-Afrika en Mari Swanepoel die gesamentlike 7de plek in die provinsie en 11de in die land. Dit is ‘n ongelooflike prestasie vir ‘n baie uitdagende eksamen waaraan duisende hoërskoolleerders regoor Suid-Afrika deelneem. Ons harte loop oor van trots! Welgedaan,...
Lees VerderEerskomende Maandag en Dinsdag se rooster sal omruil a.g.v. kooroefening wat moet plaasvind voordat die kore Maandagaand by HS JvR optree.
Lees VerderAs gevolg van die sportnaweek (26 en 27 Julie) te Langebaan Curro het ons besluit om die skool op Vrydag, 26 Julie, vroeër te verdaag. Die hokkiespelers sowel as hul afrigters moet reeds Vrydagmiddag om 13:30 met die eerste wedstryde begin. Gr. 1-3: verdaag om 10:45 Gr. 4-7: verdaag om 11:00 Baie dankie vir die samewerking in hierdie...
Lees VerderLeerders wat wisseltrofees ontvang het, moet dit asseblief so gou moontlik terugbring skool toe. Handig dit asseblief by juffrou Marietjie in.
Lees VerderWoensdag, 17 Julie 2024 Beste Ouers/Voogde, Ek deel graag meer detail met julle rakende ons senior koor se optrede by die Tafelberg Koorfees eerskomende Maandagaand (22 Julie). Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck skoolsaal (dit vind niè meer in die Groote Kerk plaas nie) Tyd: Alle leerders moet asseblief teen 15h45 by HSJvR wees. Daar sal hoërskoolleerders wees om ons kinders na die opwarmingslokaal te neem. Die vertoning begin 18h30, en daar sal vanaf 17h00 reeds lekker pannekoek en sop in die Rooiplein te koop wees. Indien daar ouers is wie nie die vertoning bywoon nie, kan jy jou kind na afloop van die konsert, 19h30, in die opwarmingslokaal optel. Kleredrag: DOGTERS • Lang- of kortmou wit en donkerblou hemp • “Soft Shell” baadjie • Geruite rompie / donkerblou langbroek • Swart sykouse • Swart skoolskoene SEUNS • Lang- of kortmou wit en donkerblou hemp • “Soft Shell” baadjie • Khaki langbroek • Swart skoolskoene Kos: Pak asseblief vir jou kind water en iets om te eet in. Ons sal vir die kinders kans gee om rustig iets te eet voor die optrede 18h30 begin. Onthou asseblief om julle kaartjies vir die vertoning op Quicket te koop. Laat weet gerus indien daar enige vrae is. Ons sien baie uit na die Koorfees, en kan nie wag om ons nuwe musiek met almal te deel nie! Vriendelike groete, Rolene van...
Lees VerderBeste Ouers/Voogde, Ons Koorkamp se datum het geskuif na Vrydag, 19 Julie, en vind nie meer Saterdag, 20 Julie, plaas nie. Weens onvoorsiene omstandighede moes die datum verander, en ons hoop dat ons senior koorlede steeds die Vrydag-sessie kan bywoon. Plek: Laerskool Jan van Riebeeck skoolsaal Datum: Vrydag, 19 Julie 2024 Tyd: 14h00 – 15h15 Ek is jammer vir enige ongerief wat hierdie skuif veroorsaak. Ons sien uit na ‘n produktiewe en geïnspireerde tyd saam met die koor, waar ons gaan fokus op die finale voorbereiding en afronding van ons musiek vir Maandag se optrede. Laat weet asseblief indien jou kind nie hierdie oefening kan bywoon nie. Weereens baie dankie vir almal se wonderlike ondersteuning! Vriendelike groete, Rolene van Zyl...
Lees VerderWoensdag, 17 Julie 2024 Beste Ouers/Voogde, Ek deel graag meer detail met julle rakende ons junior koor se optrede by die Tafelberg Koorfees eerskomende Maandagaand (22 Julie). Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck skoolsaal (dit vind niè meer by die Groote Kerk plaas nie) Tyd: Alle leerders moet asseblief teen 17h00 by HSJvR wees. Daar sal hoërskoolleerders wees om ons kinders na die opwarmingslokaal te neem. Die vertoning begin 18h30, en daar sal vanaf 17h00 reeds lekker pannekoek en sop in die Rooiplein te koop wees. Indien daar ouers is wie nie die vertoning bywoon nie, kan jy jou kind na afloop van die konsert, 19h30, in die opwarmingslokaal optel. Kleredrag: DOGTERS en SEUNS Lang- of kortmou wit en donkerblou hemp Sweetpak (top en broek) Wit sokkies en tekkies Onthou asseblief om julle kaartjies vir die vertoning op Quicket te koop. Laat weet gerus indien daar enige vrae is. Ons sien baie uit na die Koorfees, en kan nie wag om ons nuwe musiek met almal te deel nie! Vriendelike groete, Rolene van Zyl...
