Tennisuitslae: 26 Februarie 2025
Sien die week se tennisuitslae hier onder:
Lees VerderSien die week se tennisuitslae hier onder:
Lees VerderDit is amper weer tyd om musiekkonsert te hou! In Maart kry elke leerder wie ‘n musiekinstrument speel, ‘n geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en daarom bedoel om ook met ander gedeel te word. Die konserte sal in klas- of graadverband gedurende skooltyd plaasvind. Vra asb jou kind se musiekonderwyser indien daar onsekerheid is oor tye, veral die Graad 4H klas wat in twee sessies optree. Sien asseblief die datums en tye vir elke graadgroep: Ons nooi alle ouers, familie, en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vondering te vier. Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Groete, Rolene van...
Lees VerderKom beleef die Waterbuffel – Burgerfees – ‘n dag van lekker kos, musiek, samesyn en pret! Sluit by ons aan vir ‘n wonderlike middag vol smullekker burgers, musiek en ‘n fantastiese atmosfeer! Kom probeer die nuwe gesondheids-rooivleis van Babylonstoren in ‘n smaaklike burger. Die Waterbuffel – Burgerfees beloof die lekkerste burgers, wyn en ‘n paar verrassings vir die hele gesin. Jy kan ‘n wegneemete bestel of saamkom kuier op die mini-sportveld agter die skool vanaf 16:00. Danksy die ruim skenking van Babylonstoren kos die burgers slegs R50 elk! Gevriesde patties ook te koop: Indien jy die aand bywoon gaan...
Lees VerderOp Saterdag, 22 Februarie, het 18 van ons leerders aan die Zone-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Ons atlete het baie goed presteer en die volgende uitslae behaal: Louis Hofmeyer het eerste plek behaal in die seuns o.10 verspring. Matteo Pereira het eerste plek behaal in die seuns o.10 hoogspring. Leah Jacobsz het eerste plek behaal in die dogters o.11 1200m. Carter Schoeman het eerste plek in die seuns o.13 gewigstoot en tweede plek in diskus behaal. Anabella Boshoff het tweede plek behaal in die dogters o.12 spiesgooi. Jack Dawes het tweede plek behaal in die seuns o.13 spiesgooi. Stef Nel het derde plek behaal in die seuns o.11 verspring. Nils le Roux het vierde plek behaal in die seuns o.13 200m hekkies. Ynes Samba Kabassidi het vierde plek behaal in die dogters o.13 1500m en 200m hekkies. Hierdie atlete het gekwalifiseer vir die WP-proewe wat op 27 Februarie by Groenpunt plaasgevind het. Dit was ‘n dag vol puik prestasies, en ons atlete het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Hoewel daar vierde, vyfde en sesde plekke behaal is, het ons atlete ongelukkig net-net die top 3 gemis om hul WP-klere te verower. Baie geluk aan elke atleet wat hierdie seisoen alles gegee het en waardevolle ondervinding in die proses opgedoen het. Ons is uiters trots op elkeen van julle!...
Lees VerderLiewe JvR en Huppelland-ouers Die Eisteddfod inskrywings is oop en sal binnekort op Karri gelaai word vir betalings. Die Eisteddfod sal einde Mei by ons skool plaasvind en beloop R110 per item. Gr. R is ook welkom on in te skryf vir voordrag (gedig). Gr.1 en 2 kan aan voordrag (gedig) deelneem, gr. 3 aan voordrag en onvoorbereide lees en gr. 4-7 aan voordrag, onvoorbereide lees en prosa. Ek stuur ‘n skakel na ‘n vorm wat ingevul moet word hier onder. Indien jy meer as een kind wil inskryf, vul asb. die vorm vir elke kind apart in: https://forms.office.com/r/Y4uegnWchU Die inskrywings sluit 4 Maart en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Ek sal elke leerder met hul keuses en afrigting help. Lekker dag! Groete,...
Lees VerderChristiaan Cronje het deelgeneem aan die Gertjie van der Merwe – Spartan Wars Wrestling Toernooi op Saterdag, 22 Februarie 2025. Dit was sy eerste toernooi van die jaar. Hy het ‘n silver medalje in sy ouderdomsgroep verower. Welgedaan Christiaan! ...
Lees VerderRuben Eksteen (gr.7 -2024) presteer baie goed by sy nuwe tuise, Hoërskool Pinelands. Baie geluk, Ruben. Jy maak ons baie trots!
