Maandag,5 Februarie, het ons teen 7 ander skole te staan gekom in die jaarlikse Interskole atletiekbyeenkoms. Ons atlete het al vroeg in die jaar begin oefen en was reg vir die dag. Van vroeg af is daar opgestel en reggemaak vir die dag. Om 08:00 kon jy die atmosfeer in die stadion voel. Alle atlete was opgewonde en senuweeagtig op dieselfde tyd. Ons atlete het pragtig vertoon . Almal het die skool se atletiekhempie aangehad en ons het van die begin af soos ‘n wenspan gelyk.
Om 08:30 het die byeenkoms begin en ons het dadelik ons merk gemaak met Mia Nortjé en Stef Mostert wat die eerste twee items van die dag wen. Ons atlete het verder deur die dag uitstekend presteer. Vanaf die klein 0/7’s tot ons 0/13’s het almal in elke item net hul bes gegee.
Baie van ons atlete het ook rekords gebreek. Alexander Newton en Jacomien van der Westhuizen in die hoogspring. Danny Newton in die hekkies. Nicole Prinsloo in die gewigstoot en Stef Mostert in die 800m.
Hierdie prestasies was net deel van ‘n puik spanpoging.

Dit was 37°C en ons atlete het hul deursettingsvermoë gewys. Na alle items amper verby was, was dit tyd vir die aflosse. Die hoogtepunt van die dag.

Dit was ongelooflik om te sien hoe goed ons gevaar het. Al ons aflosse het in die top 3 geeïndig. 4 x eerste plekke, 2 x tweede plekke en 2 x derde plekke.
Die dag het geeïndig en Jan van Riebeeck het vir die tweede jaar in ‘n ry interskole gewen. Baie geluk aan al 67 atlete wat deelgeneem het. Elkeen van julle het bygedra tot ons oorwinning.
Ons wil spesiaal vir mnr. en mev. Hanekom bedank vir hulle puik organisering van die byeenkoms, afrigting en voorbereiding van ons atlete. Als het glad verloop ,sonder enige probleme. Ons weet daar was baie laat aande wat gewerk is om dit moontlik te maak. Dankie ook aan juf. Stahmer en Jordaan wat elke oefening met afrigting gehelp het asook elke personeellid wat op die dag as beampte gehelp het. Groot dankie aan Esna Boshoff en haar helpers wat gesorg het vir die heerlike verversings vir al die beamptes en Hannes en sy span vir die uitpak en wegpak van al die apparaat…dit word poreg waardeer !
Dit is almal se bydrae wat gehelp het tot ‘n onvergeetlike Interskole.