Skrywer: JvR Sport JvR Sport

O/13 Krieketwedstryd, 25 Okt

Die 0/13-krieketspan het gister ‘n oorweldigende 10 paaltjie-oorwinning teen die Hout Bay International skool gehad. Die seuns het ‘n paar goeie vangskote in die buiteveld geneem. Ons sterbouler vir die dag was Thornley Webber! Hy het 4 paaltjies geneem en slegs 4 lopies afgestaan in sy 3 boulbeurte. Ruben het ‘n bydrae gelewer met 2 paaltjies, asook Peet, Joshua en Johann met een paaltjie elk. Houtbaai kon net 58 lopies aanteken. Ons twee openingkolwers het die wenlopies vinnig aangeteken, Christiaan met 29 lopies en Peet nie ver agter met 17 lopies. Dit was ‘n puik spanpoging...

Lees Verder

O/9 Krieketwedstryde, 23 Okt.

Al was dit ‘n baie warm dag het ons kinders baie mooi gespeel. Die A- span het 21 lopies aangeteken teenoor Llandudno se 16 en die wedstryd gewen. Al bestaan die meeste van die B span uit O/8-spelers het hulle 49 lopies aangeteken teenoor Llandudno se 27 en ook hulle wedstryd gewen. Wel gedaan manne en...

Lees Verder

O/11 Krieketuitslae teen Kampsbaai

Die onder 11’s het hierdie week teen Laerskool Kampsbaai gespeel. JvR het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Ons teken toe 99 lopies aan in ons 20 boulbeurte. Daarna was dit ons beurt om te boul. Die manne het goed gedoen en Kampsbaai beperk tot 73 lopies in hulle 20 boulbeurt, met 7 paaltjies plat. Keegan Schoeman was die uitblinker met die kolf en het 41 lopies nie uit nie, aangeteken. Met die bal het Taniel Webber en Jan Karsten uitgeblink, met twee paaltjies elk. Jan Karsten het dit selfs reggekry om die een paaltjie in die helfte te boul!! Baie geluk...

Lees Verder

Tennisuitslae, 25 Okt

Ons spanne het baie goed gevaar die week. Ons uitslae is soos volg: Gemeng A:Leila Lonte, Daniël Grutter, Marcel Eygenberger en Mia Symington – wen 6-0 teen Parklands Junior Prep Gemeng B: Hannah Badenhorst, Jacomien van der Westhuizen, Annabel de Jager en Héloïse Strauss – verloor 0-6 teen Table View. Seuns A: Alexander Newton, Fredrich Erasmus, Daniel van Reenen en Danny Newton – wen 6-0 teen...

Lees Verder

Table View Swemgala, 17 Okt.

Ons kinders het baie goed gevaar by die Table View swemgala en ons het ‘n heerlike middag gehad. Die skole wat deelgeneem het, is: Milnerton, Table View A & B, Welgemoed, Somerset Wes en Jan van Riebeeck. Ons wag nog vir die amptelike uitlsae, maar ons het by die meeste items onder die top 3...

Lees Verder

Tenniswedstryde, 17 Oktober

Al ons spanne kon ongelukkig nie Woensdag speel nie omdat ons heelwat tennisspelers aan die swemgala afgestaan het. Ons het egter twee spanne gehad wat deelgeneem het. Hier volg hul uitslae: Gemeng A: Peet Karsten, Jan Karsten, Mia Symington en Annabel de Jager. JvR wen 3-3 teen Edgemead. Gemeng C: Daniël Grutter, Jacques Loubser, Marcel Eygenberger en Chiara Roodt. JvR wen 5-1 teen Parow...

Lees Verder

Atletiekkliniek-20 Oktober

Op Saterdag, 20 Oktober, word daar ‘n atletiekkliniek deur die Hoërskool aangebied. Ons atlete van O/11 – O/13 is almal welkom om dit by te woon. Die koste beloop R60 per atleet en word op die dag in kontant betaal. Mnr Joubert sal ook as een van die aanbieders optree. Indien u meer inligting wil hê, kan u die Hoërskool se Sportbestuurder, Ruvan Prinsloo ,kontak by ruvan.prinsloo@janvanriebeeck.co.za...

Lees Verder

WP O/11 Distrik-krieketfees

Baie geluk aan Keegan Schoeman en Alexander Benecke wat gekies is om op 27 en 28 OKtober aan die WP O/11 Distrik-Krieketfees deel te neem. Ons is baie trots op julle en wens julle alle sterkte toe!

Lees Verder

Nuwe swemafrigter

Die nuwe swemafrigter, Joachim Roomaney, begin kwartaal 4 met swemafrigting. Hy het in 2007 as swemafrigter begin werk. In 2015 verlaat hy sy pos as lewensredder om voltyds as swemafrigter op te tree. Hy het as swemafrigter by Simon van der Stel en Swimlab opgetree. Ons sien baie daarna uit om hom volgende kwartaal by Laerskool Jan van Riebeeck te verwelkom. Volg gerus die skakels indien julle bietjie vir “Coach” in aksie wil sien. E-posadres waar hy gekontak kan word: sport@jvrprim.co.za IN AKSIE 1 IN AKSIE...

