Aanpassing van program: 6-11 Desember 2024
As gevolg van die atletiek wat geskuif het, moes ‘n paar aanpassings aan die program vir die laaste week van skool gemaak word. Sien asseblief hier onder:
Lees VerderAs gevolg van die atletiek wat geskuif het, moes ‘n paar aanpassings aan die program vir die laaste week van skool gemaak word. Sien asseblief hier onder:
Lees VerderElke gesin is uniek. Tog is daar vier “pilare” wat ‘n gemene deler is en wat ouers in gedagte kan hou om ‘n gemaklike, gebalanseerde en gelukkige gesin te skep. Hierdie week fokus ons op empatie. 1.EMPATIE Hoe leer ek my kind om empatie te hê binne ‘n “als-gaan-oor-myself-wêreld”? Ons digitaal-gedrewe generasie kinders leer ongelukkig nie emosies aan deur ‘n “emoji” te kies nie! Ons taak as ouer is veel groter as dit. So getrou soos ‘n ouer vir sy/haar kind kleure of syfers van vroegs af al aanleer, so natuurlik moet dit vir jou kind word om sy/haar eie warboel van emosies te erken en ‘n naam daarvoor te gee. Jou kind kan nie ‘n ander gesinslid se emosies raaksien en leer om in ‘n boetie of sussie se “skoene” te klim voor hy/sy nie sy/haar EIE emosies ken en leer om dit te hanteer nie. 1. Gebruik emosionele taal as jy met jou kind praat: Indien jou kind met iets besig is wat vir hom/haar belangrik is wat jy moet onderbreek, kan jy sê: “Ek kan sien jy is gefrustreerd en kwaad om nóú alles weg te pak, maar as ons nie almal klaarmaak nie, gaan ons laat wees vir ete by Ouma.” Jy gee nie toe nie, jy wys net jy verstaan hoe jou kind voel. ‘n Kind se brein moet ook letterlik “ingeoefen” word om...
Lees VerderSien asseblief die program vir die laaste twee weke van skool hieronder:
Lees VerderNovember-maand het nog net een dag oor en dan breek die laaste maand van die jaar aan. Met ‘n groot skok besef ek dat 2024 amper iets van die verlede is. Weereens ‘n bewys dat Vader Tyd vir niemand stil staan nie. Op ‘n positiewe noot, die langverwagte somervakansie waarna almal uitsien, kom vinnig nader. Op Woensdag, 27 November, het die finale eksamens vir die Gr. 4 – 7-leerders uiteindelik tot ‘n einde gekom en ek glo ons huisgesinne het ‘n groot sug van verligting gegee, want nou kan huishoudings weer ‘normaal’ en stresvry funksioneer. Alhoewel die rapporte nog nie gefinaliseer is nie, wil ek vir julle graag die versekering gee dat ons leerders puik tydens hul finale eksamens gevaar het. Die afgelope week is ek aktief by die modereringsproses betrokke om vir die jaarlikse promosie en progressie voor te berei wat vir die Grondslagfase op Woensdagmiddag, 27 November, plaasgevind het en vir die Intersenfase (Gr. 4 – 7) op Maandagmiddag, 02 Desember, sal plaasvind. Graag wil ek die onderwysers hartlik bedank vir hulle deeglike nasienwerk van die antwoordstelle om seker te maak die leerders ontvang hul regmatige punte. Laat my ook toe om die modereringspan hartlik te bedank vir die belangrike rol wat hulle speel om seker te maak dat die eksamenpunte volledig en akkuraat is, wat ook benodig word vir die prysuitdelings vir Gr. 5 wat op...
Lees VerderHier volg ‘n paar datums om van kennis te neem: 2024 Donderdag, 28 November – Winkel sluit (reeds toe) Vrydag, 29 November – Aanlynwinkel sluit 2025 Vrydag, 10 Januarie – Aanlynwinkel maak oop (07:00) Maandag, 13 Januarie – Winkel oop (08:00 – 10:00) Dinsdag, 14 Januarie – Winkel oop (08:00 – 10:00 & 16:00 – 17:30) Die gewone tye sal vanaf Woensdag, 15 Januarie gevolg word: Maandag & Woensdag: 07:00 – 08:00 Dinsdag & Donderdag: 13:30 – 14:30 Vir enige navrae, kontak asseblief vir Megan per epos: megan@jvrprim OF Whatsapp (slegs boodskappe) 067 448...
Lees VerderDie nasorg sluit die jaar op ‘n lekker noot af! Sien die besonderhede vir die afsluiting hier onder:
Lees VerderHier is die volledige program vir 2024 se atletiekdae: FINAL PROGRAM - 2024...
