Verlede kwartaal het ‘n 20 van ons gr.5-7 leerders deelgeneem aan die eerste rondte van die Horizon Math Competion. Die kompetisie word slegs in Engels aangebied en is soortgelyk aan Amesa. Dit behels insig vrae en die leerders moet baie mooi dink om die probleme op te los.

Veertien van ons leerders het gekwalifiseer om deel te neem aan die tweede rondte. Die volgende rondte vind die 12de Mei plaas by Star College, Bridgetown. Ons wil vir die leerders baie sterkte toewens met die voorbereiding. Die leerders, in geen spesifieke volgorde, is:

Stella Malan
Armand Meyer
Alexander Newton
Daniël Loots
Anna van Biljon
Dawid Adler
Peet Karsten
Benjamin Pienaar
Stef Mostert
Ethan Brits
Henry Malan
Gerard Snijders
Chris Scott
Christiaan Stimie