Skrywer: Megan Zondagh

Dissipline

Respek is een van ons kernwaardes by Laerskool Jan van Riebeeck. Ons fokus op positiewe versterking en poog om die leerders te lei om daagliks hierdie waarde tydens alle skoolaktiwiteite (klas, speelgrond, kampe, uitstappies, wedstryde) uit te leef. Oor die algemeen leef ons Jannies hierdie waarde daagliks uit, maar daar is tog enkele leerders wat moet besef dat hul aksies spesifieke gevolge het. Ons was ongelukkig genoodsaak om ‘n dissiplinêre proses op te stel in die geval waar ‘n leerder herhaaldelik oortree en nie gehoor gee aan vermaning nie. In so ‘n geval sal die registeronderwyser in die vervolg ‘n vorm oopmaak vir die spesifieke leerder sodat die oortredings deeglik aangeteken kan word. Indien die leerder se gedrag nie verander nie, sal die ouer/voog ‘n e-pos eers van die registeronderwyser en op ‘n latere stadium, indien nodig, van ‘n dissiplinekomiteelid ontvang. In hierdie e-pos sal die ouer/voog ingelig word van ‘n oortreding(s) en hul ondersteuning en hulp sal ook versoek word. Op hierdie stadium sal mnr. Beets die vorm onderteken en hy of die komiteelid ‘n gesprek met die leerder voer. Die leerder sal as straf ‘n tweede pouse (sal wel tyd kry vir eet en badkamer toe gaan) verbeur of ontneem word van ‘n skoolaktiwiteit bv. ‘n uitstappie of sportwedstryd. In uitsonderlike gevalle sal ‘n vergadering met die ouer(s)/voog(de), registeronderwyser, mnr. Beets en ‘n dissiplinekomiteelid belê word. Tipiese...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 04 Oktober 2024 

‘Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand!  Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,   So blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,  So blomtuin-vol van kleure  Die asvaal ou Karoo.’  So beskryf die bekende digter, C. Louis Leipolt, die mooiste en magiese maand van die jaar in die tweede strofe van sy bekende gedig. Oktober bring beslis nuwe hoop vir veld, dier en mens. Dit is die tydperk wanneer blomme in volle mag blom en die landskap word omskep in die pragtigste kleure en geure. Die koue dae van die winter is veronderstel om iets van die verlede te wees, maar so ken ons die Moederstad wat dikwels vier seisoene in ‘n enkele dag kan akkommodeer. Ek glo dat die warmer dae almal se gemoedstoestand sal opkikker en ons die laaste kwartaal met hernieude energie kan aanpak. Sien gerus die clivia-plante in ons skooltuin wat besig is om te blom. Hierdie pragtige blomplante is inheems aan Suid-Afrika en word dikwels in skaduryke plekke gesien. Hul oranje blomme bring kleur aan ons skoolterrein.  Dus is dit my ‘n wonderlike voorreg om al ons leerders, ouers/voogde en personeel terug by die skool te verwelkom na ‘n heerlike kort en koue September-vakansie. Ek hoop almal het die vakansie geniet. Dit was so lekker om heelwat Jannies en hul ouers gedurende die vakansie in George raak...

Lees Verder

Top Schools Tennistoernooi

Ons Skool se 1ste tennisspan maak geskiedenis! Met groot trots deel ons die opwindende nuus dat ons skool se 1ste dogters tennisspan vir die eerste keer deelgeneem het aan die gesogte Top Schools Tennistoernooi. Hierdie toernooi wat vanjaar plaasgevind het bring die beste skole van regoor Kaap se streek bymekaar. Vanaf die oomblik dat ons spelers die baan betree het, het hulle ‘n sterk gees van samewerking en uithouvermoë getoon. Teen strawwe kompetisie het hulle elke wedstryd met passie aangepak en het hulle elke keer die skool se naam met trots verteenwoordig. Met elke stel het hulle beter en sterker gespeel, ons is trots op ons dogters. Ons span hul beste pogings ingespan en daarin geslaag om ‘n oorwinning te behaal wat hulle verseker het van ‘n 5de plek. Uitslae beloop soos volg: JVR vs. Hendrik Louw, gelykop gespeel en met ń super tiebreaker verloor. JVR vs. Gene Louw, wen 6-0 JVR vs. Durbanville, 6-2 Ons spanlede, insluitend Amelie van der Walt, Stella Pansegrouw, Jeanne van Heerden en Ané Swanepoel het ongelooflike vaardigheid en deursettingsvermoë getoon op die baan. Hierdie merkwaardige prestasie is nie net ‘n bewys van die talent van ons spelers nie, maar ook van die toewyding van ons afrigters en ondersteuning van ouers. Ons sien uit daarna om hierdie momentum vorentoe te neem en volgende jaar nog hoër te mik! Baie geluk aan ons span, julle...

