Eerskomende Maandag neem 64 van ons atlete deel teen 7 ander skole by Groenpuntstadion.

Hier volg ‘n paar algemene reëlings:
1. Alle atlete moet om 07:45 by die stadion wees. Die eerste item begin om 08:30
2. Ons moedig alle leerders aan om van eie of publieke vervoer gebruik te maak. Parkering is baie beperk en alle skole het slegs toegang tot parkering – P4. Indien die parkering vol is moet publieke parkering gebruik word. Niemand mag in enige ander parkeer blokke parkeer nie.
3. Atlete moet deur die VIP-ingang toegang tot die stadion bekom. Toegang vir ouers is aan die voorkant van die stadion. Toegang is gratis.
4. Juf van Zyl en van der Merwe sal die leerders daar ontvang om vir elke atleet ‘n armband te gee. Niemand mag in die stadion gaan sonder ‘n armband nie.
5. Onthou asb. waterbottel en hoed, maar geen glasbottels word toegelaat nie.
6. Atlete moet die skool se atletiekhempie (elke leerder het een ontvang) en blou broekie aan hê.
7. Verversings sal op die dag verkoop word.
8. Geen leerder mag die perseel verlaat sonder ‘n ouer en die toestemming van die spanbestuurders nie. Spanbestuurder is juf. van Zyl, van der Merwe en mnr. Hanekom.
9. Wanneer atlete nie deelneem nie moet hulle op die pawiljoen wees. Geen ouers word toegelaat op die baan nie.
10. Leerders moet onthou om pleister saam te bring vir hulle voete.
Sien program indien daar enige onsekerhede is.
Ons wil vir elke atleet alle sterkte toewens. Doen jou bes en moet nie vergeet om dit te geniet nie.