Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Uitslae
Ons wil graag die volgende leerders geluk wens met die uitstekende prestasies wat hulle by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod behaal het. Antjie Samuel ontvang ook ’n silwer medalje vir haar klavierspel en deelname aan die Unisa afdeling van die KAE. Volg die skakel om die leerders se prestasies te sien: Kaapse Afrikaanse Eisteddfod...
DBV sê dankie
Here is a special message for the amazing students who gave such an amazing donation that came from their hearts. They are an example to each one of us. We are incredibly grateful to have received your generous donation of dog and cat food, bedding, treats, and other essential items for the animals in our care. Your kindness and compassion have made a significant impact on the lives of the animals at Cape of Good Hope SPCA. Thanks to you, they will not only have full bellies but also warm and comfortable bedding, as well as some special treats to enjoy. It is truly heartwarming to see young students like you taking action to make the world a better place for animals. Your donation shows that you care deeply about their well-being, and that makes all the difference in their lives. Every time they enjoy a soft bed or wag their tails in excitement for a treat, they are feeling the love and care you have shown them. On behalf of our entire team and, of course, all the animals who are benefiting from your kindness, thank you. Your generosity and thoughtfulness mean the world to us, and we are truly inspired by your efforts. Please know that your support has brightened many days for the animals and brought hope to their future. We are lucky to have such compassionate young people like you in our community. With heartfelt gratitude, MOYO NDUKWANA Chief Executive Officer Sien die oorspronklike brief...
Somer Buitemuursprogram: Kwartaal 4, 2024
Sien asseblief die volledige buitemuursprogram vir kwartaal 4:
Skoolgeld- en Begrotingsvergadering Kennisgewing vir 2025
Om aan die WKOD en nasionale regulasies te voldoen, moet Laerskool Jan van Riebeeck ons ouers/voogde 30 dae kennis gee van die jaarlikse skoolgeld- en begrotingsvergadering. Neem asseblief kennis dat dit op Maandag, 04 November 2024, om 18:00 in die nuwe biblioteek sal plaasvind. Sien asseblief die volledige dokument HIER....
Dapper Stappers: 26 Oktober 2024
Na 'n lang winter is dit weer tyd dat Dapper Stappers die natuur gaan verken! Ons gaan op 26 Oktober gebruik maak van 'n geleentheid om sommer geld ook in te samel vir "Walk for little feet", ons Welwillendheidsprojek vir kwartaal 4. INLIGTING Plek: Camps Bay Primary School Symmonds Field, Cape Town Datum en tyd: Sat, 26 Okt 2024 at 09:00 am Kaartjies: Grootmense R80 / Tieners (13-17 years) R40 / Kinders (0-12 years) FREE Die hele familie is welkom! Kaartjies vir die stap en meer inligting kan by hierdie skakel gevind word. Koop jou kaartjie en kom neem deel aan 'n lekker dag van stap, kos en samesyn. Sien julle...
Geagte Ouers / Voogde – 13 September 2024
Maandagoggend, 09 September, kon seker nie op ‘n beter wyse afgeskop het nie met al die tasbare opwinding en energie nog steeds in die lug na afloop van die magtige Springbokke se puik oorwinning hier op tuisbodem teen die legendariese All Blacks. Ek glo dat almal wat die wedstryd gaan kyk het, sal saamstem dat die opbou na die wedstryd, die ‘gees’ aan die buitekant van die ikoniese stadion, die groot getal mense wat vanaf vroegoggend in groen en goud oral in die Moederstad geklee was, die ongelooflike ‘gees’ wat net ‘n rugbytoets kan bewerkstellig, was eenvoudig die beste ervaring ooit. Behalwe dat ons gewen het, kry dr. Rassie en die Bokke dit werklik reg om Suid-Afrikaners oor verskillende kulture te herenig asook om belangrike nasietrots te bou. Ek dink julle sal saamstem dat hulle die beginsel van veerkragtigheid, vasberadenheid en spanwerk verpersoonlik. Ek bewonder Rassie en sy bestuurspan se toewyding tot inklusiwiteit en transformasie in SA Rugby. Ek glo nie daar is tans ‘n kragtiger daad om versoening en eenheid binne ons pragtige land te bewerkstellig nie. Ons het dit so nodig gehad dat Springbokrugby herenigde volksbesit word. Week 10 sluit op ‘n baie hoë noot af met die gala-aand van die skoolkonsert wat op Donderdag, 12 September, plaasgevind het. Kwartaal 3 is alreeds gekenmerk met soveel sukses en hoogtepunte, maar die skoolkonsert het die spreekwoordelik kersie op die koek geplaas. Jy mag dalk dink ‘n skoolkonsert is tog maar net nog ‘n skoolkonsert, maar dit mag dalk arrogant klink, maar dit is beslis nie die geval by Laerskool Jan van Riebeeck nie. In week 9 het ons...