Lees Verder

Sosiale media aanbieding: Carla de Beer

Ons is bevoorreg om vir Carla de Beer op Dinsdagaand, 22 Oktober, om 19:00 by ons skool te verwelkom.  Sy het 3 jaar gelede ‘n inligtingsessie by HS JvR aangebied waartydens sy belangrike inligting betreffende sosiale media se gebruik en gevare uitgelig het.   Ons het dit goedgedink om haar weer te nooi aangesien sosiale media so vinnig ontwikkel.  Ons ervaar dat ons kinders nie die belangrikheid van korrekte gebruik asook die gevare agter die skerm van sosiale media verstaan nie.  Vir ons as ouers is dit nog meer belangrik om ingelig te bly. Kom woon asseblief hierdie ouerinligtingsessie by.  Kaartjies sal op Karri beskikbaar wees. Sy sal ook ‘n inligtingsessie vir alle graad 5-7-leerders gedurende daardie dag tydens skoolure aanbied wat geen kostes vereis nie.  Vir enige navrae kontak gerus vir Marinda Brink...

Lees Verder

Abigail Fourie presteer in Gimnastiek

Abigail Fourie het op 23 September die Wes-Kaap verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir Ritmiese gimnastiek en ‘n derde plek behaal. Baie geluk, Abigail. Dit is ‘n puik prestasie! Ons is baie trots op...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 20 September 2024 

 Na afloop van elf besige en opwindende weke kom kwartaal 3 vandag amptelik tot ‘n einde met die sluit van die skole vir ‘n kort vakansie voordat ons die finale kwartaal van die jaar aanpak. Ek hoop en vertrou dat julle ook kwartaal 3 saam met jul kind/ers terdeë geniet het.  Dit is vir my ‘n riem onder die hart om daagliks te sien hoe gelukkig die leerders by die skool is. Hulle vrymoedigheid om daagliks by my kantoor te kom inloer om te groet of net om seker te maak dat ek, soos hulle dit stel: ‘’okay’ is’, is seker die beste byvoordeel wat ek, as skoolhoof, voor kon vra.  As ons vinnig oor die afgelope kwartaal terug kyk en ‘n kort refleksie sou wou doen, staan die volgende vir my uit:  Heelwat sportgeleenthede is vir die wintersporte (netbal, hokkie en rugby) die afgelope twee kwartale suksesvol gereël. Al het daar hierdie winterseisoen verskeie van die wedstryde, as gevolg van die gure weer uitgereën, is daar vanjaar ‘n rekord totaal van 743 wintersport-wedstryde gespeel. Dit is 157 wedstryde meer as gedurende 2023 en 215 wedstryde meer as 2022.  Dit is beslis ‘n pluimpie vir die sportkantoor. Baie geluk dan ook aan ons o/13A-dogtershokkiespan en ons o/7A-seunshokkiespan wat die seisoen onoorwonne afgesluit het.  Baie geluk aan die kaptein van ons eerste dogtershokkiespan, Hila Hertzog, en hul afrigters mnr. Leon en juf....

Lees Verder

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Uitslae

Ons wil graag die volgende leerders geluk wens met die uitstekende prestasies wat hulle by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod behaal het. Antjie Samuel ontvang ook ’n silwer medalje vir haar klavierspel en deelname aan die Unisa afdeling van die KAE. Volg die skakel om die leerders se prestasies te sien: Kaapse Afrikaanse Eisteddfod...

Lees Verder

DBV sê dankie

Here is a special message for the amazing students who gave such an amazing donation that came from their hearts. They are an example to each one of us. We are incredibly grateful to have received your generous donation of dog and cat food, bedding, treats, and other essential items for the animals in our care. Your kindness and compassion have made a significant impact on the lives of the animals at Cape of Good Hope SPCA. Thanks to you, they will not only have full bellies but also warm and comfortable bedding, as well as some special treats to enjoy. It is truly heartwarming to see young students like you taking action to make the world a better place for animals. Your donation shows that you care deeply about their well-being, and that makes all the difference in their lives. Every time they enjoy a soft bed or wag their tails in excitement for a treat, they are feeling the love and care you have shown them. On behalf of our entire team and, of course, all the animals who are benefiting from your kindness, thank you. Your generosity and thoughtfulness mean the world to us, and we are truly inspired by your efforts. Please know that your support has brightened many days for the animals and brought hope to their future. We are lucky to have such...

Lees Verder

Skoolgeld- en Begrotingsvergadering Kennisgewing vir 2025

Om aan die WKOD en nasionale regulasies te voldoen, moet Laerskool Jan van Riebeeck ons ouers/voogde 30 dae kennis gee van die jaarlikse skoolgeld- en begrotingsvergadering. Neem asseblief kennis dat dit op Maandag, 04 November 2024, om 18:00 in die nuwe biblioteek sal plaasvind.  Sien asseblief die volledige dokument HIER....

Lees Verder

Dapper Stappers: 26 Oktober 2024

Na ‘n lang winter is dit weer tyd dat Dapper Stappers die natuur gaan verken! Ons gaan op 26 Oktober gebruik maak van ‘n geleentheid om sommer geld ook in te samel vir “Walk for little feet”, ons Welwillendheidsprojek vir kwartaal 4. INLIGTING Plek: Camps Bay Primary School Symmonds Field, Cape Town Datum en tyd: Sat, 26 Okt 2024 at 09:00 am  Kaartjies: Grootmense R80 / Tieners (13-17 years) R40 / Kinders (0-12 years) FREE Die hele familie is welkom! Kaartjies vir die stap en meer inligting kan by hierdie skakel gevind word. Koop jou kaartjie en kom neem deel aan ‘n lekker dag van stap, kos en samesyn. Sien julle...

Lees Verder