Skrywer: Marinda Brink

Korrekte skooldrag 2025

Let asseblief op die skrywe hier onder sodat jou kind die regte skooldrag van die begin af dra: Grondslagfase (Graad 1 – 3): Dogters:  Hempie (mouloos of moue) met skort of sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies Seuns: Hempie met sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies Koue dae: skoolsweetpaktop en/of broek. Intersenfase (Graad 4 – 7) Dogters: Hempie soos in Grondslagfase met geruite rompie en/of netjiese donkerblou kortbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met wit sokkies Seuns: Hempie soos in Grondslagfase met netjiese, donkerblou kortbroek/khaki langbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met lang, donkerblou kouse met wit strepies Koue dae: Langmou hempie en/of soft shell donkerblou baadjie – GEEN sweetpaktop nie! LET WEL: Sportdrag mag slegs op LO-dae skool toe gedra word. Indien jou kind sport direk na skool het, moet die rompie/broekie vinnig met die sportbroekie gedurende tweede pouse of na skool vervang word. Wedstryddrag mag slegs op wedstryddae skool toe gedra word. Help ons asseblief om ons korrekte skooldrag met trots te...

Lees Verder

Marike Badenhorst: Groeipyne potgooi

Ons is so bevoorreg om te kan spog dat ons skool se opvoedkundige sielkundige, Marike Badenhorst, hierdie vakansie op RSG met Anthea Frederiks op die program Groeipyne gesels het. Hierdie twee opnames volg so mooi op die Jannie Gesprekke soos sy dit tydens kwartaal 4 in ons nuusbrief gepubliseer het.  Marike deel graag praktiese advies en wenke met ouers.  Luister gerus na die potgooi-uitsendings: 1) 26 Desember:  Bou só gesonde gesinsverhoudings – RSGplus 2) 2 Januarie 2025: Groeipyne 2 Januarie 2025 – Groeipyne – Omny.fm...

Lees Verder

Ons gesin (deel 2)

Dit is die einde van die jaar en dit is vakansie! Dit is daardie tyd van die jaar  waar ‘n gesin kwaliteit tyd saam spandeer en ons as ouers wil hê die dae moet met die minimum struwelinge en konflik verloop. Maar ons weet dit is nie so maklik nie! Tog kan onderlinge konflik beperk word as elke lid van die gesin vooraf presies weet watter gedrag binne hulle gesin aanvaarbaar is en watter gedrag  nié toegelaat word nie.  En dit konsekwent toe te pas. Hier gaan GRENSE en KOMMUNIKASIE hand aan hand.  Ons as ouers trap dikwels in die strik deur onrealistiese verwagtinge by ons kinders te skep. Ons primêre taak is om ons kinders voor te berei om ‘n goed gebalanseerde individu te wees wat met respek teenoor ander optree. Dit is nié ‘n verhouding waar jou kind die gevoel kry jy is bloot daar om aan al sy/haar eise en behoeftes te voldoen nie.  Dit is waarom duidelike grense binne ‘n gesin so krities is.  En ons moet by onsself begin. Om duidelike grense te stel, beteken nie dat jy jouself distansieer of isoleer nie.  Jy skep net ‘n atmosfeer waar jy voel jou behoeftes en welstand word deur die ander gesinslede gerespekteer. En ook dat dit vir jou belangrik is om aan elke gesinslid  sy/haar ‘n eie unieke “ruimte” te gee waar hy/sy tuis, geliefd...

Lees Verder

Nasorg 2025: ‘n Gelukkige tuiste weg van die huis

Elke middag is vol lag, energie en lekker aktiwiteite. As jy verbyloop, hoor jy hoe die kinders fluister, “Mamma, kan ek nog ‘n rukkie kuier?” Hoekom verkies die leerders om nasorg by te woon? Iris, Gr. 2T: “Ek het maatjies by die nasorg en nie by die huis nie, omdat ek nie ‘n boetie of ‘n sussie het nie.” Reuben Strydom, Gr.1T: “Ek speel lekker LEGO op die nasorg se nuwe LEGO-tafels.” Eli van Wyk, Gr. 3TB: “As mamma en pappa my nie kom haal nie, weet ek ek kan na julle toe kom. Dit is vir my lekker...