Ouma- en Oupadag: 4 Oktober 2024
Ons is opgewonde om ons ouma- en oupadag vanaf vandag op Karri te adverteer. Nooi gerus ons mooi kinders se grootouers om hierdie oggend saam met ons te geniet.
Konsertfoto’s: Voorsmakie
Markdag Grondslagfase: 19 September 2024
Markdag sal op 19 September plaasvind. Hierdie keer kry die grondslagfase 'n beurt om iets te verkoop. Geen klappers of lewende hawe mag verkoop word nie. Dit begin om 10:00, ouers kan al van 09:30 kom regmaak. Bespreek asseblief jou tafel op Karri.
Geagte Ouers / Voogde – 06 September 2024
Lentedag het ons vanjaar aangenaam verras met pragtige sonskynweer. Daar is vir seker min plekke in die wêreld wat so mooi soos die Moederstad op ‘n sonnige lentedag is. Die lug en die see lyk sommer baie blouer en met Tafelberg, Seinheuwel en Leeukop in die agtergrond, is dit beslis sielskos vir enige mens se gemoed na ‘n lang en bitterkoue winter. Met die aanbreek van die konsert het ons ook aan die einde van ‘n lang, maar suksesvolle wintersportseisoen gekom. Al het daar die afgelope seisoen verskeie van die wedstryde as gevolg van die gure weer uitgereën, is daar vanjaar ‘n fenomenale totaal van 743 wintersport-wedstryde gespeel. Dit is 157 wedstryde meer as gedurende 2023 en 215 wedstryde meer as 2022. Die deelname van leerders aan die drie wintersportkodes (netbal, rugby en hokkie) het vanaf 448 vir 2023 na 464 in 2024 gegroei. Hierdie insiggewende statistieke spreek vanself dat die sportkantoor onder leiding van mnr. Leon weereens uit hul pad gegaan het om seker te maak ons leerders kry genoeg geleenthede om aan wedstryde en toernooie deel te neem. Baie geluk aan ons o/13A-dogtershokkiespan en ons o/7A-seunshokkiespan wat die seisoen onoorwonne afgesluit het. Baie geluk aan die kaptein van ons eerste dogtershokkiespan, Hila Hertzog, en hul afrigters mnr. Leon en juf. Suné met die merkwaardige prestasie. Sien gerus hier onder insiggewende grafiese voorstellings om te toon hoe sport die afgelope drie jaar by ons skool gegroei het. Daar sal egter geen sportoefeninge tydens die twee weke van konsert wees nie, sodat leerders uitgerus kan wees vir die opvoerings saans. Die opwinding en laataande put leerders geweldig uit daarom...
Sportuitslae van die week: 26 – 30 Augustus 2024
Roomysverkope: 13 September
Wees bewus: Gevare rondom ‘n nuwe gewilde video-oproep platform
Ons het inligting ontvang rakende 'n nuwe video-oproep platform wat die rondtes doen en leerders, veral tieners, moontlik in groot moeilikheid kan laat beland. Kyk asseblief na die onderstaande skakels vir meer inligting: Vier leerlinge geskors na 'rassistiese' Tik-Tok-video 'Omegle'/Omi-TV - Praat met vreemdelinge (Toep) Video-voorbeeld Omi...
Ouma- en Oupadag 2024
Hou gerus hierdie datum in Ouma en Oupa se kalender oop: Vrydagoggend, 4 Oktober, om 9:30 in ons skoolsaal. Kaartjies sal vanaf volgende week op Karri beskikbaar wees.
Junior en Senior Koor – Belangrike Datums vir Oktober 2024
Kontak my gerus indien daar enige vrae is. Ons sal weer kommunikasie nader aan die tyd stuur. Vriendelike groete, Rolene van Zyl
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027