Die onder 11’s het hierdie week teen Laerskool Kampsbaai gespeel.
JvR het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Ons teken toe 99 lopies aan in ons 20 boulbeurte.
Daarna was dit ons beurt om te boul. Die manne het goed gedoen en Kampsbaai beperk tot 73 lopies in hulle 20 boulbeurt, met 7 paaltjies plat.
Keegan Schoeman was die uitblinker met die kolf en het 41 lopies nie uit nie, aangeteken.
Met die bal het Taniel Webber en Jan Karsten uitgeblink, met twee paaltjies elk.
Jan Karsten het dit selfs reggekry om die een paaltjie in die helfte te boul!!
Baie geluk manne.