Alexander en Danny Newton het Saterdag deelgeneem aan die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms in Oudtshoorn. Dit is reeds ‘n puik prestasie om tot by die byeenkoms te vorder. Alexander het pragtig gespring, maar ongelukkig op 1.45m uitgeval. Hy het algeheel 5de geeïndig.

Danny het deurgedring na die 70m Hekkies finaal en algeheel 6de geeïndig. Hy het ook aan die hoogspring deelgeneem. Met ‘n hoogte van 1.25m het Danny 3de geeïndig en is opgeneem in die Wes-Kaapspan. Dit is ‘n ongelooflike prestasie. Hy neem deel aan die SA-byeenkoms die 17de Maart in die Paarl. Ons wens vir hom alle sterkte toe.