Lees Verder

Terugvoer: Meningspeiling 2024

Hiermee gee ons graag terugvoer rakende die meningspeiling 2024 wat 245 ouers/voogde van ons laerskool voltooi het. Ons voel uiters bevoorreg dat daar soveel deelname aan hierdie meningspeiling was wat gedurende Junie 2024 geloods is.  Die idee met die opname was om te bepaal of die skool vanaf die vorige opname wat gedurende 2021 versprei is, verbeter het.  Ons kan met dankbaarheid deel dat daar heelwat aspekte van ons skool is wat ons vanuit daardie meningspeiling kon aanspreek en verbeter.  Dit is dus waardevol om soveel moontlik van ons ouers/voogde se insette  te ontvang sodat daar deursigtige besluite geneem kan word om die hele skoolgemeenskap te verbeter en te bevoordeel.  Met die kind as ons hooffokus, bly dit ‘n plesier om uitnemendheid as ‘n holistiese benadering na te streef. Vanuit hierdie jaar se opname blyk dit duidelik te wees dat ons leerders baie gelukkig in ons skool is en dat ons skool hoë gehalte onderrig op verskeie vlakke lewer.  Hierdie twee aspekte dien as die hoofrede waarom Laerskool Jan van Riebeeck doen wat ons doen en weet dat ons voordurend moet bly verbeter op die twee aspekte om dit ons prioriteit te hou. Die volgende punte staan duidelik uit in die meningspeiling: Leerders moet die vrymoedigheid ontwikkel om vrae te vra indien daar iets is waarvan hulle onseker voel; Boelie-insidente: Ons het ‘n aksieplan saamgestel wat reeds in die...

Lees Verder

Om jou “moeilike” kind te dissiplineer? Is dit moontlik?

Ongeag hoe “maklik” en aangenaam jou kind voor ander mense optree of ál die sosiale reëls nakom, sien jy as ouer dikwels ‘n totaal ander kind by die huis. Gelukkig, met meer kennis asook ‘n bietjie kreatiwiteit is daar maniere om op ‘n vreedsame manier ‘n moelike kind te dissiplineer en ook te leer om konfliksituasies te hanteer. As ouers kan ons nie verwag dat ons kinders te alle tye hulle uitsonderlik goed moet gedra nie. Kinders is besig om hul plek in die wêreld te vind en te leer om ‘n magdom nuwe emosies te hanteer. Daar is gewoonlik ’n paar redes vir hierdie gedrag: ‘n Soeke na onafhanklikheid:  onafhanklikheid is een van die vroegste sosiale vaardighede wat ‘n kind móét leer. Dit is dikwels die rede vir moeilik hanteerbare gedrag. Wat hulle eintlik vir ons probeer sê is: “Ek wil dit ‘n slag op mý manier doen!” ‘n Poging tot kontrole en om in beheer te voel: selfs as ‘n volwassene voel ons frustreerd wanneer ons nie beheer het oor ‘n sekere situasie nie. Dikwels,wat vir ons na swak gedrag lyk, is dalk net ons kind se manier om vir ons te probeer sê: ”Los alles en luister net na my…ek wil gehoor word!” ‘n Soeke na aandag:  kinders tree gewoonlik buite die grense op as ‘n manier om die aandag op hulle te vestig. Onthou, kinders...

Lees Verder

Prysuitdeling 2024

Prysuitdelingsgeleenthede vir 2024 vind in ons skoolsaal op die volgende dae en tye plaas: Maandag, 2 Desember: Graad 1 om 8:30; Graad 2 om 10:00; Graad 3 om 11:30  Dinsdag, 3 Desember: Graad 4 – 09:00; Graad 5 – 11:30  Donderdag, 5 Desember: Graad 6 – 09:00; Graad 7 – 18:00 Let asb. op die volgende: 1) Alle leerders (gr. 1-7) in die skool ontvang ‘n sertifikaat met unieke akademiese-, persoonlike kommentaar, sowel as aktiwiteite waaraan die leerder deelgeneem het. 2) Gr. 4-7: Ontvang Top 3 graadpryse vir Afrikaans, Engels (EAT en HT) sowel as Wiskunde. 3) Gr. 5-7: Ontvang Top 10-medaljes vir graadposisies 4) Indien jou kind nie die prysuitdeling kan bywoon nie, moet jy asb. die bepaalde registeronderwyser in kennis...

Lees Verder

Hoe leer ek my kind om verantwoordelikheid vir foute te aanvaar?

Dis so moeilik vir ons as ouers om ons leerders die geleentheid te bied om self foute te maak en dan verantwoordelik vir hierdie foute te aanvaar.  Hoe moet ons dit hanteer? Lees gerus hier oor die advies wat Marike Badenhorst vanuit die Zen Den aan ons bied. Hoe leer ek my kind om verantwoordelikheid vir hulle foute te aanvaar? Ongeag ‘n ouer se poging om die waarde van eerlikheid by jou kind te vestig, lyk dit soms of hy/sy enige iets doen om nié verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie. Hoekom nie? Hier volg moontlike redes waaraan ons as volwassenes nie altyd dink nie: Vrees vir kritiek (disapproval): Jou kind mag bang wees om jou/die onderwyser/vriende teleur te stel. Deur nié verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie, hoop hulle om die negatiewe gevolge te ontduik wat mag volg. Hoe wil ek hê moet ander my sien? Kinders, net soos volwassenes, wil gesien word as goed, bekwaam en eerlik. Daarom “beskerm” hulle hierdie beeld deur die blaam op iemand te verskuif of te ontken hulle is skuldig. Hulle glo hulle gaan dan nie gekonfronteer word of iemand nie teleurstel nie. Om die gevolge te vermy: Deur die blaam op ander te plaas, hoop die kind hy/sy gaan die gevolge vryspring wat hy/sy weet gaan volg en waarvoor hy/sy ie kans sien nie. Gebrek aan emosionele regulering: Soms is die emosies wat...

