Na ‘n lang winter is dit weer tyd dat Dapper Stappers die natuur gaan verken! Ons gaan op 26 Oktober gebruik maak van ‘n geleentheid om sommer geld ook in te samel vir “Walk for little feet”, ons Welwillendheidsprojek vir kwartaal 4.

INLIGTING
Plek: Camps Bay Primary School Symmonds Field, Cape Town
Datum en tyd: Sat, 26 Okt 2024 at 09:00 am 
Kaartjies: Grootmense R80 / Tieners (13-17 years) R40 / Kinders (0-12 years) FREE

Die hele familie is welkom! Kaartjies vir die stap en meer inligting kan by hierdie skakel gevind word.

Koop jou kaartjie en kom neem deel aan ‘n lekker dag van stap, kos en samesyn. Sien julle daar!