Die swembad is nou lekker vol en word tans skoongemaak om gereed te wees vir die nuwe seisoen. Ons is ook in die proses om nuwe afrigters aan te stel. Ons was baie beïndruk met Swimsmart, maar hulle het nou saam met die Chad le Clos akademie gesmelt. Deel van die voorwaardes van die akademie is dat hulle slegs afrig by skole waar die swembad onderdak en verhit is. Ons beskik ongelukkig nog nie oor sulke geriewe nie. Die weervoorspelling dui aan dat daar volgende week ‘n kouefront op pad is. Daarom gaan ons volgende week gebruik om die administrasie vir die swem af te handel. Ons vra dat alle swemmers wat in die 4de kwartaal wil swem, volgende week (3 – 5 Sep) in die onderskeie tye wat hulle sou swem hê, by die betrokke onderwyser se klas sal aanmeld wanneer die swem sou plaasvind. Ons wil hulle dan afmerk of byvoeg by die swemgroep vir daai tyd. Swemmers hoef dus net aan te meld en kan dan weer gaan. Die water is nog baie koud en ons wil nie meer siek kinders hê aan die einde van volgende week nie.