Lees Verder

Hoërskooltutors – Huiswerkklasse

Vanaf volgende week (15 Julie) sal die hoërskooltutors weer op ‘n Maandag, Woensdag en Donderdag direk na skool (14:15) ekstra huiswerkklasse aan ons leerders gratis voorsien. Indien jou kind weer van die diens gebruik wil maak of indien sy/hy nou wil begin, moet jy asseblief vir Marinda Brink marinda@jvrprim.co.za daaroor kontak. Leerders meld by Marinda se kantoor aan. Hierdie diens is ‘n voorreg en ekstra geleentheid, so dit sal gaaf wees indien ons leerders van hul klas sal onthou en betyds...

Lees Verder

Huiswerkklasse van hoërskoolleerders (tutuors)

Die program wat ons vir twee weke op die proef gestel het, het goed gewerk. Die klasse het vir die kwartaal eers tot ‘n einde gekom, aangesien die hoërskooltutors vir hul eie eksamen moet voorberei. Ongelukkig is ons op hul privaattyd aangewese. Alle huiswerkklasse sal in kwartaal drie weer...

Lees Verder

Addisionele huiswerkklasse Gr.4-7

Leerders leer die beste by ander leerders … Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck vat hande en bou bande deur van die akademiese presteerders (Gr.10 – 12-leerders) te gebruik om akademiese intervensie aan ons graad 4 – 7-leerders te voorsien. Hierdie intervensie is om enige leerder nog meer te versterk sodat Laerskool Jan van Riebeeck kan voortbou en selfs nog beter akademiese resultate kan behaal. Baie van hierdie hoërskoolleerders is oud-leerders van die laerskool en verskriklik oulik, betroubaar en gefokus op hul skoolwerk. Op hierdie manier trek ons leerders voordeel om op ‘n gemaklike manier hulp met huiswerk, opsomwerk en selfs voorbereiding vir toetse by ouer leerders te ontvang. Die huiswerkklasse sal op ‘n Maandag / Woensdag / Donderdag vanaf 14:30 – 15:15 plaasvind. Die idee is dat elke leerder een keer per week huiswerkklasse ontvang. Die klasse is vir enige leerder in graad 4 – 7 beskikbaar. Graad 3 leerders is ook welkom. Hierdie projek gee ons ouers ook die geleentheid om te verseker dat huiswerk reeds by die skool op ‘n gestruktureerde manier gedoen word terwyl die kinders wag om by die skool gehaal te word. Laat weet vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien jou kind by hierdie huiswerkklasse kan inskakel. Die lesse is gratis en ons wil genoeg geleentheid aan ons leerders bied om hul akademiese potensiaal te...

Lees Verder

Verryking en blootstelling

Ons het die jaar entoesiasties en geesdriftig met nog ‘n doel voor oë aangepak: Om die leerders van Laerskool Jan van Riebeeck bloot te stel aan meer diverse mense, kulture, ervarings, ens. Ons het die jaar begin deur te fokus op Mense van Kaapstad wat op hul unieke manier ‘n verskil in hul eie lewe, maar ook die lewens van ander mense maak. Mense wat hul uniekheid in die rede vir hul sukses omskep het. Hierdeur wil ons ons leerders bemagtig deur die nodige toerusting aan hulle te gee sodat ons goed gemanierde, sterk individue vorm wat eendag as volwassenes vir Suid-Afrika en die wêreld iets kan terug gee. Tydens kwartaal 1 het die aktrise Quanita Adams en entrepreneur Vusi Vokwana ons tydens saalbyeenkomste kom toespreek. Die iMadiba-gespreksruimte wat deur Erhardt Thiel ontwerp is en deur Zelda la Grange en Tom Moses geopen is, vorm nou ‘n perfekte plek waar heelparty konfliksituasies en sienings reeds tussen leerders aangespreek is. Leerders moet geleer en gelei word om verskille te leer hanteer, want dit is tog ‘n proses wat lewenslank neem om te bemeester. Verder het ons pasklaar programme deur ervare sielkundiges laat saamstel om aan ons graad 6 & 7-leerders tydens verskeie sessies aan te bied om verdere verryking en bemagtiging te verseker. Hierdie onderskeie programme strek vanaf kwartaal 1 tot kwartaal 3. Dit sluit perfek by die PSW/Lewensoriëntering-kurrikulum aan....

