Skrywer: JvR Sport JvR Sport

Somer buitemuurse-program

Die Winter buitemuurse-program eindig op 31 Augustus vir almal en vir die O/11 en O/13 rugbyspelers eindig dit 1 September met die Sewes Toernooi. Die Somer Buitemuurse-program begin dan op Maandag, 3 September tot 14 September. Ons hou dit net vir twee weke, want die Akademiese spele is vanaf 17 – 21 September en daardie week sal ons ‘n spesiale program volg. Die jongste en enigste leerders sal elkeen volgende week ‘n harde kopie van die Somerprogam ontvang en dit sal ook op die webwerf beskikbaar...

Lees Verder

Dirkie Uys Interskole, 18 Aug

Wat ‘n wonderlike dag was dit nie! Die weer was pragtig en ons kon spog met die berg as agtergrond skildery. Die plattelanders was in vervoering. Vir baie van ons ouers was dit ook die eerste keer dat hulle op die Hoërskool se gronde gekom het. Almal was baie beïndruk met die pragtige tuine en gebou van die Welgemeendsentrum. Dit was vir ons as skool en personeel ook baie lekker om hierdie geleentheid saam met die Hoërskool aan te bied. Ons glo dat daar in die toekoms nog baie sulke geleenthede gaan wees. Die laerskoolkinders kon ook die geleentheid kry om die atmosfeer en passie van ‘n Interskole te beleef. Al ons spelers het met passie en hart gespeel, maar ongelukkig kon nie almal op die dag wen nie. By die netbal sê ons baie geluk aan die O/8 A span wat die enigste span was wat die dag hul wedstryd gewen het. Vir die O/10 A span was dit ‘n moeilike dag omdat dit hul eerste verloor vir die jaar was. By die rugby het dit heelwat beter gegaan, die O/8 en O/11 spanne het gemaklik gewen. Die O/13 span het verloor, maar elke toeskouer en afrigter was so trots op die spelers, omdat hulle met soveel passie gespeel het.Die 0/7,o/9 en o/13 spanne het elk met net 1 drie verloor ! Hulle het meer as 100% vir...

Lees Verder

Rugbyuitslae teen Table View, 22 Aug

Al het ons busse bietjie laat by die skool weggekom, het almal dit darem gemaak tot by Table View en lekker rugby gespeel. Die uitslae vir die wedstryde was soos volg: O/7 verloor O/8 wen 2 – 1 O/9 gelyk 3 – 3 O/11 wen 12 – 0 Die O/13 span het nie gespeel nie, want hulle vetrek Donderdag, 23 Augustus, op ‘n toer na...

Lees Verder

Netbaluitslae teen Parklands, 15 Aug

Al was die verkeer in en uit die stad baie druk het ons baie lekker vriendskaplike wedstryde teen Parklands gespeel. Die uitslae is soos volg: O/9 A 15 – 1 (wen) O/9 B 0 -1 (verloor) teen O/9 O/10 A 9 – 4 (wen) O/10 B 4 – 0 (wen) O/11 A 9 – 6 (wen) O/11 B 4 – 2 (wen)< O/12 A 10 – 8 (wen) O/12 B 3 – 2...

Lees Verder

Rugbyuitslae teen Sunningdale,13 Aug.

Ons het op die Hoërskool se Buysveld teen Sunningdale se spanne gespeel. Dit het baie goed gegaan met ons rugbyspanne. Die uitslae vir die dag is: O/ 7 wen 3 – 2 O/8 wen 10 – 0 O/9 verloor 4 – 5 O/11 wen 74 – 5 O/13 wen 31 -12 Vanaf O/7 tot O/9 … dui ons die aantal drieë...

Lees Verder

Netbaluitslae teen Curro Durbanville, 7 Aug

Die kort week het ons nie gestop nie en as dit nie Maandag gereën het nie sou ons twee wedstryde in die week gespeel het. Ongelukkig het Maandag se wedstryde uitgereën, maar Dinsdag het ons nie vir die paar druppels geskrik nie. Die uitslae is soos volg: O/9 A 15 – 5 (wen) O/9 B 5 – 0 (wen) O/10 A 18 – 3 (wen) O/10 B 5 – 3 (wen) O/11 A 2 – 5 (verloor) O/12 A 10 – 8 (wen) O/12 B 6 – 2...