Lees VerderOp Maandag, 18 November, het die eksamen vir die Gr. 4–6-leerders suksesvol afgeskop, en die res van die week se eksamensessies het klopdisselboom verloop. Ek het vroeg Maandagoggend by al die verskillende klasse ingeloer om hulle sterkte vir die eksamen toe te wens, asook om die leerders rustig te maak sodat die eksamen nie bloot ‘n negatiewe ervaring hoef te wees nie. Ons het ook vanaf Maandag, 18 November, met die interne sport- en kultuurprogram, wat in skooltyd plaasvind, begin. Tydens die sportsessies gaan ons voort met die somersportprogram vir Gr. 1–3-leerders, terwyl die Gr. 4–7-leerders slegs op atletiek fokus as gevolg van die kleure-atletiek wat op Woensdag, 4 Desember (velditems), en Vrydag, 6 Desember (baanitems), by die hoërskool se velde plaasvind. Ons leerders geniet dit terdeë om net na afloop van ‘n eksamen- of assesseringsessie die klas te kan verlaat om aan ‘n sportaktiwiteit deel te neem. Dit laat hulle sommer vinnig van die eksamenstres vergeet, help beslis om beter te fokus, maar seker die belangrikste is dat hulle hul eksamenervaring meer positief ervaar deur lekker vars lug buite te skep, aktief te wees en van al die negatiewe energie ontslae te raak. Ek is nie seker of almal bewus is nie, maar juf. Marianne (Gr. 4C) bied naaldwerk as ‘n buitemuurse aktiwiteit by ons skool aan. Tydens die sessies word ons leerders juis tou wys gemaak van...
Lees VerderOns kore tree Sondag, 24 November by die Kerssangdiens te NG Kerk Tamboerskloof op.
Lees VerderSien asseblief die reëlings vir beide ons kore se optredes by die Tamboerskloof Gemeente Kerssangdiens en LJvR Kerskonsert. Vrydag, 22 November: Repetisie by Tamboerskloof Gemeente Die Senior Koor gaan 12h gereed maak om na Tamboerskloof Gemeente te stap. Ons sal genoeg personeel hê om die kinders te vergesel. Daar sal bussies wees wat die Junior Koor na die kerk sal neem, sodat hulle nie hoef te stap nie. LET WEL die oefening maak reeds 13h45 klaar. Julle kan die kinders by Tamboerskloof Gemeente optel. Sondag, 24 November: Tamboerskloof Gemeente Kersdiens Alle koorlede arriveer stiptelik om 18h30 by Tamboerskloof Gemeente. Kleredrag: Dogters: Wit rok / rompie / broek / hemp OF lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjiese sandale. Dogters kan hul hare los dra. Seuns: Lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjiese sandale. Donderdag, 28 November: LJvR Kerskonsert Plek: LJvR Skoolsaal Tyd: Senior Koor meld stiptelik om 18h15 in die Nasorg aan. Junior Koor meld stiptelik om 18h30 in Juf Helene se klas aan. Die konsert begin 19h00 Kleredrag: Dogters: wit rok / romp / broek / hemp OF lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjiese sandale. Dogters kan hul hare los dra. Seuns: Lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjies sandale. Ons wil graag die kinders aanmoedig om EEN van die volgende bykomstighede vir hierdie geleentheid...
Lees VerderHier volg die nuutste swemresultate:
Lees VerderHier volg die week se krieketresultate:
Lees VerderKan julle dit glo, oor minder as ‘n maand sluit die skole vir die leerders. Ek glo dat die leerders en julle as ouers/voogde nie meer kan wag om die welverdiende rustyd te geniet nie. 2024 was ‘n besige jaar met propvol opwindende skoolaktiwiteite waarvan die skoolkonsert seker die kollig gesteel het. Een aspek wat vir my die jaar soos die spreekwoordelike paal bo water uitstaan, is die feit dat ons leerders elke skoolaktiwiteit terdeë geniet het. Dit is vir my wonderlike om te sien hoeveel vreugde dit vir hulle bring. Wanneer leerders skoolgaan en in dieselfde proses ook pret het, leer hulle soveel makliker en beter. Dus fokus ons om gelukkige leerders te huisves wat ons in staat stel om hulle holisties te ontwikkel om hul volle potensiaal te kan bereik. Die Graad 7’s se finale laerskooleksamen het die week op Woensdag, 13 November, met Wiskundevraestel 1 afgeskop. Die assesserings vir die grondslagfase eindig vandag en ek glo die grondslagfase leerders gee saam met hul ouers/voogde ‘n sug van verligting en kan nou net die res van die kwartaal geniet met verskeie pretaktiwiteite wat vir hulle voorlê. Op Maandag, 18 November, begin die Gr. 4 – 6 finale eksamen en wil ek vir hulle ook spesiale sterkte toewens. Die eksamen vir die intersenfase (Gr. 4 – 7) eindig op 27 November 2024. Die eksamenproses behels nie net die...