Lees Verder

GRAAD 4 – 7 OUERGESPREKSGELEENTHEID EN INLIGTINGSESSIE

Portefeuljedag/Ouergespreksgeleentheid: Graad 4 -7-ouers word aangemoedig om afsprake van 15 minute elk op Maandag, 8 April 2019, tussen 15:00 – 19:00 by Adri Marais (skoolsekretaresse) te maak, indien jy met ‘n spesifieke onderwyser wil gesels. Inligtingsessie: Op Donderdag, 11 April 2019, om 18:00 sal dr. Joan Campbell die graad 4-7-ouers rakende seksuele gedrag by kinders van hierdie ouderdomsgroep toespreek. Dit sal in die skoolsaal...

Lees Verder

Trots om ‘n Kapenaar te wees

Ons poog om hierdie jaar die leerders van Laerskool Jan van Riebeeck te verryk deur blootstelling aan ‘n verskeidenheid Kapenaars wat sukses op een op ander manier behaal het, te gee. Ons wil spog met die Mense van Kaapstad en ons leerders inspireer en motiveer om hulself te wees en om sukses op hul eie manier te behaal deur te fokus op die proses eerder as ‘n spesifieke eindproduk. Hierdie sprekers sal regdeur die jaar tydens saalbyeenkomste optree. Ons is trots om Kapenaars genoem te word, om deel te wees van ‘n diverse gemeenskap en daarom dat ons besluit het om hierdie jaar klem op isiXhosa te plaas. Ons sal weekliks nuwe woorde aan leerders en ouers op ‘n verskeidenheid maniere bekend maak. Ons vertel in ‘n volgende nuusbrief meer...

Lees Verder

Ekstra huiswerkklasse

Laat weet asseblief vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien u beskikbaar is om gedurende die jaar op een of ander manier met ekstra huiswerkklasse te help. Dankie aan diegene wat reeds betrokke is.

Lees Verder

ATKV – Junior Olimpiade (Graad 7 – 9) Uitslae

Baie geluk aan elf graad 7’s wat die ATKV se Junior Olimpiade (Graad 7 – 9 Afrikaanse vraestel) geskryf het. Ons was een van drie laerskole wat teen ‘n hele paar groot hoërskole in die Wes-Kaap deelgeneem het. Ons is baie trots op hierdie leerders wat bewys het dat ons met graad 8 en 9-leerders kan meeding: Annabel de Jager, Benke Grobler, Daniël Grutter, Adrian Huysamen, Johann Jordaan, Lili Louw, Stef Mostert, Jan Murray, Benjamin Pienaar, Henry Potgieter en Chris Scott.Baie geluk aan julle almal...

Lees Verder

Prysuitdeling: Verandering van datums en formaat

PRYSUITDELING 2018: Datums: GRAAD 1 – 3: Woensdagoggend, 28 November 2018 Graad 1 – 8:30 Graad 2 – 10:00 Graad 3 – 11:30 AS GEVOLG VAN KOOROPTREDE WAT GEKANSELLEER IS: LET OP VERANDERING GRAAD 4 – 5: Dinsdagaand, 4 Desember 2018 LET OP VERANDERING GRAAD 6 – 7: Donderdagaand, 6 Desember 2018 ALGEMEEN GRAAD 4 – 7: Ons is in die proses om die formaat van die prysuitdeling te hersien. Die volgende aanpassings is reeds beplan vir die jaar se prysuitdeling nadat ons die graad 6 en 7-leerders se mening rakende die huidige formaat, gevra het : 1. Sertifikate: Elke leerder in die skool ontvang steeds ‘n sertifikaat. Hierdeur wil ons steeds aan elke kind spesiale erkenning gee. Dit blyk duidelik belangrik vir ons leerders te wees. Ons poog om op vordering, deelname, 100% skoolbywoning, spesiale karaktereienskappe en waardes te fokus. Slegs leerders wat ‘n gemiddeld van 80% en meer het, sal erkenning op die sertifikaat ontvang nl. Uitsonderlike prestasie. Leerders voel dat hulle geëtiketteer word indien daar onderskeid op die sertifikaat gemaak/getref word bv. Goeie prestasie, ens. en dit voor almal gelees word. 2. Toesprake: Ons poog om die jaar se toesprake aansienlik te verkort. 3. Spesiale toekennings: Alle toekennings wat gedurende die jaar reeds in die skoolsaal en/of by ‘n sport- of kultuurbyeenkoms, waartydens ons skoolgemeenskap (leerders en/of ouers) betrokke was, oorhandig is, sal nie gedurende die...

Lees Verder