Lees Verder

Kenridge ontwikkelings toernooi

Hierdie is altyd ‘n baie lekker toernooi waar ons sommer baie wedstryde speel. Party kinders het 6 wedstryde gespeel omdat hul spanmaats nie opgedaag het nie. Die O/10 B span speel 3 wedstryde waarvan hul 1 wen, die O/10 C span speel 3 wedstryde waarvan hulle 2 wen. Die O/11 B span speel 3 wedstryde en wen 2 en die O/11 C span speel ook 3 wedstryde en wen 2. Goeie werk dogters en afrigters. Hou so...

Lees Verder

Curro Hermanus Toernooi

Ons skaak-, O/13 rugby- en netbalspanne het vir die eerste keer aan hierdie naweektoernooi deelgeneem. Die rugby het sterk kompetisie gehad en ongelukkig beide hul wedstryde verloor, maar pragtige rugby gespeel! Al het van die ouens in Gansbaai se rugbyspan soos Hoërskoolkinders gelyk, het ons manne glad nie vir hulle teruggestaan nie. Ons netbalspan het 3 wedstryde gehad en al 3 baie oortuigend gewen. Die lede van die skaakspan het elk 6 wedstryde gespeel en ons skool het 2de geeïndig vir die dag. Dit was ‘n heerlike naweek en ons is baie trots op almal. Ons hoop om volgende jaar weer aan hierdie toernooi deel te neem en sommer meer spanne saam te...

Lees Verder

Ritmiese Gimnastiek

Op 27 Julie het die onderstaande leerders aan die Distrikkampioenskappe vir Ritmiese Gimnastiek deelgeneem en almal hul distrikkleure verwerf. Mia Voster – Vlak 5 Anna Joubert- Vlak 6 Maria Joubert- Vlak 6 Layla Erasmus – Vlak 6 Hulle neem op 1 September aan die WP Kampioenskappe in Wynberg deel. Baie sterkte en ons hou styf...

Lees Verder

Landloopuitslae van 27 Julie en 1 Augustus

Die meeste van ons atlete het Vrydag, 27 Julie, aan hul laaste byeenkoms vir die seisoen deelgeneem. Vrydag se byeenkoms het by Sun Valley plaasgevind. Atlete moes onder die top 20 eindig om deur te dring tot die volgende ronde. Michel-Georges Delpierre 65ste Mieke Huysamen 43ste Lea de Ridder 36ste Markus de Ridder 64ste Scarlett van der Merwe 4de Pierre Becker 37ste Andries Becker 36ste Eugenie Delpierre 46ste Adrian Huysamen 38ste Enzo Vorster 55ste Nikolaas Bergh 6de Scarlett van der Merwe het met ‘n 4de plek ons skool se naam hoog gehou het deurgedring na die volgende ronde. Hier staan sy op die foto saam met juf. Stahmer. Scarlett het op Woensdag, 1 Augustus, aan die volgende byeenkoms by Strandfontein naby Mitchells Plain deelgeneem en ‘n 6de plek behaal. Sy moes onder die top 10 eindig om weer aan die volgende ronde te kan deelneem. Scarlett neem op Saterdag, 11 Augustus, aan die WP byeenkoms by Fairmont High School in Durbanville deel. Ons is baie trots op Scarlett en wens vir haar baie sterkte toe vir volgende week se...

Lees Verder

Netbaluitslae teen Edgemead

O/9A 7-1 (wen) O/9B 2-0 (wen) O/10A 7-4 (wen) O/10B 2-3 (verloor) O/11A 6-9 (verloor) O/11B 1-1 (gelyk) O/12A 9-5 (wen) O/12B 2-7 (verloor) O/13A 5-6 (wen) O/13B 3-4 (verloor) Die bus kon eers later vertrek as wat ons beplan het en met die aankoms het dinge bietjie vinnig gegaan. Ons O/12B span speel toe teen Edgemead se O/13B en JvR se O/13B speel toe teen Edgemead se O/12B. Volgende week is ‘n kort besige week en ons speel Maandag en Dinsdag TUIS ligawedstryde. Ons moet ons ligawedstryde teen ‘n sekere datum afhandel, daarom word die wedstryde so kort op mekaar gespeel. Spelers sal die programme ontvang en ouers sal weer ‘n google vorm kry om te...