Lees Verder

Swemgala by Table View, 17 Okt

Ons het die geleentheid aangegryp om op 17 Oktober by Laerskool Table View aan hulle swemgala deel te neem. Ons sit in die unieke situasie dat ons nie hierdie jaar enige swemgalas aangebied of bygewoon het nie. Dit beteken dat ons tye en inligting van 2017 moet gebruik om die span saam te stel vir hierdie gala. Ons wil egter vir nuwe leerders of enige ander leerders wat nie op hierdie stadium deel van die span is nie, die geleentheid gee om aansoek te doen daarvoor. Belangstellendes moet bewys kan lewer van ‘n tyd wat hulle gekry het by hul klub of ‘n ander gala in 2017 of 2018 vir die item waarvoor hulle wil inkryf . Hierdie bewys moet aan die sportkantoor (sport@jvrprim.co.za) gestuur word sodat dit met die ander kinders vergelyk kan word. Volg die skakel om die VOORLOPIGE SPAN te sien. Dit kan nog verander soos leerders se deelname met hulle bevestig word. Reëls vir die gala: 1. ‘n Skool mag slegs een swemmer per item inskryf. 2. ‘n Swemmer mag aan 2 individuele items en alle aflosse deelneem 3. Alle swemmers moet ‘n swemkep dra in die...

Lees Verder

Tennisrondomtalie vir ranglys, 25 – 27 September

Ons wil graag ons ranglys op ‘n regverdige manier bepaal en nou al vir volgende kwartaal reg kry. Ons eerste ligawedstryde vind 17 Oktober plaas. Daarom het ons besluit om die laaste week van skool te gebruik om die kinders gedurende die skooldag teen mekaar te laat uitspeel. Dit is oop vir alle Gr.4 – 7 leerders wat kan tennis speel en self kan telling hou. Volg die skakel en voltooi asb. die vorm. Inskrywings sluit Vrydag, 21 September om 17:00. TENNIS...

Lees Verder

Ouer en kind dubbeltoernooi, 15 Sep

Baie dankie aan elkeen wat hierdie oggend saam met ons gedeel het. Ons wil in besonder vir Matchpoint tennis dankie sê vir die paar ekstra lesse vir ouers en die oggend se reëlings. Die weer was perfek en van die ouers het vroeg ‘n paar balle kom slaan vir opwarming. Dit was wonderlik om te sien hoe almal van klein tot groot mekaar akkommodeer wanneer dit by vaardighede kom. Jonger boeties wat eintlik saam gekom het om die balman te wees het later ook ‘n paar balle geslaan. Soos die oggend verloop het,is die vuur aangesteek en wors is gebraai vir worsbroodjies. Ons hoop nie daar was te veel seer lywe nie, want ons weet by die volgende toernooi op 1 Desember,gaan daar nog meer mense...

Lees Verder

Paarl tennistoernooi

Baie geluk aan die volgende seuns wat die afgelope naweek (14 &15 Sept) in die Paarl aan ‘n baie kompeterende 0/11 tennistoernooi teen 7 baie sterk skole deelgeneem het. Fredrich Erasmus, Jan Karsten, Danny Newton, Sebastiaan Boshoff, Sebastiaan Maree en Christian Boshoff. Hulle het goeie karakter gewys en aangehou om voluit te speel tot die einde. Baie dankie aan elke ouer wat die naweek rondgery het om te kom ondersteun, julle is tops! Die skole wat deelgeneem het was Klein Boishaai Paarl, Noord-Eind, Courtrai, Kenridge, Durbanville, Eversdal en...

Lees Verder

Inskrywings vir die Distrik-swemproewe vir skole

Op Saterdag, 13 Oktober, vind die Distrik swemproewe se rondte by Laerskool Table View plaas. Indien u kind nie aan ‘n klub behoort nie en graag wil deelneem, kyk asb. deeglik na die onderstaande vereistes en voltooi dan die vorm deur die skakel te volg. VORM Doel van die Proewe: Hierdie rondte is geskep om vir almal, selfs skoolswemmers wat nie aan ‘n klub behoort nie, die geleentheid te gee om aan die Wes-Kaap proewe deel te neem. Geselekteerde deelnemers sal dan in aanmerking kom om aan ‘n maksimum van 4 items deel te neem by die WK proewe wat vir 21 Oktober beplan word. Reëls en inligting vir Pre-Proewe: *Inskrywings sluit, 24 September om 16:00. *Alle swemmers wat nie aan ‘n klub behoort nie, moet deur die skool ingeskryf word. *Klubswemmers moet registreer en bevestig in watter skool hulle is. * Klubswemmers moet deur hul klub inskryf, via TM Zip file. *Item kategorieë is as volg: Seuns en dogters Ouderdomme:11; 12; 13; 14; 15; 16 en 17. *Slae is 100 Vryslag (Free), 100 Borsslag (Breast), 100 Rugslag (Back) en 100 Vlinderslag (Fly) *Atlete mag vir ‘n maksimum van 4 items inskryf. *Slegs atlete wat gebore is vanaf 2001 tot 2007 mag inskryf. *Atlete moet minstens ‘n vlak 2 kwalifiserende tyd swem om in ag geneem te word vir die Wes-Kaap proewe. (sien aangehegde dokument vir tye) *Swemmers se...

