Neem asb. kennis dat alle Somersport hierdie week tot ‘n einde kom.
Baie dankie vir almal se ondersteuning en bydraes tydens die eerste kwartaal. Dit was ‘n moelike eerste kwartaal, veral vir die krieket weens die droogte. Baie min wedstryde is gespeel en ons hoop dat dit na die reënseisoen sal verbeter, in die vierde kwartaal.

Vanaf volgende week sal ons begin met die Winterprogram. Die sportrooster sal op Vrydag 9 Maart op die webtuiste gelaai word.