Lees Verder

Rugbyuitslae teen Reddam House ASB

Baie dankie aan al die ouers wat moeite doen om die spelers te kom ondersteun. Dit beteken vir hulle baie. Reddam House het gister te min spelers gehad en ons O/8 en O/9 spanne het slegs 7 aan ‘n kant gespeel. O/8 verloor O/9 15-5 (wen) O/11 57-0 (wen) Ons speel volgende Maandag TUIS teen...

Lees Verder

Busvervoer vir wedstryde

Ons grootste vrees het gister met die netbalwedstryde plaasgevind. Ons het te veel spelers vir die bus gehad. Gelukkig was daar onderwysers wat hierdie ekstra spelers na die wedstryd kon neem in hul motors. Hierdie insident het net weer beklemtoon hoe belangrik dit is dat ouers die Google vorm voltooi. Indien julle dit nog nooit ontvang het nie gaan kyk in jul “spam of trash folder” of dit dalk direk daar gaan lê. Indien dit nie daar is nie kan dit wees dat ons verkeerde e-pos het. Jy kan jou e-posadres gaan verander op ons webtuiste. Indien jy nie regkom nie, is jy welkom om vir Jodene te kontak admin@jvrprim.co.za Daar is dae waar ons netbal- en rugbywedstryde op dieselfde dag het en dan kos dit fyn beplanning om almal op die regte plek te ry. Ons vra asb. dat ouers ons hande vat met hierdie...

Lees Verder

Table View O/7-O/9 Toernooi

Vanjaar is die eerste keer dat ons aan hierdie toernooi deelgeneem het. Die oggend het koud begin en die kinders moes baie rondspring om warm te word, maar dit was ‘n heerlike dag vir elkeen wat betrokke was. Al die spelers het ‘n verrassingspakkie ontvang. Die rugby het bietjie vroeër klaar gemaak as die netbal. Die rugby-en netbalspanne het die meeste van hul wedstryde gewen en enkele wedstryde verloor. Ongelukkig is ons skool in ‘n slegte lig geplaas omdat nie al ons kinders opgedaag het nie. Ons moes rugbykinders van ander skole leen om vir ons te speel en by die netbal het ons ‘n hele O/7- span te min gehad en die O/8 B- span moes instaan vir die wedstryde. Die inskrywings vir hierdie sportdae word vroeg in die jaar gedoen en volgens die getalle wat oefeninge bywoon, skryf ons dan spanne in. Ons doen weer ‘n beroep op ouers om die kalender en dagboek op die skool se webwerf dop te hou en seker te maak dat daar nie enige aktiwiteite is wanneer hulle partytjies of naweke weg beplan nie. Nie net ly die skool se naam daaronder nie, maar dit stel die afrigter in ‘n baie slegte lig. Die O/7 spannetjie het pragtig gespeel. Meer foto’s van die spannetjie sal binnekort op die SPORTBLAD van ons webtuiste...

Lees Verder

Table View Sporttoernooi: O/7-O/9 Rugby en Netbal

Baie dankie aan al die ouers wat reeds die google vorm voltooi het om te bevestig of u kind kan speel. Elke speler wat deelneem, het ‘n harde kopie van die program asook ‘n padkaart ontvang (dis op oranje papier afgerol). Ongelukkig het die netbalprogram Woensdagmiddag verander en die netbalspelers sal ‘n nuwe program, op blou papier, ontvang. Die nuutste program, vir rugby en netbal, is ook op die webwerf beskikbaar. Tableview- Rugbytoernooi Tableview Netbaltoernooi...

Lees Verder

Netbaluitslae teen Monte vista

Die wedstryde vir hierdie kwartaal het vinnig begin en die meeste van ons spanne het Woensdag, 25 Julie, teen Monte Vista gespeel: O/9 A 7-0 (wen) O/9 B 2-0 (wen) O/10 A 9-3 (wen) O/11 A 9 – 1 (wen) O/12 A 16-6 (wen) O/12 B 2-3 (verloor) O/13 A 7-15 (verloor) O/13 B 3-6 (verloor) Volgende week speel ons teen Edgemead...

Lees Verder