Lees VerderDit is my groot voorreg om ons leerders, ouers/voogde en personeel hartlik terug by die skool na ‘n heerlike wintervakansie te verwelkom. Ek glo dat almal die drie weke van lekker rus behoorlik gebruik het om die spreekwoordelike battery sommer ten volle te herlaai en is ook slaggereed vir nog ‘n besige kwartaal propvol opwindende aktiwiteite wat voorlê. Een van die hoogtepunte vir die kwartaal is ongetwyfeld die twee-jaarlikse konsert wat voorlê. Daar is verder heelwat sport- en ander kultuurgeleenthede (Koor & Eisteddfod) om na uit te sien, veral die jaarlikse interskole wat tuis tydens die naweek van 16 en 17 Augustus plaasvind. Die Suid-Kaap Sporttoer vanaf 10 – 14 Junie 2024 was weereens ‘n reuse sukses en die leerders wat die toer meegemaak het, praat nog steeds met lof oor die wonderlike ervaring om teen ander skole, veral buite ons area, te speel asook die ongelooflike besienswaardighede wat hulle besoek het nie. Ons het weer nie toegelaat dat die leerders hulle selfone saam op toer neem nie. Hulle het dus saans na die sportwedstryde bordspeletjies gespeel en lekker met mekaar gesels. Dit is juis die samesyn, sosialisering en kameraadskap wat die leerders vir ‘n baie lang tyd gaan onthou en waardeer. Weereens baie dankie aan die personeel (Leon, Lucia, Ischké, Shahneé, Sharon, Maricqe, André, Erick, en Rashard) wat die leerders op toer vergesel het en so mooi na...
Lees VerderGedurende die laaste skoolweek van kwartaal 3, 10 – 14 Junie, het 50 van ons leerders na die Suid-Kaap op ‘n Rugby-, netbal- en hokkietoer vertrek. Die opwinding was groot en ons is hier weg in goeie gees. Die Maandag het ons hokkiewedstryde gespeel teen Laerskool Volschenk. Die dogters het 1-1 gelykop gespeel en die seuns het ongelukkig in die laaste oomblikke van die wedstryd 1 – 2 verloor. Ons het daarna na Hartenbos vertrek waar ons vir die week gebly het. Van hier af het ons elke dag wonderlike aktiwiteite gedoen en wedstryde gespeel. Dinsdag het ons teen Laerskool Park in Mosselbaai gespeel. Beide ons o.12 en o.13 netbalspanne het gewen teen uiters sterk kompetisie. Ons rugbymanne het ongelukkig verloor. Woensdag was ons in Oudtshoorn waar ons weer aan netbal- en hokkiewedstryde deelgeneem het. Al ons spanne het gewen. Donderdag was ons by Laerskool Vorentoe in Grootbrak. Ons netbalspanne het beide hulle wedstryde gewen en ons rugbymanne het in ‘n uiters spannende wedstryd 17-24 verloor. Ons het in totaal 12 wedstryde gespeel, 8 gewen, 1 gelykop en 3 verloor. Tussen al die wedstryde het ons leerders baie pret gehad. Van Redberry Farm waar hulle deur die doolhof kon beweeg en hulle eie aarbeie pluk, ten pin bowling speel, die volstruisplaas in Oudtshoorn geniet tot “sandboarding” in Vleesbaai. Dit was ‘n onvergeetlike week en ons leerders het dit baie...
Lees VerderDaar lê ’n bedrywige en opwindende tyd vir ons senior koor voor, en ek wil graag enkele belangrike datums en tye onder almal se aandag bring. Dinsdag, 16 Julie: Kooroefening 12h40-14h10 Ons senior kooroefening gaan Dinsdag, 16 Julie, voort soos normaal ter voorbereiding van ons optrede op 22 Julie by die Tafelberg Koorfees. Alhoewel daar ouerbesoeke is en die skool reeds om 13h00 verdaag, versoek ons asseblief dat alle senior koorlede die volle oefening bywoon. Indien daar broers of susters is wie nie koor sing nie, is hulle welkom om by die Nasorg te wag tot 14h10. Saterdag: 20 Julie: Koorkamp 10h00 – 12h30 Ons reël ‘n lekker oefen en spanbou geleentheid vir die senior koorlede, waar ons spesifiek gaan fokus op die voorbereiding en afronding van ons repertorium en die massakooritmes vir die Tafelberg Koorfees. Volg asseblief hierdie skakel vir meer inligting. Maandag: 22 Julie: Tafelberg Koorfees 18h00 Ons junior en senior kore neem deel aan die Tafelberg Koorfees, en ons kan nie wag om ons nuwe repertorium met almal te deel nie. Verdere inligting rakende hierdie geleentheid sal binnekort uitgestuur word. Ek vra dat enige afwesighede van hierdie drie geleenthede asseblief persoonlik aan my gekommunikeer word. Ons wil graag ’n positiewe ervaring tydens ons koor se eerste groot optrede hierdie jaar verseker, en hoop dat ons met ’n volledige koor kan werk by al ons oefen geleenthede. Baie...
Lees VerderOns Graad 7-musiekleerlinge hou konsert op Dinsdagoggend, 16 Julie, om 07h45, in die skoolsaal. Daar sal dus geen normale saalbyeenkoms plaasvind nie. Ons nooi graag al die deelnemers se ouers/voogde uit om die konsert saam met ons te kom...
Lees Verder