Lees VerderOns dansers het behoorlik geskitter tydens die American Academy of Ballet “Performance Awards” by JvR Sondag, 10 Nov 2024. Bedankings; Aan mnr Beets vir gebruik van JvR saal en juf Sharon vir gebruik van haar klaskamer; Ons oulike dansers vir hul liefde en passie vir dans en hul deursettingsvermoë; Anene vir gebruik van haar Ballet matte en Philip en Matthew vir die musiek en sekuriteit; Karlien en Kerala vir kaartjieverkope en Belinda en Icelene ons “Runners”; Mammas vir mooi hare versorging en grimering en Pappas vir ondersteuning en ” lifts” na ekstraklasse. AAB GRADERING: Bronze: Bronze with distinction | Bronze with double distinction Silver: Silver with distinction | Silver with double distinction Gold: Gold with distinction AAB UITSLAE: Gr1 Mila Maree Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Emily Theron Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Emma Wilke Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Livia-Mae Liebenberg Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Amatullah Barsadien Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Heike Janse v Rensburg Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Vasti Swart Silver with Double...
Lees VerderIndien jy graag ‘n kersdonasie d.m.v. Karri vir die terrein-, nasorg- en/of snoepiepersoneel by die laerskool wil bydra, is jy welkom. Die Karri-insameling maak binnekort oop.
Lees VerderAs gevolg van leerders wat vroeër verdaag sal die biblioteek ook vanaf Maandag, 18 November, vir die res van die kwartaal om 14:30 sluit. Vir enige navrae, kontak vir Marecia by marecia@jvrprim.co.za
Lees VerderSUIDELIKE VOORSTEDE: OceanView, Glencairn, Vishoek, Muizenberg, Lakeside, Dieprivier, Wynberg, M3: NOORDELIKE VOORSTEDE: Brackenfell, Bellville, Parow, Goodwood: WESKUS (MILNERTON/TABLEVIEW/BLOUBERG/MELKBOS): Kliek op die onderstaande skakel VIR DIE BETROKKE ROETE, vul dit in en maak seker u submit. Sodra u dit gedoen het, sal ons ontvangs erken en al die verdere nodige inligting, kostes, roetes en tye aan u stuur om die aansoek af te handel. U sal op die blou skakel nadat u daarop ingegaan het, al die stoppunte sien waar die bus 2024 gestop het. Ons neem voorstelle vir nuwe stoppunte in ag. Kliek hier vir meer inligting: BUSVERVOER INLIGITNG Kliek hier vir meer inligitng oor aansoeke: AANSOEK INLIGITNG Om aansoek te doen vir die busdiens van Jan van Riebeeck, kliek op die toepassende blou skakel vir die onderskeie roetes. U sal ontvangs erkenning kry, met verdere aansoek dokumente. SUIDELIKE VOORSTEDE: OceanView, Glencairn, Vishoek, Muizenberg, Lakeside, Dieprivier, Wynberg, M3: https://forms.gle/ccSbwCVTX1eMKh556 NOORDELIKE VOORSTEDE: Brackenfell, Bellville, Parow, Goodwood: https://forms.gle/vD29isRnv3uTutSU6 WESKUS (MILNERTON/TABLEVIEW/BLOUBERG/MELKBOS): https://forms.gle/G3PpHUT27eePVLfz7 Vir enige ander navrae, kontak: Theresa Lombard ...
Lees VerderNeem asseblief kennis dat die skool vanaf Vrydag, 15 November tot Dinsdag, 10 Desember vroeër sal verdaag: Grondslagfase – 13:00 Intersenfase – 13:15
Lees VerderNeem asb. kennis dat Jan Kas Dinsdae- en Donderdaemiddae vroeër sal oop wees a.g.v. die skool wat vroeër verdaag. Ma & Wo – 07:00 – 08:00 Di & Do – 12:30 – 13:30
Lees VerderVind asb. aangeheg inligting vir die 2025 Jan van Riebeeck-gholfdag. Daar is slegs 12 x 4 balle beskikbaar. Neem kennis dat gholfkarretjiebesprekings vir jou eie rekening sal wees en direk by die proshop bespreek moet word. Kontak mnr. Rashard vir besprekings, borgskap van pryse of putjies en navrae indien u enige het. 067 311 8914 of sport@jvrprim.co.za GOLF...
Lees Verder