Verlede Saterdag, 3 Februarie ,het 10 van ons atlete ons skool verteenwoordig by die interprovinsiale tweekampbyeenkoms te Oudtshoorn.
Vir die eerste keer in die laerskool se geskiedenis het Laerskool Jan van Riebeeck gekwalifiseer om in skoolverband aan die kompetisie deel te neem. Slegs die top 3 skole in elke provinsie kwalifiseer, dus was daar 12 skole in totaal. Die provinsies wat deelgeneem het was, WP, Boland, SWD en OP.
Die skole per provinsie wat gekwalifiseer het was:
WP – De Hoop, Laerskool Durbanville en Jan van Riebeeck.
Boland: Laerskool Olifantsvallei, Curro Langebaan en Paarl Gimnasium.
SWD: Knysna Laer, George Suid en Glenwood.
OP: Sunridge, Summerwood en Lorraine.
Die kompetisie was baie sterk, maar ons atlete het gewys dat harde werk en met deursettingsvermoë is enige iets moontlik.
Jan van Riebeeck eindig 3de in skole kompetisie na Laerskool De Hoop en Olifantsvallei.
Ons atlete was:
Sophia Liebenberg
Albert Griesel
Hein Liebenberg
Stefan Griesel
Alexander Benecke
Lourens van der Walt
Isabella van der Walt
Henry Potgieter
Stef Mostert
Elmarie Combrink.
Die is ‘n uitmuntende prestasie en ons atlete kan hul koppe baie hoog hou. Julle het Jan van Riebeeck se naam hoog gehou. Ons is baie trots op julle. Ons wil ook vir mnr. Hanekom bedank vir sy toewyding en afrigting om al ons atlete voor te berei.