Liewe Ouers/Voogde

Graag wil ek versoek dat julle van die volgende datum en geleentheid ‘n nota sal maak:
Ons beplan om op Vrydag, 14 Maart 1 700 waterbuffel patties te braai. Dit word geskenk deur Babylonstoren en word tans as die gesondste rooivleis beskou. Burgers gaan @R40 elk verkoop word en bestellings sal binnekort op Karri-toep oopmaak. Julle sal ‘n keuse hê van ‘n wegneem-burger wat vanaf 14:00 by die skool opgetel word (“drive-through) of julle kan vanaf 16:00 dit agter by die skool by tafeltjies en musiek kom geniet terwyl bier en wyn te koop sal wees.

Susan Derksen en haar OOV span hanteer die dag en hulle sal julle nog versoek om vanaf Vrydagoggend 06:30 te kom help met braai en verpakking. Ons beplan om 500 burgers vir ‘n behoeftige skool te skenk.

Meer inligting volg binnekort. Stoor asb die datum van 14 Maart vir ‘n heerlike samesyn by die skool.
Dit gaan Baie opwindend wees!

Groetnis,
Naas Beets | Skoolhoof