Lees VerderDie laaste dag van Februarie het net te skielik aangebreek, en ek glo dat julle ook met ‘n skok besef dat die tweede maand van die jaar agter die rug is. Februarie is vernoem na die Romeinse god Februus, wat bekend staan as die god van suiwering of reiniging, wat baie insiggewend is. Dikwels gebruik mense die maand van Februarie om hul liggame te detoks na die heerlike feestyd oor Desember- en Januarie-maand. Baie dankie aan al ons ouers/voogde, leerders en opvoeders wat op Vrydagaand, 21 Februarie, die gewilde klasbraai by die Conradieveld bygewoon het. Ouers/voogde en leerders het, soos gewoonlik, in groot getalle opgedaag. Die weer het saamgespeel, en met die ikoniese Tafelberg as agtergrond, die statige Leeukop en die bekende Seinheuwel wat ons omring, maak Conradieveld seker een van die mees idilliese liggings om ‘n klasbraai te hou. Baie dankie aan die personeel wat, na die lang sportweek, die moeite gedoen het om ook die spesiale aand by te woon en heerlik saam met ons ouers/voogde en leerders te sosialiseer. Amptelik was dit dan ook ons Gr. 1-ouers/voogde se eerste amptelike klasbraai by die laerskool, en dit was opvallend hoe die heerlike samesyn die geleentheid gekenmerk het, terwyl daar nuwe vriendskappe gesmee is. Op ‘n baie hartseer noot het een van ons skool se oud-onderwysers, naamlik juf. Vicky Taljaardt, op Vrydag, 21 Februarie, afgesterf. Juf. Vicky was...
Lees VerderOns is baie opgewonde om aan te dui dat ons vanaf 25 April tot 12 Mei ons mini-sportveld (agter die skool) na ‘n veeldoelige kunsgrasbaan gaan opgradeer. Die kunsgrasoppervlakte sal ons in staat stel om daarop sport te beoefen, en dit kan ook die ‘verkeer’ van leerders dra wat daarop voor skool, tydens pouses en na skool speel. Dit beteken dat die sportaanbod verder ondersteun word, aangesien ons daarop twee mini-hokkievelde gaan aanbring, wat die hokkieleerders se vaardigheidsvlakke verder sal ontwikkel. Die projek word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die Opvoedingtrust, wat gefinansier word uit die fondse van ons mees onlangse skoolveiling. Dit sluit ook die gawe hand van Gerhard Conradie in, wat die grond- en siviele werk van die projek gaan hanteer en borg. Baie dankie, Gerhard – ons waardeer dit baie. Verder wil ons graag die fasiliteite opgradeer met ‘n volledige sportsentrum wat pawiljoene, kleedkamergeriewe en ‘n mini-klubhuis insluit. Dit sal ook ruimte in die skoolgebou maak vir ons kultuuraanbod. Hierdie projek sluit ook die plaveisel agter onder die bome in om die hele area esteties mooi af te rond. Sien aangeheg ons droomplan, soos ontwerp deur Stephen Hitchcock (argitek), wat op ons Beheerraad dien. Ons nooi graag enige belangstellende ouers en voornemende donateurs wat ‘n bydrae sal oorweeg, om met my (skoolhoof@jvrprim.co.za) kontak te maak. Ons het reeds ‘n bedrag geld vir die projek opgesyfer...
Lees VerderWinter-Sportprogram...
Lees VerderSien die program hier onder: Junior - Swemgala program...
Lees VerderLiewe JvR en Huppelland-ouers Die Eisteddfod inskrywings is oop en sal binnekort op Karri gelaai word vir betalings. Die Eisteddfod sal einde Mei by ons skool plaasvind en beloop R110 per item. Gr. R is ook welkom on in te skryf vir voordrag (gedig). Gr.1 en 2 kan aan voordrag (gedig) deelneem, gr. 3 aan voordrag en onvoorbereide lees en gr. 4-7 aan voordrag, onvoorbereide lees en prosa. Ek stuur ‘n skakel na ‘n vorm wat ingevul moet word hier onder. Indien jy meer as een kind wil inskryf, vul asb. die vorm vir elke kind apart in. Die inskrywings sluit 4 Maart en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Ek sal elke leerder met hul keuses en afrigting help. Lekker dag! Groete, Jana...