Lees Verder

Kleredrag vir foto’s op 5 September

Woensdag, 5 September, neem ons die jaarlikse Buitemuurse Aktiwiteite foto’s. Om dit vir almal betrokke makliker te maak, gaan ons hieronder ‘n lys van wat leerders moet aantrek vir die onderskeie foto’s plaas. *Vlootblou = navy blou KRIEKET: (O/7 -O/11): wit LO hemp, vlootblou (navy blou) kortbroek, grys sokkies en tekkies KRIEKET (O/13): Wit langbroek, grys sokkies, tekkies en hemp ( ontvang by afrigter) TENNIS: Wit LO hemp, vlootblou kortbroek (seuns) / rompie (meisies), wit sokkies en tekkies SWEM: Geen foto ATLETIEK: Wit LO hemp en vlootblou kortbroek LANDLOOP: Wit LO hemp en vlootblou kortbroek TWEEKAMP: Blou atletiekhempie en vlootblou kortbroek SKAAK: Winterskooldrag RUGBY: Navy kortbroek en rugbytrui (ontvang by afrigter) NETBAL (O/7 – O/11): Vlootblou rompie, oranje wedstrydhempie, wit sokkies en tekkies NETBAL (O/12): Vlootblou rompie, wit LO-hempie, wit sokkies en tekkies NETBAL (O/13): Netbalrokkie, wit sokkies en tekkies PROVINSIALE KLEURE: Trek die sweetpak of uniform aan van die sport waarvoor provinsiale kleure ontvang is. JUNIOR & SENIOR KOOR: Winter skooldrag MUSIEKLEERDERS: Winter skooldrag EISTEDDFOD MEDALJE WENNERS: Winter skooldrag LEERDERRAAD: Winter skooldrag SKOLIERPATROLLIE: Winter skooldrag BIB MONITORS: Winter skooldrag SUIDOOSTER REDAKSIE: Winter skooldrag GR.7: Winter skooldrag met graad 7 trui WISKUNDE MELKBOSSPAN: Winter...

Lees Verder

Swemreëlings vir 3 – 14 September

Die swembad is nou lekker vol en word tans skoongemaak om gereed te wees vir die nuwe seisoen. Ons is ook in die proses om nuwe afrigters aan te stel. Ons was baie beïndruk met Swimsmart, maar hulle het nou saam met die Chad le Clos akademie gesmelt. Deel van die voorwaardes van die akademie is dat hulle slegs afrig by skole waar die swembad onderdak en verhit is. Ons beskik ongelukkig nog nie oor sulke geriewe nie. Die weervoorspelling dui aan dat daar volgende week ‘n kouefront op pad is. Daarom gaan ons volgende week gebruik om die administrasie vir die swem af te handel. Ons vra dat alle swemmers wat in die 4de kwartaal wil swem, volgende week (3 – 5 Sep) in die onderskeie tye wat hulle sou swem hê, by die betrokke onderwyser se klas sal aanmeld wanneer die swem sou plaasvind. Ons wil hulle dan afmerk of byvoeg by die swemgroep vir daai tyd. Swemmers hoef dus net aan te meld en kan dan weer gaan. Die water is nog baie koud en ons wil nie meer siek kinders hê aan die einde van volgende week...

Lees Verder

Rugbyuitslae teen Edgemead, 29 Aug

Hierdie wedstryde was harde wedstryde vir beide skole. Beide skole het spelers gehad wat ‘n besoek by die hospitaal gemaak het. Almal is gelukkig piekfyn en geen ernstige beserings is opgedoen nie. Ons spanne het soos volg gevaar: O/8 B wen 5 -2 O/8 A wen 4-0 O/9 verloor 3-4 O/11 wen 29 -0 O/13 verloor 10 -22 Die O/11 span is hierdie jaar onoorwonne met hul ligawedstryde. Baie geluk manne,ons is baie trots op julle en julle afrigter,mnr. Theuns van der...

Lees Verder

Ou sweetpak

Die skool het in 2015 ‘n nuwe sweetpak ingebring. Dit beteken dat ouers nou al 3 jaar kans gehad het om na die nuwe sweetpak oor te gaan. Ongelukkig is hier steeds van die ou sweetpakke in sirkulasie. Ons wil u hiermee in kennis stel dat die ou sweetpak aan die begin van 2019 nie meer as deel van die skooldrag gesien word nie. Leerders mag dus nie in 2019 die ou sweetpak dra nie. Dit gee u as ouer 3 maande kans om die nuwe sweetpak aan te...

Lees Verder