Lees VerderSien die week se swemuitslae hier onder:
Lees VerderSien die week se krieketuitslae hier onder:
Lees VerderSien die week se tennisuitslae hier onder:
Lees VerderHierdie week het vier Nederlandse proefstudente vanaf Saxion Universiteit in Enschede by ons skool aangesluit. Hulle is almal derdejaar-onderwysstudente en doen by ons ‘n internskap tot einde April 2025. Gedurende hierdie tydperk ontvang hulle opdragte/projekte van hul universiteit om vir hul studies te voltooi saam met die proeftydperk en praktiese ondervinding wat hulle by ons kom aflê. Aangesien hulle ook by uitreikprojekte in minder bevoorregte areas betrokke gaan wees, sal hulle slegs drie dae per week by ons skool wees. Hierdie ooreenkoms met die universiteit gee weer vir ons as skool blootstelling aan hul leer- en onderrigmetodiek. Baie welkom aan die volgende vier Nederlandse onderwysstudente wat almal studeer om laerskoolopvoeders te word, en mag hulle horisonne by ons verbreed word terwyl ons ook van hulle kan leer: Pien van Dam Robin Groot Rouwen Jette Somsen Kaylee Taken Ons is so opgewonde om die bogenoemde vier oorsese studente by ons te akkommodeer, want ons weet dat ons leerders en personeel met hul besoek aan ons ‘n breër perspektief van onderwys en opvoeding in Nederland sal kry. Hierdie uitruil-ooreenkoms stel ons in staat om ‘n eerstewêreld-metodiek van leer en onderrig direk in ons klasse te ervaar. Hulle gaan verseker ook ons kulturele diversiteit verder verryk, en ons gaan ‘n dieper begrip van hul denkwyses en kultuur ervaar. Op Dinsdag, 18 Februarie, het ons skool weer die jaarlikse Interskole Atletiekbyeenkoms by Hoërskool...
Lees VerderOp Dinsdag, 18 Februarie, het ons aan die jaarlikse interskole atletiekbyeenkoms deelgeneem. Dit was ‘n heerlike dag waar meer as 450 atlete van 10 skole deelgeneem het. Ons het die dag baie goed begin deur 5 van die 8 langafstand-wedlope te wen. Daarna het ons atlete baie mooi presteer op die baan en veld. Ons kondig nie ‘n wen-skool aan die einde van die dag nie, maar as ons na die punte kyk na afloop van die dag, sou Jan van Riebeeck met die loure weggestap het. Baie geluk aan Leah Jacobsz wat die beker verower het vir die beste dogter-atleet op die dag. Baie dankie aan al ons onderwysers wat op die dag diens gedoen het om te verseker dat dit ‘n uiters suksesvolle dag was. Sien volledige uitslae hier: Final Results - Interschools Athletics 2025 23 van ons atlete het gekwalifiseer om aan die Zone-kampioenskappe deel te neem. Dit vind Saterdag, 22 Februarie by Vygieskraal plaas. Ons hou vir al die atlete duim vas en weet almal sal hulle beste...
Lees VerderDis weer tyd vir ‘n somersokkie! Sien meer inligting hier onder: Neem asseblief kennis dat kaartjieverkope op Karri, Maandag, 17 Maart sluit. Bestel jou kaartjie sommer nou!
Lees VerderSien die oefensessieprogram(Rehearsal session) vir Mzanzi Conductor’s Convention by die CTICC hier onder: Rehearsal session MCC Convention...
Lees VerderMzanzi Conductor’s Convention by die CTICC: 14 – 16 Maart 2025 Beste Ouers, Die naweek waarvoor die koor so hard oefen en voorberei, is om die draai. Tydens die MCC gaan ons senior koor deel vorm van die MCC Kinderkoor wat saamgestel word uit vier kinderkore: Tygerberg Kinderkoor, Pietermaritzburg Kinderkoor, Cantaré Kinderkoor, en die Laerskool Jan van Riebeeck Senior Koor. Die MCC Kinderkoor gaan onder leiding van die bekende Kanadese kinderkoor dirigent, Zimfira Poloz, vanaf Vrydag, 14 Maart, tot Sondag, 16 Maart, werk. Die leerders se toewyding en harde werk word dan Sondag, 16 Maart @ 13h45, tydens die Convention Choirs Showcase ten toon gestel. Dit is defnitief ‘n geleentheid wat julle nie wil misloop nie! Deel van hierdie konvensie sluit verskeie optredes deur plaaslike en internasionale kore in. Ek heg die program vir die naweek aan, en moedig almal aan om die geleentheid te gebruik om na hierdie briljante kore te luister. Ons koorlede sal toegang hê tot hierdie konserte, maar familie en vriende sal vooraf kaartjies moet koop om dit by te woon. Kaartjies kan op die MCC se webtuiste gekoop word by die volgende skakel https://tickets.tixsa.co.za/events/26842 OF stuur vir my ‘n epos (rolene@jvrprim.co.za) om kaartjies teen ‘n goedkoper prys te kry: R120 volwassenes en R75 vir kinders en pensionarisse. Hierdie aanbod is slegs geldig tot 10 Maart. Hier is ‘n lys van die konserte waarvoor julle...
Lees Verder